Author Topic: Didactic  (Read 10575 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Didactic
« on: January 23, 2012, 07:50:54 AM »
Hier het ons te doen met 'n struktuur wat aangewend word vir inligting/onderrig. Metrum en rym word toegepas sodat lesers/leerlinge makliker kan onthou waaroor die gedig/les gegaan het. Die Griekse digter, Hesiod (ook bekend as 'n oral poet) word beskou as die vader van hierdie struktuur. Seker die bekendste didactic was sy "Works and Days". Ek het 'n gedeelte daaruit so getrou moontlik probeer vertaal:

Dertig dae in September,
April, Junie en November.
Behalwe Februarie, het die
res, slegs een-en-dertig.
 
Ek het die struktuur ook toegepas na aanleiding van die volgende foto



Blou en wit, immer gewild -
die ontwerp deur eeue heen
nie verdwyn of gekwyn nie
en is dit nog steeds bemind;
vergaar en bewaar, voorwaar
deur oud en jonk; ieder een!

En toe byt die gogga my om die geskiedenis rondom hierdie skat van my ook vas te vang in versvorm en is die volgende gediggie geskep uit die legende rondom die gewilde ontwerp onder versamelaars:

Legende van die *"Blue Willow" 'n Verhalende Ekphrasis Struktuur

Lank gelede was daar 'n baie ryk ouman gewees
en hy het 'n pragtige dogter gehad - Hong Shee.
Sy het verlief geraak op die sekretaris van haar pa
genaamd Chang.
 
Die ryk man het 'n klip oor die pad van die
verliefde paartjie gerol en Hong Shee was
toegesluit in die kasteel.
 
En eendag, terwyl die donker wolke aangerol kom,
het sy ontsnap en die tweetjies het hand-aan-hand
oor die bruggie gehardloop na die wagtende bootjie.
 
'n Woeste storm het losgebars
en die bootjie het geskommel
en toe gekantel ...
 
Hong Shee en Chang het onder die water verdwyn;
op die horison het daar skielik twee voëls verskyn -
almal glo dit is die verliefde paartjie word oorvertel!
 
*toe antwoord Marie Theron so:  I.v.m die legende: Blou en wit Nanking porselein is in vroee Kaapse dae van Sjina na Engeland vervoer (hier in die Kaap was baie daarvan opgekoop voor dit Engeland bereik het). Die "legende" was 'n slim verkoop-tegniek van die Britte toe hulleself begin blou/wit porselein verkoop het. 'n "Sjinese"legende van Britse oorsprong!



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #1 on: January 23, 2012, 08:06:46 AM »
Daai versie van die dae in die maande het ek ook by my se moedertjie geleer! Net in Ingels!  :icon_biggrin: Sy het altyd 'n soortgelyke een opgesê van die boeke in die Bybel, maar daai een het ek nooit onder die knie gekry nie.   :icon_scratch:

Dit is 'n pragtige uitleg Raaitjie.  Knap gedaan! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #2 on: January 23, 2012, 08:11:13 AM »
Ek het dit geniet om stof as voorbeeld te 'versamel'  :toothy4: dankie vir die mooi waardering uitgespreek PM  :notworthy:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Didactic
« Reply #3 on: January 23, 2012, 08:12:21 AM »
 :hello:

Dit is 'n baie interessant struktuur. Dit kan net lekker wees om te probeer. :-)

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #4 on: January 23, 2012, 08:13:14 AM »
My plek geboek Fransi  :book1: :love7: :hello2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #5 on: February 17, 2012, 01:54:48 AM »
Ek dink hierdie raad teen migraine van Naas, het genoeg onderrig van waarde, dat dit hier tuis hoort  :icon_biggrin:

Meester Naas se Mugrasie Vibrasies

As daai mugrasie jou weer so kafoefel
gooi jy so 'n lepeltjie rooipeper (Cayene pepper)
in 'n glas water en roer dit met spoed.
Dan gooi-sluk jy dit vinnig
en jou mugrasie vibrasie
is sommer gou beter.

 :notworthy:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #6 on: February 17, 2012, 12:16:15 PM »
 :hello2:  Dankie Raaitjie, dit pas perfek! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Didactic
« Reply #7 on: March 15, 2012, 11:53:50 AM »
Brand bedaar,

by die oond of strykplank
staan my velle al redelik lank.
Brandwonde gou-gou beter,
dan kan ek jou verseker,
bietjie van daai vanilla essense
oor die wond en siedaar...
die pyn het sowaar bedaar.


© Trapsoetjie
« Last Edit: March 17, 2012, 07:39:16 AM by PM »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #8 on: March 16, 2012, 08:43:15 PM »
Dankie vir die didaktiese raad Trappies.  :notworthy: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #9 on: March 17, 2012, 07:40:05 AM »
Dit is goeie raad daardie.  Dankie vir 'n mooi gediggie Trappies.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Didactic
« Reply #10 on: March 18, 2012, 02:18:00 PM »
Kinder koors,

die kindjie is warm verby
tuis bly of gou dokter toe ry?
Wag in die kas is brandewyn
om gou gou die koors te laat verdwyn!
Pappa en Mamma neem een groot sluk
en die kindtjie in brandewyn bad
gou-gou is almal weer kalm oppad!

© Ah,Willa!

Weet nou nie of dit het nie ... maar dit was 'n baie intersante artikel om te lees en die legende van die voels op die blou porselein ... wonder hoeveel legends van een kultuur is eintlik deur 'n ander geskep???   :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #11 on: March 19, 2012, 04:08:04 AM »
Pappa en mamma neem een groot sluk heheheheheh ... Willa, daarna sal baba se geskreeu ook seker makliker hanteer kan word ne! Kosbaar as ons maters elkeen so kom deel. Lief dit!!

Net so tussen ons: Wie van julle het al die 'mampoernagmaal' uit 'Boerumoer' van Sarel Pieterse gelees? Hieheieheieh... ek was skeel gelag!
« Last Edit: March 19, 2012, 04:09:58 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #12 on: March 19, 2012, 10:09:31 AM »
Jy maak my nou net jaloers!  Kom deel 'n bietjie daarvan Raaitjie.

Pragtig Willa, ek hou sommer baie van hierdie raat, weet net nie hoeveel brandewyn om in die bad te gooi nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Didactic
« Reply #13 on: March 19, 2012, 11:10:02 AM »
En dan wou my ma weet hoekom ek my badwater drink. Toe ek haar vertel lek sy die prop af.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #14 on: March 19, 2012, 11:27:21 AM »
O hallie ha! Nou kry jy seker gereeld koors!  :icon_biggrin:
(Lees gou jou e-pos oor jou boekprys.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Didactic
« Reply #15 on: March 19, 2012, 01:16:24 PM »
Een proppie innie badwater is genoeg - grootmense met moeg en seer lywe kan dit ook doen :-)

as koors baie hoog is, wat 'n skotteltjie water en gooi hom met die brandewyn,
spons kindjie af onder arms, waai van kniee, lieste, en ooral oor - hulle skreeu soos maervartjies
dis taai en stink - maar koors is nie sterk genoeg om brandewyn te oorleef nie :-)  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Didactic
« Reply #16 on: March 19, 2012, 03:05:39 PM »
Brandewyn gee my wingerdkoors en die nasleep is slingervelsiekte.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #17 on: March 19, 2012, 10:00:48 PM »
Oe eita, en ek dag nog al die tyd die nagevolg is dat jy jou badwater drink, want jy is veronderstel om brandewyn in jou badwater te gooi, as jy koors het, jy is nie veronderstel om 'n "nuwe" koors te ontwikkel omdat jy brandewyn in jou badwater wil hê nie! Eish! Bou nou 'n nasie met
so 'n volk!  :icon_biggrin: Ouma help! Waar kry jy hierdie welpie?  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #18 on: March 20, 2012, 02:41:11 AM »
Sjieee ek moet ergens tyd steel en nuwe mandjie bring, hier is soveel gesegdes wat my hart steel  :book1: :love7:
PM ek sal biekie daai mampoerstorie in paragraaf saamvat en kom deel hoor  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #19 on: March 20, 2012, 08:49:17 AM »
Dankie Raaitjie.  Ek hoop van harte dat almal gou weer flink sal saamkuier om daardie mandjies vol te hou.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #20 on: April 20, 2012, 12:57:38 AM »
Van die rak afgehaal uit die ou woordskuur  :toothy4:

Verskoon die stankie tussen die lyntjies ...
 so pas die voordele van knoffel besef
 en sommer so vir die wis en onwis
 die rottegif eenkant toe geskuif
 en paar huisies knoffel afgewurg
 saam met 'n skeppie roomys.

 Glo uitstekend vir gesonde harte
 en help met die probleem
 van 'n bedorwe bloedsirkulasie
 en voorkoming van klontvorming.

 Of die ouens ons belieg
 sal ek nie met my hand op my hart
 hier kan belowe nie, maar...
 hierdie knofffel-wyshede
 kan straks 'n hoofweg
 na beter gesondheid,
 vir ons almal inhou!

© Meraai vannie baai

Piet Magriet:
 Knoffel
 hou
 ook
 vampiere
 weg!
 ©

Speel ons lekker verder met die rate:

Meraai:
 Koekemakranka
 Goed vir die kranke
 Vleibrand
 Voël Fisant…
 
TGG©
 
Hierdie is blykbaar een van die rympies wat die oumense gebruik het om die boererate meer toe(gif)geeflik te maak vir die pasient.  Die Hollandse setlaars het geglo dat die vrugte voordelig vir jou maag was. Hulle het koekemakranka-vrugte by brandewyn gevoeg en dit gebruik as lekker medisyne wat hulle “koekemakrankabrandewyn” genoem het.
 
Piet Magriet
 Witgatwortel,
 "gaat" my maat
 is boereraat,
 hulle het dit weer
 by die Khoi geleer.
 ©

Dit is waar "broodboom" sy naam vandaan gekry het. Hulle het die vrug daarvan gemaal vir meel.

Koekemakranka en patattaranka?
Ek sal moet gaan soekka my dolla.
Ek sal van daai medisyne hou!
©
 
Naas
 "Wanneer kasterolie praat
 is daar storms my maat.
 In die emmer,
 ja, in die emmer."
 ©

Speensalf duet:  :toothy4:

Naas
 Speensalf en perresalf,
 (altwee ko-operasie aankope)
 help vir baie dinge.
 (Maar nie vir hart probleme nie.)
 ©

Piet Magriet
Mens weet nooit, die spene
lê darem na aan die hart jongie.
©

*aangedra en gedeel vanuit die vorige boekie van woorde
http://www.woesblog.com/vanuit-ons-verskombuis
« Last Edit: May 21, 2012, 11:31:20 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #21 on: May 21, 2012, 04:52:50 AM »
Ons vier die 250ste verjaardag van die "Toebroodjie"

John Montagu, 'the 4th Earl of Sandwich', het glo gehou van dobbel
maar nie van olierige hande; bestel dus sy vleis, knussies verpak
tussen twee snye brood, vandaar soek almal 'the same as Sandwich'

© Meraai vannie baai
« Last Edit: May 21, 2012, 05:12:06 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #22 on: May 21, 2012, 04:57:55 AM »
Nou toe nou... en wat sal ons daarby drink terwyl ons dobbel?
Dalk kan AB vir ons 'n wyntjie voorstel.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Didactic
« Reply #23 on: May 21, 2012, 05:01:47 AM »
 :toothy4: My plek geboek Angelica!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Didactic
« Reply #24 on: May 21, 2012, 04:15:00 PM »
O gonna, ek weet wat AB sal aanbeveel:
Van "ons eie Madonna",
en/of 'n kardoesie in sy geheel.
Om te weet is om te verstaan.