• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe om 'n foto te plaas

Started by PM, April 22, 2012, 09:07:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

oe oe oe oooo o o dis oulik, as dit werk is dit maklik, tot ek kan dit doen  :evil6:

:angel12:

PM

Dit is al laat al en ek moet nou mooi kophou!  Die onderwerp is "hoe om 'n foto te plaas".   :angel4:
Wonderlik!  Dit lyk of julle almal die uitdaging oorwin het!
Ek lief julle 'n hond uit 'n bos uit. 
Trappies, as ek dit kan doen kan enige ander ou dit doen. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier het ek nou weer lekker tussen die lyne gekuier.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Nee gits ek probeer foto plaas maar niks. gaan net elke keer terug na die venstertjie waar ek moet foto kies  :color: Ek nog bietjie onnosel en oud-nuut hier. Gaan nou eers  :coffee2: en weer die :munky2: by die stert pak terwyl ek myself  :pottytrain5: om op die Forum te werk.
Upington is nie vir sissies nie.

Meraai vannie Baai

Ek gebruik die laaaang metode wat ek onder die knieg gekry het by photobucket. Die ander manier het ek agtergekom as jy net as gas dwaal deur die forumgange sien jy net kruisies en niks sneppies  :headbang: Sal vir jou die stappe neerskryf en kom vasplak hier hoor! Net eers gou vir ons ietsie ingooi. Kom eers aan die gang na my tweede koppie boeretroos soggens.

Marinda Kemp

Dankie Meraaitjie,
ek bietjie gestrem met tegnologie en jy is voorwaar 'n  :angel4: 
Upington is nie vir sissies nie.

Meraai vannie Baai

#21
Reg! Hier gaan ons, stap vir stap - foto vir foto  :toothy4:

Stap 1. As jy nog nie 'n Photobucket gedoente het nie, tik dit in jou soek-engine. Sodra jou rekening (gratis) oopgemaak is, sal jou skerm so lyk. Myne is vrek vol want ek is foto-bedinges en deel alles  :icon_bigsmurf: Jy kliek op die blokkie bo wat se upload en dan sal jy sien daar is nog 'n blok regs click to upload Hier kies jy uit watter folders jy 'n foto wil plaas.



Stap 2. Nou is dit tyd om te kies. Dubbelkliek sodat folder oopmaak en jy jou foto(s) kan kies. As jy meer as een wil kies, gebruik jy die 'control' funksie op jou tikker sodat almal verlig is. Dubbelkliek weer sodat die fotos kan oplaai in jou bucket folder.



Stap 3. Nou gaan jou photobucketskerm so lyk.... die blou strepie sal hardloop -daar mag 'n advertensie verskyn - geen rede tot kommer. Almal probeer geld maak  :`ip2: jy moet in alle gevalle wag tot die fotos afgelaai is.



Stap 4. In die volgende stap gaan jou foto links in die hoekie oopmaak op jou skerm. Dubbelkliek daarop en hang aan - aan die regterkant gaan daar vier opsies verskyn. Jy kliek op IMG tot die blok geel vertoon en se dit is 'copied'  wat beteken jy het die skakel vir jou foto na die forum!



Stap 5. Hierdie skakel gaan 'paste' jy nou by op die forum en dan lyk dit so  :evil6:



Stap 6 en walla! As jy nou preview druk sal jou foto effens boontoe verskyn - as jy seker is dit is regte foto, kan jy maar post druk  :hello2: Ek is geneig om die verkeerde foto te kies en moet maar vir veiligheid die preview-funksie inspan lol.



Hierdie laaaaaang manier wys jou fotos aan gaste en lede. Andersins soos ek reeds genoem het, is daar slegs 'n kruisie as die gaste inloer.


Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

Meraai vannie Baai


PM

Dit is nou wat ek 'n  BEHOORLIKE verduideliking noem!  Met prentjies en al!  Baie dankie Raaitjie, jy is 'n ou doring.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het baie tyd liefste PM, groot plesier - soos altyd  :icon_biggrin:

AB

moet mens deesdae betaal vir photobucket?

Meraai vannie Baai

Ek betaal niks nie Stoffel, het nog nooit betaal nie. Daar is betaal opsie. Moet erken, dit soms maar redelik poep want hulle vra aanmekaar jy moet jou epos herbevestig. So ek sit maar geduldig weer elke keer alles in. Weier om te betaal vir 'n ding wat ek nog altyd verniet kon gebruik.

PM

Ek sal ook weer probeer.  Die dropbox-ding! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#29
Vanoggend kry ek 'n boodskap dat ek met my metode van fotos laai, die limiet oorskry het en my account is toegesluit tot ek bereid is om $8 per maand te betaal vir onbeperkte toegang - so ek sal moet begin dink aan ander maniere want die uwe het 'n pennielose inkomste en om alles te kroon, ek kan nog steeds nie fotos sien wat julle hier gedeel het nie sniksniksnik  :dontknow: :crybaby2: