• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Telefoonpudding

Started by PM, May 11, 2012, 10:05:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

werelde weg

en hier kom ek ook so staaaaaadig aan terwyl julle al taraai se puding opgeeet het
niks oor vir my nie ...

baie dankie patrys ek sal hom beslis maak , met hierdie koue winter in die kaap is so n puding mos net die aangewese ding....

ek wil ook sommer later n ou gunsteling van my hier neerplak... asyn puding ... enige een wat van hom ken?

oja as patrys geen besware het nie kan ek die telefoon puding hier kom plak wat jy in n pot op die stoof kan maak inplaas van in die oond... aangesien ons deesdae groen moet wees

Meraai vannie Baai

My plek geboek vir daai asynpoeding groooooot asb. Soek hom al HOELANK!!! My swaer hom elke Sondag vir ons gemaak. Oeeee lekkkker!!

PM

Natuurlik sal ek geen beswaar hĂȘ nie, bring matertjie, bring jou potpoedingresep en die asyn ene ook.  Ek is mal oor asynpoeding!  Lui by die vak maar fluks by die bak!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

WW as jy die asynpoeding moet maak om net seker te maak jou resep werk nog, sal ons TriTruters lag-lag kom koffie drink om te help toetseet :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

werelde weg

      Asynpoedsing: Redelike groot poeding.    Jy kan dit halveer as dit net vir 2 -3 mense is

NB  Hierdie poeding se stroop kom eers onderin in bak, dan kom deeg bo-op


Gebruik dieselfde resep vir oond of  bo-op stoof poeding.   Maak net bietjie meer stroop vir die kastrol op die stoof aan.

Stroop: Kook saam vir so 5 min:   2 kop. water, 2 kop. suiker en halwe kop. asyn.  Koel bietjie af.

Deeg: 1.5 kop. koekmeel             
Halwe kop. suiker
2 eetl.appelkoos konfyt
2 teel. fyn gemmer
kwart teel. sout
1,5 eetl. margarine
2 eiers
1 teel. koeksoda (bicarbonate of soda)

Klop margarine en suiker saam en voeg geklitste eiers by.
Sif droee bestanddele saam en voeg by margarine mengsel soos bo.
Roer appelkooskontyt by en meng goed.

Gooi deeg bo-oor die sous in bak ,deeg moet stadig op 'n eetlepel in sous gegooi word. - deksel moet toemaak, nie 'n oop bak nie.   
Bak 30 - 40 min of tot poeding bruin is, sit die oond  op 180 grade.

NB.  Poeding rys nogal redelik -gebruik 'n groot genoeg bak of kastrol.

As bo-op stoof maak, stel baie laag - so op 2 - en lig deksel net BIETJIE oop.   Kook maklik oor - hou maar dop!
Bo-op stoof:  min of meer 25 min. of tot bruin.
                                 

                           
                           
                                                            TELEFOON POEDING

NB hierdie poeding se stroop word bo-oor deeg gegooi.

DEEG

15 ml. olie
15 ml. appelkooskonfyt
5 ml. koeksoda (bicarbonate of soda)
Halwe kop suiker
1 eier
1 kop. koekmeel
3 ml. fyn gemmer
2 ml. sout

Sif droee bestanddele saam en meng dan al die ander bestanddele by (klits die eier vooraf)
Gooi deeg eweredig onder in bak of kastrol.    Gooi stroop bo-oor deeg.   Bak met 'n toe deksel.
Bak 30 -40 min in oond.


STROOP:

1 kop. suiker, 600 ml. water.  Kook 5 min op stoof.  Koel bietjie af.

Meraai vannie Baai

Oeeeee dubbelte lekkerte  :notworthy: