• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Didactic

Started by Meraai vannie Baai, January 23, 2012, 07:50:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Een proppie innie badwater is genoeg - grootmense met moeg en seer lywe kan dit ook doen :-)

as koors baie hoog is, wat 'n skotteltjie water en gooi hom met die brandewyn,
spons kindjie af onder arms, waai van kniee, lieste, en ooral oor - hulle skreeu soos maervartjies
dis taai en stink - maar koors is nie sterk genoeg om brandewyn te oorleef nie :-)  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Brandewyn gee my wingerdkoors en die nasleep is slingervelsiekte.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Oe eita, en ek dag nog al die tyd die nagevolg is dat jy jou badwater drink, want jy is veronderstel om brandewyn in jou badwater te gooi, as jy koors het, jy is nie veronderstel om 'n "nuwe" koors te ontwikkel omdat jy brandewyn in jou badwater wil hê nie! Eish! Bou nou 'n nasie met
so 'n volk!  :icon_biggrin: Ouma help! Waar kry jy hierdie welpie?  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sjieee ek moet ergens tyd steel en nuwe mandjie bring, hier is soveel gesegdes wat my hart steel  :book1: :love7:
PM ek sal biekie daai mampoerstorie in paragraaf saamvat en kom deel hoor  :toothy4:

PM

Dankie Raaitjie.  Ek hoop van harte dat almal gou weer flink sal saamkuier om daardie mandjies vol te hou.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#20
Van die rak afgehaal uit die ou woordskuur  :toothy4:

Verskoon die stankie tussen die lyntjies ...
so pas die voordele van knoffel besef
en sommer so vir die wis en onwis
die rottegif eenkant toe geskuif
en paar huisies knoffel afgewurg
saam met 'n skeppie roomys.

Glo uitstekend vir gesonde harte
en help met die probleem
van 'n bedorwe bloedsirkulasie
en voorkoming van klontvorming.

Of die ouens ons belieg
sal ek nie met my hand op my hart
hier kan belowe nie, maar...
hierdie knofffel-wyshede
kan straks 'n hoofweg
na beter gesondheid,
vir ons almal inhou!

© Meraai vannie baai

Piet Magriet:
Knoffel
hou
ook
vampiere
weg!
©

Speel ons lekker verder met die rate:

Meraai:
Koekemakranka
Goed vir die kranke
Vleibrand
Voël Fisant...

TGG©

Hierdie is blykbaar een van die rympies wat die oumense gebruik het om die boererate meer toe(gif)geeflik te maak vir die pasient.  Die Hollandse setlaars het geglo dat die vrugte voordelig vir jou maag was. Hulle het koekemakranka-vrugte by brandewyn gevoeg en dit gebruik as lekker medisyne wat hulle "koekemakrankabrandewyn" genoem het.

Piet Magriet
Witgatwortel,
"gaat" my maat
is boereraat,
hulle het dit weer
by die Khoi geleer.
©

Dit is waar "broodboom" sy naam vandaan gekry het. Hulle het die vrug daarvan gemaal vir meel.

Koekemakranka en patattaranka?
Ek sal moet gaan soekka my dolla.
Ek sal van daai medisyne hou!
©

Naas
"Wanneer kasterolie praat
is daar storms my maat.
In die emmer,
ja, in die emmer."
©

Speensalf duet:  :toothy4:

Naas
Speensalf en perresalf,
(altwee ko-operasie aankope)
help vir baie dinge.
(Maar nie vir hart probleme nie.)
©

Piet Magriet
Mens weet nooit, die spene
lê darem na aan die hart jongie.
©

*aangedra en gedeel vanuit die vorige boekie van woorde
http://www.woesblog.com/vanuit-ons-verskombuis

Meraai vannie Baai

#21
Ons vier die 250ste verjaardag van die "Toebroodjie"

John Montagu, 'the 4th Earl of Sandwich', het glo gehou van dobbel
maar nie van olierige hande; bestel dus sy vleis, knussies verpak
tussen twee snye brood, vandaar soek almal 'the same as Sandwich'

© Meraai vannie baai

Angelica

Nou toe nou... en wat sal ons daarby drink terwyl ons dobbel?
Dalk kan AB vir ons 'n wyntjie voorstel.
elle

Meraai vannie Baai

 :toothy4: My plek geboek Angelica!

PM

O gonna, ek weet wat AB sal aanbeveel:
Van "ons eie Madonna",
en/of 'n kardoesie in sy geheel.
Om te weet is om te verstaan.