Author Topic: Hoe nou gemaak?  (Read 17110 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Hoe nou gemaak?
« on: November 29, 2011, 05:47:18 PM »
Edgars rekening. Toegemaak.
'n Fooi van R6.00 kom nog by daarom bly rekening oop en omdat ons nie bewus is daarvan nie word my seun geswartlys... oor R6.00 verdomde rand.
Ons gaan baklei daaroor en hulle haal die ses rand af maar om sy naam van die swartlys af te kry moet ons deur 'n prokureer werk. R2500 fooi.
Sy aansoek om motorfinansiering kan nie deurgaan nie a.g.v. die R6.00
Sonder vervoer staan hy nou 'n kans om 'n inkomste van R12.000 per maand te verloor.

Swartlys is in orde maar ek voel dat dit beperk moet word tot 'n minimum bedrag.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #1 on: November 29, 2011, 07:28:20 PM »
Absoluut bleddie dinges.  Daar moet 'n manier wees hoe hulle hom van die swartlys kan afkry.
Kan Edgars nie hul proks skakel en se jou seun het betaal ?
Sekerlik moet daar iemand erens wees wat iets kan doen !!!

Begin by Edgars Hoofkantoor en werk dit van daar af.
As julle kan bewys dat julle nooit 'n rekening vir daardie R6 gekry het nie, kan hulle hom nie sommer black list nie.
Kyk na die adres.
Waarvoor is die R6?  Wat charge hulle hul klient met R6 ?
Ab bleddie surd.

As jy die storie vertel sal iemand erens julle tegemoet kom.
Daardie fooie is hopeloos te veel. Dis bribery.
As dit met 'n fooi afgehaal kan word, kan dit ook gebeur met 'n baie kleiner fooi.
Daarvan is ek seker.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #2 on: November 30, 2011, 05:46:04 AM »
'n paar jaar gelede het edgars 'n prokureursbrief aan my gestuur, die eerste korrespondensie na ek 'n paar jaar tevore my rekening gesluit het.

ek kan ook nie die bedrag, glo verskuldig onthou nie, maar onthou dit was buite my vermoë. rede: ek het nie die edgarsklub bedank toe ek my rekening gesluit het nie en daarom is daar maandeliks klubgelde by my rekening gevoeg.
ek moes spesiaal ingaan na 'n winkel toe, wat nogal moeilik was op daardie tydstip, en 'n complaint vorm invul, en na 'n maandelange baklei, het edgars my 'n brief kon gee dat ek niks skuld nie, ek het ook nie daardie sg klubgelde betaal nie. ek was so moedeloos. nodeloos om te sê, ek hou verby hulle winkeldeure.
adéle  :grommit:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #3 on: November 30, 2011, 07:27:13 AM »
My vrou sê sy hou ook verby Edgars. So paar jaar gelede wou sy daar koop en kontant betaal toe weet hulle nie wat om met die kontant te maak nie, hulle is heel onkant gevang met kontant.

Wonder hoeveel ongeleerde mense word deur hulle gevang soos ons plaaswerkers. 
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #4 on: November 30, 2011, 08:17:14 AM »
 :hello:

Dieselfde het met my man gebeur, maar by Woolworths. (Spel ek ooit hulle naam reg?)
Dit was ook 'n baie klein bedraggie (R20 of R30) en sover hy weet het hy ook alles betaal, voordat hy die rekening destyds gesluit het. Dit het egter gemaak dat ons eerste aansoek om 'n huislening afgekeur is. Sterkte en ek hoop jy kom reg. Ek sal probeer onthou om vanaand vir my man te vra wat hy gedoen het om van die swartlys af te kom.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #5 on: November 30, 2011, 08:57:02 AM »
Ona was by Edgars se proks en hul het die R6 afgeskryf en die rekening finaal toegemaak. Hulle het ook 'n brief geskryf om te bevestig dat ons niks skuld nie maar die aantekening op die swartlys kan dalk weke vat voor dit "verdwyn" want dit moet eers deur die "stelsel" gaan. Intussen is ons hande afgekap.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #6 on: November 30, 2011, 09:53:30 AM »
Ek is so jammer. Dit is regtig sleg wanneer soiets met 'n mens gebeur.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #7 on: November 30, 2011, 10:07:18 AM »
Lyk my dit bly gevaarlik om by winkels 'n rekening oop te maak, met die slenters waarmee mens agterna gevang word.

Ons moet onthou winkels is nie daar om ons tot diens te wees nie maar om te kyk hoeveel geld hulle op enige manier uit ons sakke in hulle sakke kan kry. Net so met die banke.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #8 on: November 30, 2011, 11:16:09 AM »
Jy's reg Lox. Die dae toe Oom Isak en Ta Sarah hulle kliente persoonlik geken en gehelp het is verby. Deesdae sit Piet in 'n kantoor en patience speel op sy laptop terwyl die onpersoonlike winkelassistente 'n Joodse tikmasjien (kasregister) gebruik om sy geld te oes.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #9 on: November 30, 2011, 11:52:31 AM »
van onpersoonlik gepraat....dis darem erg hoe dikbek en onbehulpsaam sommige werkers in die winkels is.

ek kla sommer baie vinnig by die bestuurder oor swak diens in 'n winkel, en of hy dan iets daaraan doen weet ek nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #10 on: November 30, 2011, 07:43:00 PM »
ek kan jou belowe die winkel bestuurder het iets daaraan gedoen - hy vee sy gat daaraan af

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #11 on: December 01, 2011, 06:10:40 AM »
Ek kan nie glo dat ses rand in hierdie land so 'n geweldige repurkussie kan veroorsaak nie.  Hoeveel papierwerk en man-ure neem dit in beslag, vir ses rand?  Ek skud net my kop!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #12 on: December 01, 2011, 08:38:35 AM »
Die hartseer agter die hele verhaal is dat Saners almal as skelms gesien word omdat daar so baie skelms is. Jy wat altyd eerlik is is gedurig in die moeilikheid omdat jyy nie jou geraamtes wegsteek nie maar die donnerse skelms kom met alles weg omdat hulle net hul beste voetjie voorsit en weet hoe om die stelsel te omseil.
Eerlikheid is die land se slaansak.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #13 on: December 01, 2011, 09:20:28 AM »
Ons het die naweek oor presies dieselfde probleem gepraat.  Hoe meer jy skuld, hoe meer skuld kan jy kry.  Die ou wat nie skuld het nie kan maar vergeet.
Ons het huurders wat vir maande lank nie hulle kragrekening betaal nie en hulle het nog krag.  Ons word sommer drie dae voor die betaaldatum gedreig!  Hoe werk dit? 
In Vinstra het ons 'n voorafbetaalde meter laat insit, al Aprilmaand verlede jaar.  Ons kry nog steeds 'n rekening vir krag elke maand.  Die eerste drie maande het ons dit betaal, so hulle skuld ons 'n klomp geld, maar die meter word afgesny en ons word met die hof gedreig!  Hannes was al van bakboord na stuurboord gestuur en ons kry net niks uitgerig nie.  Wat 'n klug!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #14 on: December 01, 2011, 09:44:31 AM »
Sjoe PM, ek hoop julle kom reg. Ons verwag nou ook 'n yslike rekening, maar dit is omdat hulle vir amper vier maande net 'n rekening gestuur het vir die water. Ek het darem met my navrae dit reggekry dat iemand nou gister uiteindelik 'n lesing kom neem het. Ons hoop maar dat die geld wat ons elke maand vir dit weggesit het, genoeg is.