• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tuis, maar arig doenig!!

Started by Meraai vannie Baai, May 14, 2012, 07:05:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit is kosbare foto'tjies Raaitjie. 
Ek kruip lekker weg hier agter 'n gebreekte ribbebeen!  :icon_biggrin: 
Dit breek my hart om die kleingoed so te sien swaarkry. 

Ek lag lekker oor daai "mangelbeskrywing". Dit is goed gedoen en ek sien die prentjie!

Ek help solank tel aan die slapies hoor!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Prag foto's!!

ons was teen die einde van die twee jaar en 4 maande gedaan - maar die Genade van Bo het vir ons behou en geduldig gehou ...

dis nog nie elke dag maklik nie ... maar dis 'n groot verskil darem en die tande is ook ampertjies klaar ...


Theo kuier soms vir 'n dag en 'n nag by ouPaMa  .. maar ons mis hom te gou en wil ook nie dat hulle moeg word nie :-)  ouPaMa-kleinKind kuiertjies is veronderstel om fun tye te wees  :evil6:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Glimlag ek nou vir die "fun-tye" Willa.  Dit is "fun-tye", maar vir die ouers.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

Baie jare gelede het Annatjie Theron na maande met haar koliekbaba, uitgevind rooibostee het alles opgeklaar, en dit het gelei tot Annique se wye reeks skoonheidsmiddels. ek het my meisiekind, wat totale melkallergie gehad het, [selfs vandag nog] met rooibostee en Ouma Meelbol-pap grootgekry, na weke van opgooi en koliek. daarom is ons vandag nog verslaaf aan rooibostee. die enigste nadeel wat rooitee my gee, is dat dit my bloeddruk verlaag.

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

Net so lief vir Rooibos tee ... ongelukkig is dit nie ietsie wat vir Theo gewerk het nie, maar ons gebruik dit wel.

Dis ook baie goed om die gebruikte sakkies oop te breek in die plante ... ek het dit by my Ouma geleer - plante lief die rooibosblaatjiekos :-)

Ek sukkel van tyd tot tyd met ekseem - dan bad ek ook in rooibostee water ... lekker smoothing :-)   :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#21
Ek gaan beslis vandag vir Meisiekind luitjie gee en haar vertel van die rooibostee julle  :notworthy: en my plantjies gaan ook van nouaf gereeld so bietjie teeblare kry!

:toothy4: Ons ou prinsie is terug by sy familie en die outjie was so tevrede soos klein katjie met piering room voor hom. Met sy 'moeilikste' tyd het sy pappa hom na die barn geneem en rondgeloop, toe op sy ponie se rug getel en daar word daardie gespanne ou lyfie sommer 'slap' - ontspan hy totaal en al. Die res van die aand het hy op ouma se skoot gele en slaap terwyl die mamma nog gewoel het om gou die laaste klompie goed uitgepak te kry.


Ah Willa

pony-therapy rocks!  Dis die mooiste mooi foto's!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Beslis Willa!! Ongelukkig het Outop van die mooiste fototjies gemis toe hy nou eers stap en die kamera gaan haal uit die motor. Die kleinding het met sy handjie aan die maanhare (?) van die ponie vasgehou. En toe hy dit voel, het die hele lyfie pap geword. Meisiekind het gese hulle gaan dit nou elke aand deel van sy roetine maak. 

Ah Willa

Dis 'n prag-plan!!  God het nie verniet diere gemaak nie ... ek is heel erg oor die idee van Therapy-diere.

Dis alom bekend dat honde in therapy gebruik word - ons het ook so 'n prag therapy-hond - nie opgelei nie,
maar hy is beslis een .. Nova ... mens sien hoe die mens om hom verander ... en hy beskerm Theo asof sy lewe daarvan afhang!

Hier in die kaap is 'n sielkundige wat Dolfyne inspan vir therapy met groot sukses :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Na ons nou met eie oge hierdie terapie-sessie aanskou het Willa sal ek dit sowaar aanbeveel vir mammas. Ergens in die verlede ook gelees dat om oor 'n troeteldier te streel jou bloeddruk kan verlaag?

Angelica

Raaitjie, dis baie spesiale foto's daai.
Is dit baba se presentjie van sy ouers af?

Sit 'n lekker bersie-saaltjie op die ponie, nie te dik,  meer na die agterkant, sit baba op sy magie op die bersie en laat die ponie stadig met hom loop.  Jy moet natuurlik vir baba vashou, ne?  Giggles. 
Die 'massering' van die ponie se spiere onder die bersie op baba se magie, sal so soothing wees, dis verbasend hoe gou die outjie sal kalmeer.
Probeer.
Jul nuwe perderuiter is gebore.  Spaar solank vir 'n groot blink-vos-perd, want baba gaan nie weer wil afklim tot hy oeroud is nie.
elle

Angelica

Diere-terapie: 
'n Luiperd het 'n kalmerende effek op my.  Ek het luiperd foto's oral om my.  Selfs bokse met 'n luiperd-motief op die tafel waarop ek op my rekenaar werk.  By die kantoor (sal nou moet afhaal en huistoe bring) teen die muur hang 'n groot almanak van 2011 met 'n luiperd wat heeldag in my oe kyk. 
As ek na haar kyk, gooi sy 'n sagte, strelende kombersie oor my. 
Selfs my cover photo op my FB, is 'n luiperd.
'n Luiperd herinner my aan my Pa en my kinderdae op die plaas.  Soothing.
Diere-terapie werk.  Katte, honde, perde, dolfyne....  en luiperds.  Ons almal vind 'n dier wat 'n kalmerende effek op ons het.  Myne is Mnr & Mev Kolle.
elle

PM

Dit is pragtige foto's.  Daardie hande om prinsie se lyfie is te kosbaar vir woorde. 

Ek is nie 'n "hare-mens" nie.  Dit is hoekom ek mal is oor AB se haarlose hondekinders.  Ons het met perde groot geword en myne moes gereeld gebad en geroskam word.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#29
Ek het nou presies vier keer hier kom probeer dankie skrywe vir Angelica, gaan beslis die pragtige uiteensetting hoe ons met die klein prinsie moet stap vir Meisiekind deurstuur. Het al tikker afgesit en tot tien getel, alllles afgesit teen die muurproppe ook en weer getel, pure verniet. Moggen troffen nou  :toothy4: PM ek sien jou al gril en roskam ...gril en roskam!