• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Naam vir boek twee

Started by PM, April 16, 2012, 09:28:09 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek sou graag voorstelle wil hoor vir die boek se naam.  Boek twee klink darem so onpersoonlik.
As jy vir 'n nuwe naam stem, bring asseblief jou voorstel. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek dink dit hang af daarvan of jy dieselfde of 'n ander voorblad gaan gebruik.
adéle  :grommit:

PM

Ek sal graag julle inset wil hoor.  As ons nie dieselfde buiteblad gebruik nie, moet ons iets kry wat by die tema aansluit of heeltemal iets anders?

Julle ouens, ek het drie swart jasse aan en die swart hond het my seer gebyt.  Kom toon tog 'n bietjie belangstelling asseblief voordat ek my polse afkou.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ekke was een (van die drie) wat tot nou gestem het vir RK&V no 2

PM

Baie dankie Raaitjie.  :love7:  Ek het ook gestem. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

gewoontlik wag mens met die title en inleiding totdat die vleis van die boek klaar is ...

as op dieselfde title besluit word, moet die vleis opvolg op eerste boek :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie vir jou inset Wils.  Boek twee sal dieselfde "vleis" as boek een hê.  Hopelik sal daar meer kuns in wees.  Dalk kan Fransi 'n plan maak met 'n paar bladsye, haar pragtige gedigte vir die digkompetisie moet net in die boek kom.
Ek is seker dat Louis van sy kunswerk gaan insit.  Dit moet net!
AB sal moet gaan toer om nuwe foto's te kry en dit sal gaaf wees as hy die wynbou kan beskryf.

Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

dan stem ek vir dieselfde naam no 2 - dit maak sin
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

ekke ook
'n nuwe naam gaan een vd twee afgeskeep laat voel

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

O absoluut stem ek vir RK&V 2.
Wat dan anders?
En noudat ons weet hoe die wiel draai, gaan dit sommer baie tyd spaar met die aanmekaarsit van RK&V2.

Ek sal vir Lewies aan sy ore gryp en sleep tot by daardie katprentjies van hom en hom forseer om dit in te sit.   :argue:
Lewies, take note.
elle

PM

Maak ons dan 'n nuwe omslag met 'n nuwe prentjie of hou ons dit dieselfde met net 'n "II" by?

Ja Lewies!  Het jy gehoor?
Om te weet is om te verstaan.

adele

ekke kuier    :wave:   met geleende internet, myne werk eers weer volgende maand. dus sal ek nie die volgende 10 dae saamkoffie nie.   :coffee2: 
PM, jy kan dieselfde omslag hou, maar ek stel voor jy kies 'n ander, maar soortgelyk as bundel 1, net sodat ons die verskil kan sien wanneer twee bundels langs mekaar is.

soos boeke wat dieselfde omslag het waarvan net die kleur verskil   :book1: 
my pennie in die pond, maar die besluit is julle s'n.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Ons sal jou mis Adéle.  Skryf maar solank 'n paar gedigstruktuur-voorbeelde. 

Ek sal hoor wat die ander ouens sê. Elkeen se inset is vir my belangrik.
Om te weet is om te verstaan.

adele

'besigwees' staan al op elke bladsy van hierdie jaar... het nie gedink ek sal iewers in my lewe so besig raak dat woorde sukkel om 'n le-plek in my gedagtes te kry nie, maar die wildveiling is nou verby, die oudit maak volgende week klaar en winter dwing al onder deur die agterdeur se gleufie deur. genoeg rede om die woordeboeke weer langs die skoottoppie te pak.    :love7:   
adéle  :grommit:

PM

Ek hoop regtig jy sal meer tyd kry om te skryf.
Ek het vanoggend na jou Pantoen gekyk en in die laaste strofe moet versreel 3 weer herhaal word.
Sal jy bietjie daarna kyk?

Om te weet is om te verstaan.