• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek is beswaard

Started by Meraai vannie Baai, June 05, 2012, 09:40:06 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

So pas agtergekom vandat ek nie meer betrokke by die ou woordeboek is, het iemand die samestelling gaan verander. By die woorde wat ons gaan bewaar het, was dit vir my altyd belangrik om die persone erkenning te gee by wie ek geoes het .... daar is nou kale plasings. Sonder enige verwysing wie die skepper van die woorde was. Behalwe waar ek die persoon se naam deel van die plasing gemaak het is daar niks. Dit lyk of ek net woorde geplaas het onder my eie naam  en skielik voel 007 regtig soos 'n woorddief  :crybaby2:

PM

Dit lyk my iemand is besig om ons te besteel.  Jammer, daar is nie 'n ander mooier woord wat ek kan gebruik nie. 
Raaitjie, ons kan daardie werk in ons eie woordeboek plaas met die regte verwysings.  Dit sal die regte woorddief kortwiek. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM ek kan nie onthou by wie ek die woord almal gekry het nie. Op FB is daar nou 'n man wat woorde bymekaar maak en Willa het my genooi om te gaan loer. Van die woorde wat ek bewaar het, het daar opgeduik en toe ek wou gaan loer wie sin was dit sou ek agterkom dit lyk of ek niemand erkenning gegee het nie!! Maatjie my hart is seer seer seer!!!

Meraai vannie Baai

PM watter bydraes daar wil jy graag vir die nuwe boekie gebruik? Ek gaan more DV sodra Meisiekind vir kleinding kom haal het met 'n spoed ons goed wat ek met toestemming bewaar het, gaan 'haal'. Daar is jare se werk in daardie woordskuur.

PM

Man, ek gooi sommer al my speelgoed uit die kot uit!  Wie is hy en waar kry ek hom in die hande?  Hy kan nie sommer net kom gryp sonder om erkenning te gee nie!

Op hierdie stadium het ek nog nie 'n idee wat alles in die nuwe boek sal verskyn nie.  As jy 'n tydjie het kan jy dit wat jy voorstel in die konstruksiewerf plaas.  Van daar sal ons dan kies en ek belowe, hierdie keer  bly alles daar.  Sodra ek iets in die boek geplaas het sal ek net 'n slotjie daaraan sit. 
Intussen het die ouens nog kans om voorbeelde te skryf. 

 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#5
Ek bedoel eintlik wat wil jy in die nuwe woordeboek laat opneem vanuit ons ou bydrae  :icon_bigsmurf: skiesie ek is so beswaard ek dink skoon  :color: bewolk

PM

Jy het carte blanche!  Alles wat jy daar wil hê.  Ek weet hoe hard het jy daaraan gewerk en dit sal 'n skande wees as elke ou net kom oes en wegdra sonder erkenning.  Wat is dit met die "mensdom"?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die ouens wat hulle woorde aangedra het vir Eddie Davey op FB het ook  bygedra toe ons nog met die woordmandjie aan't oeste was. So dit is hulle eie woorde, ek was net nuuskierig om te sien presies wie dit was, want ek het dadelik van die woorde herken. Nogals daar 'n paar raakgelees wat ek nog nie voorheen teegekom het nie, en dit geniet. My van vooraf weer lus gemaak om te begin woeker met ons nuwe woordeboekie!!

PM ek vermoed Willem en sy span het die woordeboek se formaat verander. Dit is net vir my 'n teer saak dat hulle nie die persone se name gehou het nie. Daar is nie 'n manier wat ek al die goedgunstiglike 'skenkers' gaan onthou nie en nou is daar geen manier waarop ek die ouens se woorde kan beskerm as iemand dit vanuit die ou boek van woorde gaan haal nie! Gelukkig by die ander afdelings het ek die bydraes so bewoord dat die skrywers se name deel is van die plasings. So so so dankbaar vir dit hoor!!

PM

Dit is tog so jammer Raaitjie.  Hannes sê altyd, as iets werk, moenie daaraan peuter nie.  Ten minste weet ons dit is eiegoed en kan soveel moontlik weer terug plaas in hul oorspronklike vorm.  Baie dankie vir jou grootste liefde vir ons mooiste taal. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het ook die siel se faceboek gesien en iemand het sommer namens my my naam daarby aangesluit. Dit gaan mos oral in die lewe so, iemand doen iets goed en dan spring almal op die orkeswa en speel hul eie deuntjie tot die goed later so afgewater is dan dit opgooilekker is om daarna te kyk.
Ek hoop die mense se anusse begin jeuk en hulle vingernaels verander is vishoeke.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

#10
ek vra nederig om verskoning, Naas, dit was ek wat jou by Eddie Davey se nuwe blad om woorde bymekaar te maak, ge'link' het. jammer daaroor. jy kan jouself weer daar kanselleer as jy wil.

mense, Eddie Davey het nie geweet van Woes se woordskuur nie en was nie van plan om alles daar te gryp nie. hy het Sondag uit sy eie die blad op FB begin omdat daar baie woorde en se'goed is wat hy wil bewaar. so het Willa daarop afgekom en ons ander ge'link'. hy het sy idee uitgespel en raad gevra en so het Willa hom van Meraai vertel. die eerste woorde wat hy gelaai het, het hy nogal die name by wie hy dit gaan uithaal het, bygevoeg.

http://www.facebook.com/groups/450415161637979/

Eddie Davey
Voeg by soos julle wil WOord/SInsnede/ Jou Naam . Veduideliking indien nodig. Sê aj jy dalk vwil help om ;n Adminstrateer/Bibliotkearis wil word - ek is no te stupid met die IT tegnologie en sal hulp BAIE WAARDEER. ♪♪♪
Like · · Unfollow post · Sunday at 17:36
adéle  :grommit:

adele

Quote from: Meraai vannie Baai on June 05, 2012, 10:34:51 AM
PM ek vermoed Willem en sy span het die woordeboek se formaat verander. Dit is net vir my 'n teer saak dat hulle nie die persone se name gehou het nie.

dit moes ure se werk gevat het om al daai name te verwyder... dinges, nog 'n punt teen Willem en sy span, ek kan nie glo hulle is so kortsigtig nie...

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

Dis in die haak Adele. Ek is in die laaste tyd bietjie kort van draad oor al die ouens wat met Afrikaans so mors. Ek se nie Davey mors nie maar ons Afrikaners het 'n leuse gehad van "eendragt maakt magt" Op die oomblik is dit asof elke ou sy eie ding wil doen met die taal en intussen raak ons net kwaad vir mekaar omdat ons so twee-rigting-donkie trek.
Plaas daarvan dat ons probeer saamstaan en 'n pragtige Afrikaanse tuiste skep. Maar nouja... die paradys is nie meer op aarde nie en in die vloek van adam sal ons mekaar mos nooit weer onder Babel se toring verstaan nie.

Ons is en bly maar die kinders van Moermekaar...



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

is mos reg so, niks kwaad hierdie kant nie.
ek wou net verduidelik dat Eddie Davey sy idee uit, soos hy dit seker gesien het, geloods het omdat hy geensins geweet het van ons en woes nie. en daar is alreeds soveel gesegdes net uit daardie fb-skryfwerwe wat verlore gaan, wat hy wou 'red'

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Ons kan mos vir Eddy hierheen nooi.  Dalk sal hy belangstel in ons forum.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.