• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm

Started by Meraai vannie Baai, July 12, 2012, 01:23:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Giggel ek nou vir die prentjie wat die woorde by my oproep. Wou eintlik huil maar ek het besluit die jaar lewe ek positief   :headbang: :book1:

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Die vorige inskrywing het ek gedoen toe die forum "gebreek" was.  AndrĂ© het opgradering gedoen, maar alles is nou weer honkey dorey.  (Is dit hoe mens dit spel?) 

Pragtig vir jou positiewe uitkyk.  Jammer sustertjie, ek het dit met 'n tong in die kies geskryf.  Dit is jou beurt om met 'n wurmpie te antwoord!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#18
Gesiggie-gedig van jou "Agtergeblewenis"  :notworthy:

   :wave:

   :icon_scratch:

:crybaby2:

Verlaat
Verlore
Verdrietig

(Honkie dorie dalk as spelling?)

*ek dink 'n mens sal met die gesiggies nogals 'n verskeidenheid van uiteensettings kry as 'n paar ouens saamspeel. Met elkeen se eie woorde onderaan is dit mos 'n dubbeldoor-drie-woord-wurm  :book1:

PM, die hartseer woorde van jou is ook so gepas op my sus se huidige stryd met die groot K. Dit het my inderhaas laat skarrel en grawe na inligting oor die direkte (newe?) effekte van chemoterapie op die menslike liggaam. Daar was drie treffende woorde wat oral opgeduik het en as ek my eie Afrikaanse woorde byvoeg lyk dit so:

:crybaby2:

Cut
Poison
Burn

Versnipper
Vergiftig
Verbrand

:crybaby2: 



PM

Honkie dorie. 
Ag, daar werk my gatseggies nie meer nie.  Hulle is soos flikkerligte. Wie kan help?
Die groot K is 'n bitter pil om te sluk.  Al is jy "skoon" dan hang daardie swaard nog steeds oor jou kop. 
Sterkte vir julle my sustertjie. 
Jy kan gerus jou navorsing met ons deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#20
Julle is deur dit en ek weet jy verstaan. So het Naas en Adele ook al die kruispaaie van die lewe moes 'face'.

Besig op die oomblik om al die inligting waarop ek my tien vingers kon kry, te deurkruis om seker te maak dat dit geloofwaardig en deeglik nagevors is liefste mater.  Wat agter die groot farmaseutiese verskaffers se deure aangaan is soms so skokkend dat mens amper jou geloof in die mediese beroep wil verloor tot jy weer 'n liggie sien skyn. Al wat ek het op die oomblik is hoe my sus was voor behandeling en haar fisiese agteruitgaan na die tweede chemoterapie behandeling. Haar eerlike antwoorde op my vrae en natuurlik die vertroue wat sy het in haar onkologiese span spesialiste.

PM

farmaseutiese verskaffers

Ek is baie bitter, dalk moet niemand nou na my luister nie, maar werklik, vir my beteken dit net n groot geldmaakstorie en dit is al!
Ek weet van medikasie wat van die mark afgehaal is omdat dit werk!
Ek weet van mense wat deur hel is met chemoterapie en dit het niks, net mooi niks gehelp nie.

Ek wag in spanning vir jou antwoorde matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek gaan hulle bring mater. Glo my vry. Twee van my eie bronne is tans in die proses van behandeling en so betroubaar as wat kan kom. Dit is skokkend verby hoe 'n mens uitgebuit word sniksniksnik  :crybaby2:

PM

Jy kan gerus 'n nuwe onderwerp begin sodra jou inligting beskikbaar is matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Assie

Dwaal
verder
verdwaal

Going
going
gone

:mumum:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek verdwaal hier in die stil gange rond.

:mumum:

PM

Luister net mooi, jy sal gou die geraas hoor.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.