Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Nageregte => Topic started by: PM on May 11, 2012, 09:05:46 AM
-
Hierdie nagereg het sy naam verkry in die ou dae toe die tannies vir mekaar die resepte oor die plaastelefoon aangegee het. Hierdie nagereg het nie ‘n naam gehad nie en so het dit dan die telefoonpudding geword.
Telefoonpudding
Deeg
1 koppie suiker
4 onse botter
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
1 heel grootste eier
1 teelepel bakpoeier
1 koppie melk
1 en ‘n halwe koppie koekmeel
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel sout
Sous
1 koppie suiker
2 koppies kookwater
1 teelepel vanilla
Metode
1) Oond op 350 F of 160 C
2) Room die botter en suiker goed
3) Voed die geklitste eier en konfyt by die mengsel
4) Meng die meel, gemmer en sout saam
5) Meng die bakpoeier in die melk in ‘n groterige kommetjie
6) Meng die droë bestanddele om die beurt met die natbestanddele om ‘n gladde deeg te verkry.
7) Hou eenkant terwyl jy die sous maak
8) Sous: Voeg die suiker en vanilla by die kookwater en roer totdat die suiker opgelos is.
9) Neem ‘n diep oondskottel, voeg die warm sous daarin en dan die deeg.
10) Bak dit totdat dit goudbruin bo-op is en deurgaar. (Tussen 30 en 45 minute)
-
lui lui telfoon lui lui
die telefoonpudding is bedien ...
yum-yum - sal dit bietjie probeer :-)
-
Spensiaal vir WW! WW, waar is jy?
Willa, ek sal graag wil weet wat dink jy daarvan. Tans het ek soveel huisskoonmaak en tuin opruim om te doen, ek kom nie by die pudding uit nie!
-
met die rolletjies wat nog moet afrol kom ons ook nie daarby uit nie ... maar ek gaan jou beslis laat weet as die telefoon op my tafel lui :-)
-
Skusie Willa, ek wou jou nie blootstel aan die lekker van lekker nie. Dit is mos WW wat gevra het vir die resep en hy beter kom antwoord anders vlieg ek Kaap toe en skop sy poeding moer toe! :icon_biggrin:
-
Trrrien trieng ....trrrrieng trieng!! Wou net luitjie gee en se: vanaand is die aand wat ons telefoonpudding eet. More sal ekke weer bekommer oor die ongenooide kilogaste wat ek met my saamsleep :icon_bigsmurf:
-
Kom doen verslag matertjie. Sal graag wil weet of dit goed uitwerk.
-
Ons wil hoor hoe smaak jou poeding ... WW kom lewer verslag ... anders gaan jou poeding nie meer so gesond vertoon nadat PM haar moertjies gestrip het nie :pottytrain2:
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00436.jpg)
Dit was heeeeerlik. Die ouma-se-kombuis-geur terwyl dit bak was :crybaby2: lekker. Omring met roomrosies en skeppie van Outop se roomys was dit grooooooot bederf!
-
Jy is 'n voorslag sterretjie Raaitjie, met foto en al! :hello2:
Baie dankie vir die "uit Raaitjie se kombuis" verslag, "by candle light and all".
:love7: jou.
-
Nou weet ons ook sommer hoe om te bedien, met rosies en candel en outop se roomys - wag hoe gaan ons dit van daai kant na die kant kry sonder om te smelt??
-
Heheheheh... hierdie foto het Outop 'verlig' met sy flits van bo-af, sodat die kinders kan sien hoe hulle moederlief se kilomaters lyk (ek kon nie wag tot na die maal, en het sommer gou so
klein ou bietjie voor die tyd geproefproe) :icon_bigsmurf: hoef seker nie te noem dat ek maar min van die hoofmaal geniet het LOL. Ek het Outop se bord afgeneem en natuurlik was die ou se groot liefde in die lewe ook in die prentjie - trap ek maar 'n kreatiewe spoor met 'n paar klippers en maak van die telefoonpuddingfoto 'n gedig :toothy4: :notworthy:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1739.msg10159#msg10159
NS: hoeveel is 4 onse in vandag se terme? :icon_scratch:
-
4 onse is 113.4 gram - JanDink (ek het 'n slim man - ek vra hom eers voor ek Google vra, soms vra Google vir JanDink)
pragtige tafeltjie gedek Meraai - oi oi - dit lyk so heerlik!
-
Skuustog oor die onse, ek wou dit nog regmaak. Mal oor die foto's en die gediggie Raaitjie.
Mooi vir Google, ek sal hulle meer vertrou in die toekoms, nou dat ek weet waar hulle die inligting kry. *lag*.
-
Geen probleem PM! Danksy ons eie googleman weet ons nou mooi. Ek het die gedig ook by FB opgesit vir my fam en toe wou Meisiekind dadelik die resep he. Weet ek sy gaan geen benul he van onse en ponde :icon_biggrin: ek en Outop het om die 1 kg bak botter gestaan. Krap ons kop en hy se sestien onse in 'n pond, nou hoeveel ponde in 'n kg weer?? So bedink, meet en sny ons, nooooit gedink aan google :icon_bigsmurf:
-
en hier kom ek ook so staaaaaadig aan terwyl julle al taraai se puding opgeeet het
niks oor vir my nie ...
baie dankie patrys ek sal hom beslis maak , met hierdie koue winter in die kaap is so n puding mos net die aangewese ding....
ek wil ook sommer later n ou gunsteling van my hier neerplak... asyn puding ... enige een wat van hom ken?
oja as patrys geen besware het nie kan ek die telefoon puding hier kom plak wat jy in n pot op die stoof kan maak inplaas van in die oond... aangesien ons deesdae groen moet wees
-
My plek geboek vir daai asynpoeding groooooot asb. Soek hom al HOELANK!!! My swaer hom elke Sondag vir ons gemaak. Oeeee lekkkker!!
-
Natuurlik sal ek geen beswaar hê nie, bring matertjie, bring jou potpoedingresep en die asyn ene ook. Ek is mal oor asynpoeding! Lui by die vak maar fluks by die bak! :icon_biggrin:
-
WW as jy die asynpoeding moet maak om net seker te maak jou resep werk nog, sal ons TriTruters lag-lag kom koffie drink om te help toetseet :-)
-
Asynpoedsing: Redelike groot poeding. Jy kan dit halveer as dit net vir 2 -3 mense is
NB Hierdie poeding se stroop kom eers onderin in bak, dan kom deeg bo-op
Gebruik dieselfde resep vir oond of bo-op stoof poeding. Maak net bietjie meer stroop vir die kastrol op die stoof aan.
Stroop: Kook saam vir so 5 min: 2 kop. water, 2 kop. suiker en halwe kop. asyn. Koel bietjie af.
Deeg: 1.5 kop. koekmeel
Halwe kop. suiker
2 eetl.appelkoos konfyt
2 teel. fyn gemmer
kwart teel. sout
1,5 eetl. margarine
2 eiers
1 teel. koeksoda (bicarbonate of soda)
Klop margarine en suiker saam en voeg geklitste eiers by.
Sif droee bestanddele saam en voeg by margarine mengsel soos bo.
Roer appelkooskontyt by en meng goed.
Gooi deeg bo-oor die sous in bak ,deeg moet stadig op 'n eetlepel in sous gegooi word. - deksel moet toemaak, nie 'n oop bak nie.
Bak 30 - 40 min of tot poeding bruin is, sit die oond op 180 grade.
NB. Poeding rys nogal redelik -gebruik 'n groot genoeg bak of kastrol.
As bo-op stoof maak, stel baie laag - so op 2 - en lig deksel net BIETJIE oop. Kook maklik oor - hou maar dop!
Bo-op stoof: min of meer 25 min. of tot bruin.
TELEFOON POEDING
NB hierdie poeding se stroop word bo-oor deeg gegooi.
DEEG
15 ml. olie
15 ml. appelkooskonfyt
5 ml. koeksoda (bicarbonate of soda)
Halwe kop suiker
1 eier
1 kop. koekmeel
3 ml. fyn gemmer
2 ml. sout
Sif droee bestanddele saam en meng dan al die ander bestanddele by (klits die eier vooraf)
Gooi deeg eweredig onder in bak of kastrol. Gooi stroop bo-oor deeg. Bak met 'n toe deksel.
Bak 30 -40 min in oond.
STROOP:
1 kop. suiker, 600 ml. water. Kook 5 min op stoof. Koel bietjie af.
-
Oeeeee dubbelte lekkerte :notworthy: