Die Afrikaanse Forum

Algemene sake => Hoe werk die program? => Topic started by: PM on April 22, 2012, 08:07:04 AM

Title: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on April 22, 2012, 08:07:04 AM
Julle weet hoe ons altyd gesukkel het om foto's te plaas.  Die funksie by "Additional Options" het net nooit gewerk nie.  Nou werk dit op ons forum.
As jy 'n nuwe venstertjie oopmaak om te "reply" kliek jy net op die "Additional Options" en dan kliek jy "browse".  Dit neem jou na opsies op jou rekenaar. Kies "My pictures" rol tot by die een wat jy wil plaas, dubbel kliek daarop.  Druk dan net "post" en siedaar, Bella is jou antie, want Bob is mos jou oom.  :hello2:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Ah Willa on April 22, 2012, 10:02:38 AM
Dit was net 'n funksie om te kies of nie te kies nie - so maklik soos val uit 'n boom - los net die tak!
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Naas on April 22, 2012, 12:12:12 PM
Bella was my girlfriend tot sy uitgevind het van my ryk pa. Nou is sy my ma en ek is onterf.

Jammer PM maar die foto-plaserasies werk nie vir my nie. Geen "browse opsie" nie



 :icon_bigsmurf:





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on April 23, 2012, 03:32:16 AM
Ag nee!  Jan Dink help, hoekom kan Naas nie "Browse" nie.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: adele on May 12, 2012, 01:53:41 PM
in die stilste stil
ooit
verlang my hart
intens na jou
en die skemer
hou asem op
sodat die donkernag
’n bietjie langer wag

 :grommit:

[ek wil ook hierdie opsie toets want ek het nooit tyd gehad om lang paaie te foto nie,ek kan 'browse, maar weet nie verder nie:- laat ek nou 'send' en kyk...]

haai oeeee, lyk of dit werk, DANKIE WILLA
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on May 12, 2012, 02:03:53 PM
Baie mooi Adéle, ek hou daarvan.

Naas, het jy al hulp gekry? 
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Naas on May 12, 2012, 06:59:21 PM
Naas is nog te onnosel om te foto.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: AB on May 12, 2012, 07:10:29 PM
...
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Ah Willa on May 12, 2012, 08:19:09 PM
Wag ek dink julle weet nie mooi nie Naas ... kyk nou na die fototjies hier

Die eerste screen shot het geen "Additional Options" nie - dis net die lees menu

maar sou ek reply of n nuwe topic begin ... dan kry ek die Additional OPtions soos in screenshot twee

nou ja - Naas - browse nou jou pc en laai 'n foot - anders kom drink ek koffie!
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Ah Willa on May 12, 2012, 08:20:53 PM
Naas onthou om oppie fototjies te klik met jou muis, dan maak dit grooter oop - hang af van jou internet spoed en bandwyte hoe vinnig of stadig die fototjie sal vergroot ....

anders is  :coffee2: binngekort gereel !
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Naas on May 13, 2012, 09:22:25 AM
Nee Ah Wiilla, Naas is darem nie in Zimbabwe gebore en so sonder grysstof nie. Het daai opsies baie gebruik in Woes tot hulle dit gestop het.
Ek het nie daai 'attach' opsie op my skerm nie. Wel die ekstra opsies maar nie die een onder wat se browse for files nie.
So koffie gaan nie werk vir my nie, ek het rum nodig en ek drink nie daai goed nie want dan ruik ek soos Zimbabwe.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Ah Willa on May 13, 2012, 12:36:17 PM
ons het wiskey wat ons kan saam bring - JanDink vergeet altyd om 'n glasie te geniet ... dit stink nie soos Zim nie en dit proe nie na koffie nie ...
dan kom loer ons op jouse rekenaar hoekom steek hy jou browse opsie vir jou weg ...

dis nou as jy kans sien vir die twee nuts :-)
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on May 14, 2012, 09:21:23 AM
Ek dink nie jy sal vir Naas met twee neute afskrik as jy whikey het nie.  :angel12:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Elizabeth on July 18, 2012, 03:27:42 PM
Kom ons kyk of ek vir julle 'n bietjie inspirasie vir die koue kan gee! Kom stap saam waar die son deur die bome loer.....
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Trapsoetjie on July 18, 2012, 03:53:06 PM
Wel laat ek tog ook probeer....Hou duim vas ... ... ...  :dontknow:

 :angel12:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Trapsoetjie on July 18, 2012, 03:54:04 PM
oe oe oe oooo o o dis oulik, as dit werk is dit maklik, tot ek kan dit doen  :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on July 18, 2012, 10:26:35 PM
Dit is al laat al en ek moet nou mooi kophou!  Die onderwerp is "hoe om 'n foto te plaas".   :angel4:
Wonderlik!  Dit lyk of julle almal die uitdaging oorwin het!
Ek lief julle 'n hond uit 'n bos uit. 
Trappies, as ek dit kan doen kan enige ander ou dit doen. 
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on September 18, 2015, 02:02:45 PM
Hier het ek nou weer lekker tussen die lyne gekuier.   :hello2:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Marinda Kemp on November 11, 2015, 04:59:16 PM
Nee gits ek probeer foto plaas maar niks. gaan net elke keer terug na die venstertjie waar ek moet foto kies  :color: Ek nog bietjie onnosel en oud-nuut hier. Gaan nou eers  :coffee2: en weer die :munky2: by die stert pak terwyl ek myself  :pottytrain5: om op die Forum te werk.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2015, 10:41:52 PM
Ek gebruik die laaaang metode wat ek onder die knieg gekry het by photobucket. Die ander manier het ek agtergekom as jy net as gas dwaal deur die forumgange sien jy net kruisies en niks sneppies  :headbang: Sal vir jou die stappe neerskryf en kom vasplak hier hoor! Net eers gou vir ons ietsie ingooi. Kom eers aan die gang na my tweede koppie boeretroos soggens.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Marinda Kemp on November 12, 2015, 12:54:36 AM
Dankie Meraaitjie,
 ek bietjie gestrem met tegnologie en jy is voorwaar 'n  :angel4: 
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2015, 02:57:57 AM
Reg! Hier gaan ons, stap vir stap - foto vir foto  :toothy4:

Stap 1. As jy nog nie 'n Photobucket gedoente het nie, tik dit in jou soek-engine. Sodra jou rekening (gratis) oopgemaak is, sal jou skerm so lyk. Myne is vrek vol want ek is foto-bedinges en deel alles  :icon_bigsmurf: Jy kliek op die blokkie bo wat se upload en dan sal jy sien daar is nog 'n blok regs click to upload Hier kies jy uit watter folders jy 'n foto wil plaas.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03759.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03759.jpg.html)

Stap 2. Nou is dit tyd om te kies. Dubbelkliek sodat folder oopmaak en jy jou foto(s) kan kies. As jy meer as een wil kies, gebruik jy die 'control' funksie op jou tikker sodat almal verlig is. Dubbelkliek weer sodat die fotos kan oplaai in jou bucket folder.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03757%20-%20Copy.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03757%20-%20Copy.jpg.html)

Stap 3. Nou gaan jou photobucketskerm so lyk.... die blou strepie sal hardloop -daar mag 'n advertensie verskyn - geen rede tot kommer. Almal probeer geld maak  :`ip2: jy moet in alle gevalle wag tot die fotos afgelaai is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03758%20-%20Copy.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03758%20-%20Copy.jpg.html)

Stap 4. In die volgende stap gaan jou foto links in die hoekie oopmaak op jou skerm. Dubbelkliek daarop en hang aan - aan die regterkant gaan daar vier opsies verskyn. Jy kliek op IMG tot die blok geel vertoon en se dit is 'copied'  wat beteken jy het die skakel vir jou foto na die forum!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03760.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03760.jpg.html)

Stap 5. Hierdie skakel gaan 'paste' jy nou by op die forum en dan lyk dit so  :evil6:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03761.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03761.jpg.html)

Stap 6 en walla! As jy nou preview druk sal jou foto effens boontoe verskyn - as jy seker is dit is regte foto, kan jy maar post druk  :hello2: Ek is geneig om die verkeerde foto te kies en moet maar vir veiligheid die preview-funksie inspan lol.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03762.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03762.jpg.html)

Hierdie laaaaaang manier wys jou fotos aan gaste en lede. Andersins soos ek reeds genoem het, is daar slegs 'n kruisie as die gaste inloer.

 
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Marinda Kemp on November 12, 2015, 03:55:52 AM
Baie dankie Meraai  :love7:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2015, 05:50:54 AM
As jy vashak, SKROU  :toothy4:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on December 09, 2015, 08:53:03 AM
Dit is nou wat ek 'n  BEHOORLIKE verduideliking noem!  Met prentjies en al!  Baie dankie Raaitjie, jy is 'n ou doring.   :love7:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 10:19:20 AM
Ek het baie tyd liefste PM, groot plesier - soos altyd  :icon_biggrin:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: AB on August 25, 2018, 11:25:58 AM
moet mens deesdae betaal vir photobucket?
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2018, 12:50:41 PM
Ek betaal niks nie Stoffel, het nog nooit betaal nie. Daar is betaal opsie. Moet erken, dit soms maar redelik poep want hulle vra aanmekaar jy moet jou epos herbevestig. So ek sit maar geduldig weer elke keer alles in. Weier om te betaal vir 'n ding wat ek nog altyd verniet kon gebruik.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on August 25, 2018, 06:14:12 PM
Ek sal ook weer probeer.  Die dropbox-ding! 
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on June 20, 2019, 10:48:42 PM
Vanoggend kry ek 'n boodskap dat ek met my metode van fotos laai, die limiet oorskry het en my account is toegesluit tot ek bereid is om $8 per maand te betaal vir onbeperkte toegang - so ek sal moet begin dink aan ander maniere want die uwe het 'n pennielose inkomste en om alles te kroon, ek kan nog steeds nie fotos sien wat julle hier gedeel het nie sniksniksnik  :dontknow: :crybaby2:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: adele on June 21, 2019, 11:22:33 AM
op die lange duur is internet vir my so onvoorspelbaar as wat dit vir my onverstaanbaar is, ek doen wat ek kan en buite daardie raamwerk, is my kennis zero of "useless"
Ek wens jou program kon darem net foto's oplaai en sien soos wat ek dit doen. Ek "heg dit net aan" deur die "attachment"-opsie onderaan die tik-blokkie.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: PM on June 28, 2019, 11:17:25 AM
Ek verstaan nou nie mooi nie.  Is dit die forum se program wat jou vra om te betaal Raaitjie?
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2019, 04:04:05 AM
Sniksnik. Nee PM, dit is die program wat ek gebruik het deur al die jare (Photobucket) wat my toegang geweier het. Radeloos het ons toe die betaal-opsie geneem sodat ek 'n groter hoeveelheid fotos kan plaas op die forum. 2 of drie maande goed gegaan en nou ons terug by fietol fotos by ENIGE van my plasings te siene nie. Dit is 'n nagmerrie en blosende verleentheid vir my lief PM.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Assie on September 23, 2019, 06:19:23 AM
Ek het laaaank al opgegee om fotos op die forum te plaas. Dis die enigste funksie wat ek mis van die Woes forum.

 :mumum:
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2019, 07:48:28 AM
Dierbare Assie, dit maak jou tante lam. Orals. Nou pronk my goed skandalig kaalgaai in oop spasies. Anders as met ons kreatiewe skryfstyl maak dit nou geen sin nie man. Ek koooooook oor van frustrasie. Gaan my kos om al daardie plasings te verwyder. Gaan lyk of ek dros of kuberselfmoord pleeg. Met respek.
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: adele on September 23, 2019, 12:37:23 PM
Moet nie nou al alles uitvee nie, liefliewe Raaitjie, ek kan dan nog jou foto's sien ....??
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2019, 10:17:57 PM
Griet verdriet! Ek moes van die fotos weer oplaai  :toothy4: Daar verskyn 'n boodskap by die skakels van die fotos wat nie wys nie:
Uploaded by undefined
Title: Re: Hoe om 'n foto te plaas
Post by: adele on October 04, 2021, 03:47:51 PM
Ek wou weer probeer,  maar verloor myself en my foutokie halfpad deur  :dontknow: