Author Topic: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm  (Read 10954 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« on: July 12, 2012, 12:23:53 AM »
'n Eie struktuur as kreatiewe skryfoefening.

Die gebruik van slegs drie woorde om 'n sin te vorm laat die skrywer kopkrap, die aanvul in 'n ander taal maak van hierdie struktuur ook 'n lekker saamskryfpoging in duet vorm.

Twee van ons 'ouer strukture' word gekombineer as fondasie vir hierdie gedigvorm:
1. Drie-woord-wurm: drie woorde ondermekaar wat 'n volledige sin moet vorm (segment).
2. Dubbeldoor: twee tale in een gedig.

Die titel is 'n saamgestelde woord wat beskryf word in die twee segmente van drie woorde elk.

Outop en ek het gesegdes gebruik om ons 'dubbeldoor drie-woord duet' te skep.

*Grysnomades

Erfgeld
word
swerfgeld

adventure
before
dimentia

© Meraai vannie baai en Jan Anderland (Outop)

*Grysnomades/Grey Nomades - Leefwyse van die kieriebrigade in Australia (afgetrede oues van dae op die wapad met huise op wiele deur Australia, besig om die kinders se erfgeld uit te swerf)
« Last Edit: July 12, 2012, 09:50:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #1 on: July 12, 2012, 05:10:06 AM »
Ek is mal hieroor.  Dit sit sommer 'n lag in my dag en Hannes lag dat jy hom waar kan hoor!  Pragtig gedoen. 

Kan ek iets byvoeg?
Oud
nie
koud!
« Last Edit: July 12, 2012, 05:11:58 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #2 on: July 12, 2012, 06:04:06 AM »
Lieffff dit PM!! Sal bietjie hoor of Outop nie iets in die rooitaal kan byvoeg nie!

Wonderlike leefwyse hoor  :icon_bigsmurf: alhoewel die kinders seker nie soveel plesier put uit elke trip wat nog 'n gaatjie in die erfgeld laat. Jy ken die ouens so uit: Wieletjieshuis gesleep deur vier-by-vier met 'n 'tinny' op die dak en 'n hond op die agterste sitplek. Ons kort nog net die erfgeldjies, hond en die bootjie dan kwalifiseer ons ook  :evil6:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #3 on: July 12, 2012, 09:22:46 AM »
Oud
nie
koud!

Warm
blooded
Dinosaur!

PM en Outop  :notworthy: :toothy4:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #4 on: July 21, 2012, 12:17:09 AM »
plig
moor
pret

death
by
labor

© Ah,Willa!

 :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #5 on: July 21, 2012, 12:49:28 AM »
Lig my hoed en knak die knieg Willa  :notworthy: :icon_salut: Lief dit!!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #6 on: March 14, 2013, 01:57:21 AM »
PM, wil jy loer na hierdie vir oorweging as struktuur bydrae vir boek twee? Ons het soveel pret al gehad met die drie-woordstruktuur in verskeie vorm. Dalk kan ons dit in al die vormes gebruik met voorbeelde.
Ek loer nou weer na hierdie voorbeelde wat ek in die ou skuur bewaar het. Heel eerste is dit net die driewoordstruktuur:

Piet Magriet: Skrywers

Emosies
op
papier

© Piet magriet

*Ek kan so woedend vir myself raak as ek nie meer kan onthou nie. Alledaagse dingetjies wat my onthou ontglip.

Onthou
ontglip
ontnugter!

© Piet magriet

En hier is 'n pragtige voorbeeld van ons drie-woord-wurm:
Fransi: Grootmenswêreld betree

Opfleur
van
vlerk

kokon
bly
agter

voelers
verken
gretig -

maar
blomme
gesonke,

nektar

duur.

Plig
stapel
op

pen
dartellyf
sekuur.

Drome
word
ontspoor

met
die
doopseël

van
poeierdof
motverf.

© Fransi





Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #7 on: March 14, 2013, 08:08:08 AM »
Natuurlik kan ons. 
Ek is bietjie jammer vir die nuwe ouens, hulle het soveel pret gemis, maar as hulle slim is sal hulle kom deel in die nuwe pret. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #8 on: September 17, 2016, 11:29:31 AM »
Filang ek darem nou dik stukke na dae lank lank gelee...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #9 on: September 26, 2016, 01:25:34 PM »
Ek praat nou van nuwe lede, maar hulle neem nie deel nie.  Dit is net asof hulle goed wil aflaai en dan weer verdwyn.  Hoe nou?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #10 on: September 26, 2016, 11:51:14 PM »
Nie antwoord vir jou nie. Krap self kop  :icon_scratch:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #11 on: September 28, 2016, 05:40:31 AM »
Dit is defnitief 'n dubbeldoor-drie-woord-wurm.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #12 on: September 28, 2016, 11:09:49 PM »
 :toothy4: Eish!

 
« Last Edit: September 28, 2016, 11:11:42 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #13 on: January 15, 2018, 12:17:35 AM »
Lees ek alweer oor 'n besoeker se skouer en wonder hoeveel van ons woordplesiere nog steeds uitdagings bied vir ander. So bitter jammer dat ons nie terugvoering kry nie. Aan ons gas: kom kuier saam en wys as jy die struktuur geniet het of nog beter - self probeer  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #14 on: January 15, 2018, 11:08:36 AM »
Hier is een wat van toepassing is op die twee ou siele wat gereeld hier in die sandput speel.

Agtergeblewenes

Verlaat
verlore
verdrietig
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #15 on: January 16, 2018, 07:25:06 AM »
Giggel ek nou vir die prentjie wat die woorde by my oproep. Wou eintlik huil maar ek het besluit die jaar lewe ek positief   :headbang: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #16 on: January 16, 2018, 03:50:09 PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #17 on: January 16, 2018, 05:50:41 PM »
Die vorige inskrywing het ek gedoen toe die forum "gebreek" was.  André het opgradering gedoen, maar alles is nou weer honkey dorey.  (Is dit hoe mens dit spel?) 

Pragtig vir jou positiewe uitkyk.  Jammer sustertjie, ek het dit met 'n tong in die kies geskryf.  Dit is jou beurt om met 'n wurmpie te antwoord!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #18 on: January 16, 2018, 10:48:38 PM »
Gesiggie-gedig van jou "Agtergeblewenis"  :notworthy:

   :wave:
 
   :icon_scratch:

 :crybaby2:

Verlaat
Verlore
Verdrietig

(Honkie dorie dalk as spelling?)

*ek dink 'n mens sal met die gesiggies nogals 'n verskeidenheid van uiteensettings kry as 'n paar ouens saamspeel. Met elkeen se eie woorde onderaan is dit mos 'n dubbeldoor-drie-woord-wurm  :book1:

PM, die hartseer woorde van jou is ook so gepas op my sus se huidige stryd met die groot K. Dit het my inderhaas laat skarrel en grawe na inligting oor die direkte (newe?) effekte van chemoterapie op die menslike liggaam. Daar was drie treffende woorde wat oral opgeduik het en as ek my eie Afrikaanse woorde byvoeg lyk dit so:

 :crybaby2:

Cut
Poison
Burn

Versnipper
Vergiftig
Verbrand

 :crybaby2: 


« Last Edit: January 16, 2018, 11:12:25 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #19 on: January 17, 2018, 09:36:39 AM »
Honkie dorie. 
Ag, daar werk my gatseggies nie meer nie.  Hulle is soos flikkerligte. Wie kan help?
Die groot K is 'n bitter pil om te sluk.  Al is jy "skoon" dan hang daardie swaard nog steeds oor jou kop. 
Sterkte vir julle my sustertjie. 
Jy kan gerus jou navorsing met ons deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #20 on: January 17, 2018, 11:24:53 AM »
Julle is deur dit en ek weet jy verstaan. So het Naas en Adele ook al die kruispaaie van die lewe moes 'face'.

Besig op die oomblik om al die inligting waarop ek my tien vingers kon kry, te deurkruis om seker te maak dat dit geloofwaardig en deeglik nagevors is liefste mater.  Wat agter die groot farmaseutiese verskaffers se deure aangaan is soms so skokkend dat mens amper jou geloof in die mediese beroep wil verloor tot jy weer 'n liggie sien skyn. Al wat ek het op die oomblik is hoe my sus was voor behandeling en haar fisiese agteruitgaan na die tweede chemoterapie behandeling. Haar eerlike antwoorde op my vrae en natuurlik die vertroue wat sy het in haar onkologiese span spesialiste.
« Last Edit: January 17, 2018, 12:19:52 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #21 on: January 18, 2018, 07:44:07 PM »
farmaseutiese verskaffers

Ek is baie bitter, dalk moet niemand nou na my luister nie, maar werklik, vir my beteken dit net n groot geldmaakstorie en dit is al!
Ek weet van medikasie wat van die mark afgehaal is omdat dit werk!
Ek weet van mense wat deur hel is met chemoterapie en dit het niks, net mooi niks gehelp nie.

Ek wag in spanning vir jou antwoorde matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #22 on: January 18, 2018, 11:44:56 PM »
Ek gaan hulle bring mater. Glo my vry. Twee van my eie bronne is tans in die proses van behandeling en so betroubaar as wat kan kom. Dit is skokkend verby hoe 'n mens uitgebuit word sniksniksnik  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #23 on: January 24, 2018, 03:29:57 PM »
Jy kan gerus 'n nuwe onderwerp begin sodra jou inligting beskikbaar is matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #24 on: January 24, 2018, 10:19:03 PM »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #25 on: September 06, 2021, 07:54:34 AM »
Dwaal
verder
verdwaal

Going
going
gone

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #26 on: September 06, 2021, 08:49:21 AM »
en waar gaan jy heen Assie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #27 on: September 06, 2021, 09:30:22 AM »
Ek verdwaal hier in die stil gange rond.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #28 on: September 06, 2021, 09:32:52 AM »
Luister net mooi, jy sal gou die geraas hoor.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.