• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Didactic

Started by Meraai vannie Baai, January 23, 2012, 07:50:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hier het ons te doen met 'n struktuur wat aangewend word vir inligting/onderrig. Metrum en rym word toegepas sodat lesers/leerlinge makliker kan onthou waaroor die gedig/les gegaan het. Die Griekse digter, Hesiod (ook bekend as 'n oral poet) word beskou as die vader van hierdie struktuur. Seker die bekendste didactic was sy "Works and Days". Ek het 'n gedeelte daaruit so getrou moontlik probeer vertaal:

Dertig dae in September,
April, Junie en November.
Behalwe Februarie, het die
res, slegs een-en-dertig.

Ek het die struktuur ook toegepas na aanleiding van die volgende foto



Blou en wit, immer gewild -
die ontwerp deur eeue heen
nie verdwyn of gekwyn nie
en is dit nog steeds bemind;
vergaar en bewaar, voorwaar
deur oud en jonk; ieder een!

En toe byt die gogga my om die geskiedenis rondom hierdie skat van my ook vas te vang in versvorm en is die volgende gediggie geskep uit die legende rondom die gewilde ontwerp onder versamelaars:

Legende van die *"Blue Willow" 'n Verhalende Ekphrasis Struktuur

Lank gelede was daar 'n baie ryk ouman gewees
en hy het 'n pragtige dogter gehad - Hong Shee.
Sy het verlief geraak op die sekretaris van haar pa
genaamd Chang.

Die ryk man het 'n klip oor die pad van die
verliefde paartjie gerol en Hong Shee was
toegesluit in die kasteel.

En eendag, terwyl die donker wolke aangerol kom,
het sy ontsnap en die tweetjies het hand-aan-hand
oor die bruggie gehardloop na die wagtende bootjie.

'n Woeste storm het losgebars
en die bootjie het geskommel
en toe gekantel ...

Hong Shee en Chang het onder die water verdwyn;
op die horison het daar skielik twee voëls verskyn -
almal glo dit is die verliefde paartjie word oorvertel!

*toe antwoord Marie Theron so:  I.v.m die legende: Blou en wit Nanking porselein is in vroee Kaapse dae van Sjina na Engeland vervoer (hier in die Kaap was baie daarvan opgekoop voor dit Engeland bereik het). Die "legende" was 'n slim verkoop-tegniek van die Britte toe hulleself begin blou/wit porselein verkoop het. 'n "Sjinese"legende van Britse oorsprong!



PM

Daai versie van die dae in die maande het ek ook by my se moedertjie geleer! Net in Ingels!  :icon_biggrin: Sy het altyd 'n soortgelyke een opgesê van die boeke in die Bybel, maar daai een het ek nooit onder die knie gekry nie.   :icon_scratch:

Dit is 'n pragtige uitleg Raaitjie.  Knap gedaan! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het dit geniet om stof as voorbeeld te 'versamel'  :toothy4: dankie vir die mooi waardering uitgespreek PM  :notworthy:

Fransi

 :hello:

Dit is 'n baie interessant struktuur. Dit kan net lekker wees om te probeer. :-)

Meraai vannie Baai

My plek geboek Fransi  :book1: :love7: :hello2:

Meraai vannie Baai

Ek dink hierdie raad teen migraine van Naas, het genoeg onderrig van waarde, dat dit hier tuis hoort  :icon_biggrin:

Meester Naas se Mugrasie Vibrasies

As daai mugrasie jou weer so kafoefel
gooi jy so 'n lepeltjie rooipeper (Cayene pepper)
in 'n glas water en roer dit met spoed.
Dan gooi-sluk jy dit vinnig
en jou mugrasie vibrasie
is sommer gou beter.

:notworthy:


PM

 :hello2:  Dankie Raaitjie, dit pas perfek! 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

#7
Brand bedaar,

by die oond of strykplank
staan my velle al redelik lank.
Brandwonde gou-gou beter,
dan kan ek jou verseker,
bietjie van daai vanilla essense
oor die wond en siedaar...
die pyn het sowaar bedaar.


© Trapsoetjie

Meraai vannie Baai

Dankie vir die didaktiese raad Trappies.  :notworthy: :book1:

PM

Dit is goeie raad daardie.  Dankie vir 'n mooi gediggie Trappies.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Kinder koors,

die kindjie is warm verby
tuis bly of gou dokter toe ry?
Wag in die kas is brandewyn
om gou gou die koors te laat verdwyn!
Pappa en Mamma neem een groot sluk
en die kindtjie in brandewyn bad
gou-gou is almal weer kalm oppad!

© Ah,Willa!

Weet nou nie of dit het nie ... maar dit was 'n baie intersante artikel om te lees en die legende van die voels op die blou porselein ... wonder hoeveel legends van een kultuur is eintlik deur 'n ander geskep???   :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#11
Pappa en mamma neem een groot sluk heheheheheh ... Willa, daarna sal baba se geskreeu ook seker makliker hanteer kan word ne! Kosbaar as ons maters elkeen so kom deel. Lief dit!!

Net so tussen ons: Wie van julle het al die 'mampoernagmaal' uit 'Boerumoer' van Sarel Pieterse gelees? Hieheieheieh... ek was skeel gelag!

PM

Jy maak my nou net jaloers!  Kom deel 'n bietjie daarvan Raaitjie.

Pragtig Willa, ek hou sommer baie van hierdie raat, weet net nie hoeveel brandewyn om in die bad te gooi nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

En dan wou my ma weet hoekom ek my badwater drink. Toe ek haar vertel lek sy die prop af.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

O hallie ha! Nou kry jy seker gereeld koors!  :icon_biggrin:
(Lees gou jou e-pos oor jou boekprys.)
Om te weet is om te verstaan.