• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gawelientjie se Anchen.

Started by PM, January 11, 2012, 09:17:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Baie geluk Gawelientjie, aan jou en Anchen, met die pragtige matriekresultate.  Anchen, ons hoop jy gaan baie gelukkig wees by Kovsies en so besig wees dat jy skoon sal vergeet om huistoe te verlang.   :icon_biggrin:

Ek verstaan julle het 'n "sakdoekie" opgespoor wat darem groot genoeg is vir die verdrietigheid.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

 :hello2: :hello2: :hello2: Baie geluk. Dis nie die einde nie, maar eerder die begin van die res van jou lewe.  :hello2: :hello2: :hello2:
:angel12:

Meraai vannie Baai

Baie baie geluk ook van ons kant af nooi! Weet jy gaan geniet en ek het my plekkie geboek vir die vertellinge en sneppies wat gaan kom. Veral die grootgroet en daai 'sakdoekie' se uithaalslag  :toothy4: Sterkte met alles wat vir jou wag op hierdie splinternuwe hoofweg op jou lewenspad  :love7:

Naas

 :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:
Ek is so bly ek ken vir julle mooi, slim mense.
Die pad vorentoe sal vol op- en afraendes wees maar die rose langs die pad sal altyd in vol blom staan vir julle.
Geniet die nuwe uitdagings. (ook die skeiding is nie altyd sleg nie!)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Gawelientjie, kom vertel van die "sakdoekie".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hiehiehiehie .... ek was gister verkrukkeld gelag deur net die toneeltjie vir myself voor te stel  :toothy4: My plek gaboek juffrou Gawes!!

Gawelina

hie hie hie  ekke lag ook nog vir die prentjie, maar ek is seker ekke gaat nie Saterdag lag nie.  Sus en die kamermaat het ook al klaar 'n meningsverskilletjie gehad en hulle het mekaar nog nie eens gesien nie. ai toggie.

Baie dankie vir die goeie wense. Ekke waardeer opreg. Sus het werklik goed presteer en ons is baie trots op haar.  Ek het die volste vertroue dat die onafwendbare verandering wat sy sal ondergaan, 'n positiewe ene sal wees.  Ons is mos ook maar daardeur en daar is duisende ouers wat daardeur gaan. Ons sal "fine" wees.  Ek het nou met die voorsitter van die OR by ons skool gesels. Hulle dogter is Potch toe. Daai grote man, verkrummel sommer soos hy vertel van die week se verlange en die gereelde nagtelike "opcheck" wat hom nou by 'n leë bed bring.  Die verlange kronkel sommer so deur die woorde. Nee o griet. Kom ons lag liewers.

So vat Ousus gister vir Kleinsus skool toe.  Sy kom huil huil by die huis aan - amper n uur daarna eers.  Ek vra en nou?  Ek huil omdat ek my sussie alleen by daardie skool moes los en Grace (my ma se huishulp en haar swart mamma) het kom groet en ek gaan haar nie weer sien voor kersfees nie. Hahahaha, toe troos ek maar, met 'n skewe smaailtjie, want Grace sal haar beslis bel en verseker naweke kom groet as sy huis toe kom.

PM

Ag lief sustertjie, nou leef julle maar vir daardie naweke en klein "skoolvakansietjies".  Weet net een ding verseker, dit is dat julle mekaar wel gaan sien en 'n klomp kletspraatjies uitruil.
Ek verstaan tog so goed en wens julle net alle sterkte toe en voorspoed vir die styl opdraende wat voorlê!  Een van die mooi dae is dit ook iets van die verlede. 

Ons wou eintlik geweet het van die "sakdoekie"!
Om te weet is om te verstaan.

Janie

My jongste gaan oorsee vir 'n "lapjaar".  Ons gaan mekaar vreeslik mis.  Sterkte Gawelina.

Gawelina

O krisis Janie, as 350 km my so uit"freak" wil ek nie weet wat oorsee gaan doen nie. Baie meer sterkte vir jou hoor.

Janie

 :icon_biggrin: Toe verdwaal ek in die doolhof.   :icon_biggrin:  Dit sal my nog 'n rukkie neem om die forum gewoond te raak. 

Ons woon in Pretoria en toe my oudste kind Kaapstad toe is vir haar studies 'n paar jaar gelede, het ek gedink die wêreld is onder my voete uitgeruk.  My man is oorlede toe die twee nog baie klein was en as alleenouer het dit baie dae opdraand gegaan.  Moenie worry nie, mens raak dit gou gewoond. 

PM

Gawelientjie, kom vertel van die "sakdoekie".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Gawie gevra ek moet die klikbekkiebewyse kom vasmaak vir julle. Sy's biekie droewig oppie oomblik  :crybaby2:


Angelica

Ai jinne, maar dit is 'n droewige tyd vir die mammas en die pappas van hierdie land so vroeg in die jaar.
Gawie en Janie, sterkte vir julle.  Troos?  Huil maar.  As julle die kinders weer sien, is hulle goed ingebed in die koshuise en nuwe woonstelle.
Nou begin die baie bid. Kniee is eelte van neerval net daar waar jy is en gou eers weer bid vir jou kind se veiligheid.

Toe ek Kaap toe trek vanaf die Vrystaat, het my enigste in Welkom Gimnasium agter gebly om sy laaste twee jaar van skool klaar te maak. Dit was sy wens. (Ek dink hy sou nog beter gevaar het in die Kaap. Maar dit daar gelaat).
Ek was byna dood van verlange. Het hom darem met skool vakansies gesien as hy nie Plett toe is na die familie vir vakansie nie.
Baie gehuil. Baie.
Ek sien nou die dag 'n kommentaar van hom op 'n forum waarin hy se dat hy my ewig dankbaar is dat ek besluit het om Kaap toe te kom en dat hy moes volg.

Vasbyt julle.  Dit is nie lekker as jou kind die nes verlaat.  En as jy net die een het, is dit baie moeilik.
elle

Lox

Gawie baie geluk vir die meisiekind en sterkte vir julle almal vir die jaar wat kom.

Ek en vroulief sal ook nou voel hoe voel die leë huis, Anton het ook matriek klaar gemaak en gaan ook in die Bos studeer vanjaar. Ons het darem geoefen met die 2 wat in die koshuis was en net naweke huistoe gekom het.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.