• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe om 'n foto te plaas

Started by PM, April 22, 2012, 09:07:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

op die lange duur is internet vir my so onvoorspelbaar as wat dit vir my onverstaanbaar is, ek doen wat ek kan en buite daardie raamwerk, is my kennis zero of "useless"
Ek wens jou program kon darem net foto's oplaai en sien soos wat ek dit doen. Ek "heg dit net aan" deur die "attachment"-opsie onderaan die tik-blokkie.
adéle  :grommit:

PM

Ek verstaan nou nie mooi nie.  Is dit die forum se program wat jou vra om te betaal Raaitjie?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sniksnik. Nee PM, dit is die program wat ek gebruik het deur al die jare (Photobucket) wat my toegang geweier het. Radeloos het ons toe die betaal-opsie geneem sodat ek 'n groter hoeveelheid fotos kan plaas op die forum. 2 of drie maande goed gegaan en nou ons terug by fietol fotos by ENIGE van my plasings te siene nie. Dit is 'n nagmerrie en blosende verleentheid vir my lief PM.

Assie

Ek het laaaank al opgegee om fotos op die forum te plaas. Dis die enigste funksie wat ek mis van die Woes forum.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Dierbare Assie, dit maak jou tante lam. Orals. Nou pronk my goed skandalig kaalgaai in oop spasies. Anders as met ons kreatiewe skryfstyl maak dit nou geen sin nie man. Ek koooooook oor van frustrasie. Gaan my kos om al daardie plasings te verwyder. Gaan lyk of ek dros of kuberselfmoord pleeg. Met respek.

adele

Moet nie nou al alles uitvee nie, liefliewe Raaitjie, ek kan dan nog jou foto's sien ....??
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#36
Griet verdriet! Ek moes van die fotos weer oplaai  :toothy4: Daar verskyn 'n boodskap by die skakels van die fotos wat nie wys nie:
Uploaded by undefined

adele

Ek wou weer probeer,  maar verloor myself en my foutokie halfpad deur  :dontknow:
adéle  :grommit: