Nou gee ek heeltemal boedel oor.
Ek, Naas Breytenbach, het nou sy lewenskwota van kak met karre gehad. En hulle moenie met die nonsens kom dat ek depressief is nie of dat alles in die lewe 'n doel het nie.
Op pad om die stukkende bakkie in te gee, gee hy my vir oulaas 'n Pap wiel as afskeidsgeskenk.
Gister kry ek die nuwe bakkie waarvoor ek moes teken omdat Wouter nie finansiering kan kry nie en hy die bakkie dringend nodig het vir sy nuwe werk. Die bakkie ry baie lekker... en vanoggend weier hy doodeenvoudig om te vat.
Die Matiz staan. Die golf is op sy laaste asem en die nuwe donnerse bakkie ry nie. Wouter is met die Golf werk toe en Naas sit soos 'n Jannie vrekramp met die vervoerprobleem en 'n nuwe stukkende bakkie.
Ek wil WEET. Waar is die regverdigheid in hierdie lewe? Ek het ALLES in my vermoe gedoen om my seun te help soos dit 'n goeie pa betaam en op die einde sit ek met die poef.
Ek gaan nou al my karre verkoop. My vrou kan haar golf hou as sy wil, maar ek gaan nerens meer heen waar 'n fiets my nie kan vat nie. En as die bleddie fiets breek stap ek verder.
'n Mens kan wragtag net soveel voor jy jou kwota vol het en glo my. Nie net my kwota is vol nie, ek is ook gatvol.
Se die een gatomdenkende snotvreter vir my , "Almal het maar een of ander tyd probleme met hul motor"
Ja reg! "Een of ander tyd" nie "Die hele fokken tyd nie."