• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek is beswaard

Started by Meraai vannie Baai, June 05, 2012, 09:40:06 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Vonnie is weer terug by Woes - sy het my in die week 'n friend request gestuur - maar ek is ook glad nei meer betrokke by die forum nie - weer meer 3 jaar nou ... deel net nog van my gedigte by my profiel en inbox gepsrekke met van my maats daar ...

dis jammer .. Woes het so verander ....
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

#31
 :glasses9:  :angel12:
And I couldn't care less.
'n Seder gaan nog val in Waterkloof.
elle

Gawelina

Ek wens daai seder wil nou val en klaarkry.  Ek verpes so 'n wipplank besigheid.  Die dat ek nêrens meer kom nie.  Dis uitputtend om heeltyd te moet koes.

Angelica

En elke keer wonder ek of die borge dan nie hul huiswerk doen nie.
elle

Trapsoetjie

Nou ja ek wil ook net 'n vraag vra.

Mag hulle ander se werk/woorde neem? Dis mos teen die kopie reg wet? of het ek nou die kat aan die stert beet!

:angel12:


PM

Toe ek by Woes aangesluit het was dit duidelik dat elke skrywer kopiereg op sy werk behou.  As dit intussen verander het en ons het nie toestemming skriftelik gegee nie, is dit onwettig. 
Dit geld ook vir bydraes wat in die woordeboek geplaas is. 
Ek is 'n voorstaander vir "opleiding" en as my werk daarvoor gebruik word, gee ek nie om nie.  Tog sou ek meer daarvan gehou het as iemand net my toestemming gevra het.  Seker net omdat ek ook belangrik wou voel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :notworthy: Ons kan ons sterre dank vir onse forummoedertjie wat die woordeboek 'n hele ruk gelede begin verpak het in rugstutvorm en vir my aangestuur het. Sonder dit was baie baie jare se liefdevolle oes en bewaar tot niet in 'n oomblik  :crybaby2: Nou is die groot taak om dit waarmee julle my vertrou het, weer terug te kry op die uitstalrakke in ons splinternuwe woordskuur. Maandag DV wil ek met dit begin.

PM

So tussen die swem deur en die oorskakel na 'n nuwe rekenaar het ek 'n paar plasings gemis.  Nou kom ek hier en ek sien jy was hier en ek was weg.   :icon_biggrin:
Ons sal rustig vir jou wag Raaitjie.  Mag jy gou gesond word en weer die woordmandjie opneem.  Jou aandeel aan die woordskuur is magtig en ons kan dit net nie sonder jou doen nie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Terwyl ek kyk hoeveel gaste ons het vanoggend sien ek iemand lees hier en my nuuskierigheid het die oorhand gekry. 
Dit was heerlike dae, daardie dae toe ons so saam in die abc-sandput gespeel het.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En hier lees ek ook weer oor een van ons gaste se skouers en verlang arig na die goeie ou dae  :crybaby2: Genadiglik kon ek darem dit wat ons weer wou bewaar in die nuwe skuur, gaan uitstal. Jare se oeste is onnadenkend verwoes deur woes...

adele

ek het ook hierdie week weer daarna verlang en die verliese van wonderlike woorde betreur ... MAAR sowaar, ek weet nie waaroor ek die kwaadste is nie, die hele verlore 'woordeboek' of die manier waarop die woes-mense geen respek vir Afrikaans getoon het daardeur nie, maar so opgee dat hulle sooo lief is en omgee vir ons mooi taal.
adéle  :grommit:

Naas

Ja wat. By woes het dit (gaan dit nog steeds) net oor geld. Mense sal enigiets doen en se om geld te maak.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Mag mense nooit dieselfde van ons forum sê nie.  Hier gaan dit regtig net oor die liefde vir die taal.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek is seker hulle sal nie tuis voel hier nie, lief Petra ... hier is te veel omgee tussen almal wat hier woordvroetel.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Stem saam matertjie. Geen geld of roem ter sprake.