Ons was jonk, sterk en vol energie Raaitjie. Gewoond aan hard werk, goeie beplanning en 'n vol dag met min slaap.
Raaitjie, daar is dalk nog 'n paar mammas wat baie dankbaar is oor die raad.
Willa, my oudste was 'n erge koliekbaba (hy word nou 41) en die ander twee was die rustigheid van self.
Jannas se oudste was die rustigheid van self en Danique het die pes gekry.
Gerhard se baba het dit so erg gehad dat daai kind dag en nag geskree het, so erg dat ons wou mal word.
Ons het 'n naweek op 'n plaas gaan kuier en toe vat 'n ou bediende 'n telepel suiker en 'n telepel sout en meng dit in 'n kwart koppie water en gee vir hom 'n telepelvol daarvan, maak hom styf op haar rug vas en daar slaap hy soos 'n droom. Die nuwe tendens is om nie vir kinders sout of suiker te gee voordat hulle 'n jaar oud is nie, en die mamma wou stuipe kry daaroor.
Gelukkig is dit baie beter na drie maande. Ons weet hoe lank kan drie maande wees!
Ek lig my hoed vir ons twee seuns, hulle is wonderlike pappas.