• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Telefoonpudding

Started by PM, May 11, 2012, 10:05:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie nagereg het sy naam verkry in die ou dae toe die tannies vir mekaar die resepte oor die plaastelefoon aangegee het.  Hierdie nagereg het nie 'n naam gehad nie en so het dit dan die telefoonpudding geword. 

Telefoonpudding

Deeg

1 koppie suiker
4 onse botter
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
1 heel grootste eier
1 teelepel bakpoeier
1 koppie melk
1 en 'n halwe koppie koekmeel
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel sout

Sous

1 koppie suiker
2 koppies kookwater
1 teelepel vanilla

Metode

1)    Oond op 350 F of 160 C
2)   Room die botter en suiker goed
3)   Voed die geklitste eier en konfyt by die mengsel
4)   Meng die meel, gemmer en sout saam
5)   Meng die bakpoeier in die melk in 'n groterige kommetjie
6)   Meng die droĆ« bestanddele om die beurt met die natbestanddele om 'n gladde deeg te verkry.
7)   Hou eenkant terwyl jy die sous maak
8)   Sous: Voeg die suiker en vanilla by die kookwater en roer totdat die suiker opgelos is.
9)   Neem 'n diep oondskottel, voeg die warm sous daarin en dan die deeg. 
10)   Bak dit totdat dit goudbruin bo-op is en deurgaar. (Tussen 30 en 45 minute)
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

lui lui telfoon lui lui
die telefoonpudding is bedien ...

yum-yum - sal dit bietjie probeer :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Spensiaal vir WW!  WW, waar is jy? 
Willa, ek sal graag wil weet wat dink jy daarvan.  Tans het ek soveel huisskoonmaak en tuin opruim om te doen, ek kom nie by die pudding uit nie!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

met die rolletjies wat nog moet afrol kom ons ook nie daarby uit nie ... maar ek gaan jou beslis laat weet as die telefoon op my tafel lui :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Skusie Willa, ek wou jou nie blootstel aan die lekker van lekker nie.  Dit is mos WW wat gevra het vir die resep en hy beter kom antwoord anders vlieg ek Kaap toe en skop sy poeding moer toe!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Trrrien trieng ....trrrrieng trieng!! Wou net luitjie gee en se: vanaand is die aand wat ons telefoonpudding eet. More sal ekke weer bekommer oor die ongenooide kilogaste wat ek met my saamsleep  :icon_bigsmurf:

PM

Kom doen verslag matertjie.  Sal graag wil weet of dit goed uitwerk. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ons wil hoor hoe smaak jou poeding ... WW kom lewer verslag ... anders gaan jou poeding nie meer so gesond vertoon nadat PM haar moertjies gestrip het nie  :pottytrain2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#8


Dit was heeeeerlik. Die ouma-se-kombuis-geur terwyl dit bak was  :crybaby2: lekker. Omring met roomrosies en skeppie van Outop se roomys was dit grooooooot bederf!

PM

Jy is 'n voorslag sterretjie Raaitjie, met foto en al!   :hello2:
Baie dankie vir die "uit Raaitjie se kombuis" verslag, "by candle light and all".
   :love7: jou. 

Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Nou weet ons ook sommer hoe om te bedien, met rosies en candel en outop se roomys - wag hoe gaan ons dit van daai kant na die kant kry sonder om te smelt??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#11
Heheheheh... hierdie foto het Outop 'verlig' met sy flits van bo-af, sodat die kinders kan sien hoe hulle moederlief se kilomaters lyk (ek kon nie wag tot na die maal, en het sommer gou so klein ou bietjie voor die tyd geproefproe) :icon_bigsmurf: hoef seker nie te noem dat ek maar min van die hoofmaal geniet het LOL.  Ek het Outop se bord afgeneem en natuurlik was die ou se groot liefde in die lewe ook in die prentjie - trap ek maar 'n kreatiewe spoor met 'n paar klippers en maak van die telefoonpuddingfoto 'n gedig  :toothy4:  :notworthy:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1739.msg10159#msg10159

NS: hoeveel is 4 onse in vandag se terme?  :icon_scratch:

Ah Willa

4 onse is 113.4 gram - JanDink  (ek het 'n slim man - ek vra hom eers voor ek Google vra, soms vra Google vir JanDink)

pragtige tafeltjie gedek Meraai - oi oi - dit lyk so heerlik!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Skuustog oor die onse, ek wou dit nog regmaak.  Mal oor die foto's en die gediggie Raaitjie. 

Mooi vir Google, ek sal hulle meer vertrou in die toekoms, nou dat ek weet waar hulle die inligting kry.  *lag*.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Geen probleem PM! Danksy ons eie googleman weet ons nou mooi. Ek het die gedig ook by FB opgesit vir my fam en toe wou Meisiekind dadelik die resep he. Weet ek sy gaan geen benul he van onse en ponde  :icon_biggrin: ek en Outop het om die 1 kg bak botter gestaan. Krap ons kop en hy se sestien onse in 'n pond, nou hoeveel ponde in 'n kg weer??  So bedink, meet en sny ons, nooooit gedink aan google  :icon_bigsmurf: