hie hie hie ekke lag ook nog vir die prentjie, maar ek is seker ekke gaat nie Saterdag lag nie. Sus en die kamermaat het ook al klaar 'n meningsverskilletjie gehad en hulle het mekaar nog nie eens gesien nie. ai toggie.
Baie dankie vir die goeie wense. Ekke waardeer opreg. Sus het werklik goed presteer en ons is baie trots op haar. Ek het die volste vertroue dat die onafwendbare verandering wat sy sal ondergaan, 'n positiewe ene sal wees. Ons is mos ook maar daardeur en daar is duisende ouers wat daardeur gaan. Ons sal "fine" wees. Ek het nou met die voorsitter van die OR by ons skool gesels. Hulle dogter is Potch toe. Daai grote man, verkrummel sommer soos hy vertel van die week se verlange en die gereelde nagtelike "opcheck" wat hom nou by 'n leë bed bring. Die verlange kronkel sommer so deur die woorde. Nee o griet. Kom ons lag liewers.
So vat Ousus gister vir Kleinsus skool toe. Sy kom huil huil by die huis aan - amper n uur daarna eers. Ek vra en nou? Ek huil omdat ek my sussie alleen by daardie skool moes los en Grace (my ma se huishulp en haar swart mamma) het kom groet en ek gaan haar nie weer sien voor kersfees nie. Hahahaha, toe troos ek maar, met 'n skewe smaailtjie, want Grace sal haar beslis bel en verseker naweke kom groet as sy huis toe kom.