Ek is absoluut gek na hierdie gedigstruktuur. Dit pas my soos 'n handskoen. Ek kan nie die spesifieke gedig kry waarna ek nou soek nie en my verlede sintuie het soos mis voor die son verdwyn. Daarom plaas ek ene wat ek nog nooit voorheen geplaas het nie. Dis nie die beste nie, maar voldoen aan sintuie.
As jy dalk na my verlang...
As jy dalk na my verlang,
soek my in die wind,
want dis waar ek saggies
jou naam fluister elke aand.
As jy dalk na my verlang,
soek my in die dou
wat op die blomme blink,
want dis my trane wat
op my wange drup vannaand.
As jy dalk na my verlang,
soek my in die aandblom
se soet towergeur,
want dis ons wierook
samesyn elke aand.
As jy dalk na my verlang,
soek my in ‘n beker
warmsoet koffie,
want dit was ons laaste
saamwees daardie aand.
As jy dalk na my verlang,
soek my in ‘n warm druk,
want dit is ons enigste
onthou gevoel vannaand.