Reg! Hier gaan ons, stap vir stap - foto vir foto  

Stap 1. As jy nog nie 'n Photobucket gedoente het nie, tik dit in jou soek-engine. Sodra jou rekening (gratis) oopgemaak is, sal jou skerm so lyk. Myne is vrek vol want ek is foto-bedinges en deel alles  

 Jy kliek op die blokkie bo wat se upload en dan sal jy sien daar is nog 'n blok regs 
click to upload Hier kies jy uit watter folders jy 'n foto wil plaas.

Stap 2. Nou is dit tyd om te kies. Dubbelkliek sodat
 folder oopmaak en jy jou foto(s) kan kies. As jy meer as een wil kies, gebruik jy die 
'control' funksie op jou tikker sodat almal verlig is. Dubbelkliek weer sodat die fotos kan oplaai in jou 
bucket folder.
Stap 3. Nou gaan jou photobucketskerm so lyk.... die blou strepie sal hardloop -daar mag 'n advertensie verskyn - geen rede tot kommer. Almal probeer geld maak  

 jy moet in alle gevalle wag tot die fotos afgelaai is.

Stap 4. In die volgende stap gaan jou foto links in die hoekie oopmaak op jou skerm. Dubbelkliek daarop en hang aan - aan die regterkant gaan daar vier opsies verskyn. Jy kliek op 
IMG tot die blok geel vertoon en se dit is 
'copied'  wat beteken jy het die skakel vir jou foto na die forum! 

Stap 5. Hierdie skakel gaan 
'paste' jy nou by op die forum en dan lyk dit so  


Stap 6 en walla! As jy nou 
preview druk sal jou foto effens boontoe verskyn - as jy seker is dit is regte foto, kan jy maar 
post druk  

 Ek is geneig om die verkeerde foto te kies en moet maar vir veiligheid die preview-funksie inspan lol.

Hierdie laaaaaang manier wys jou fotos aan gaste en lede. Andersins soos ek reeds genoem het, is daar slegs 'n kruisie as die gaste inloer.