Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Naas on November 29, 2011, 05:47:18 PM

Title: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on November 29, 2011, 05:47:18 PM
Edgars rekening. Toegemaak.
'n Fooi van R6.00 kom nog by daarom bly rekening oop en omdat ons nie bewus is daarvan nie word my seun geswartlys... oor R6.00 verdomde rand.
Ons gaan baklei daaroor en hulle haal die ses rand af maar om sy naam van die swartlys af te kry moet ons deur 'n prokureer werk. R2500 fooi.
Sy aansoek om motorfinansiering kan nie deurgaan nie a.g.v. die R6.00
Sonder vervoer staan hy nou 'n kans om 'n inkomste van R12.000 per maand te verloor.

Swartlys is in orde maar ek voel dat dit beperk moet word tot 'n minimum bedrag.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Angelica on November 29, 2011, 07:28:20 PM
Absoluut bleddie dinges.  Daar moet 'n manier wees hoe hulle hom van die swartlys kan afkry.
Kan Edgars nie hul proks skakel en se jou seun het betaal ?
Sekerlik moet daar iemand erens wees wat iets kan doen !!!

Begin by Edgars Hoofkantoor en werk dit van daar af.
As julle kan bewys dat julle nooit 'n rekening vir daardie R6 gekry het nie, kan hulle hom nie sommer black list nie.
Kyk na die adres.
Waarvoor is die R6?  Wat charge hulle hul klient met R6 ?
Ab bleddie surd.

As jy die storie vertel sal iemand erens julle tegemoet kom.
Daardie fooie is hopeloos te veel. Dis bribery.
As dit met 'n fooi afgehaal kan word, kan dit ook gebeur met 'n baie kleiner fooi.
Daarvan is ek seker.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: adele on November 30, 2011, 05:46:04 AM
'n paar jaar gelede het edgars 'n prokureursbrief aan my gestuur, die eerste korrespondensie na ek 'n paar jaar tevore my rekening gesluit het.

ek kan ook nie die bedrag, glo verskuldig onthou nie, maar onthou dit was buite my vermoë. rede: ek het nie die edgarsklub bedank toe ek my rekening gesluit het nie en daarom is daar maandeliks klubgelde by my rekening gevoeg.
ek moes spesiaal ingaan na 'n winkel toe, wat nogal moeilik was op daardie tydstip, en 'n complaint vorm invul, en na 'n maandelange baklei, het edgars my 'n brief kon gee dat ek niks skuld nie, ek het ook nie daardie sg klubgelde betaal nie. ek was so moedeloos. nodeloos om te sê, ek hou verby hulle winkeldeure.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Lox on November 30, 2011, 07:27:13 AM
My vrou sê sy hou ook verby Edgars. So paar jaar gelede wou sy daar koop en kontant betaal toe weet hulle nie wat om met die kontant te maak nie, hulle is heel onkant gevang met kontant.

Wonder hoeveel ongeleerde mense word deur hulle gevang soos ons plaaswerkers. 
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Fransi on November 30, 2011, 08:17:14 AM
 :hello:

Dieselfde het met my man gebeur, maar by Woolworths. (Spel ek ooit hulle naam reg?)
Dit was ook 'n baie klein bedraggie (R20 of R30) en sover hy weet het hy ook alles betaal, voordat hy die rekening destyds gesluit het. Dit het egter gemaak dat ons eerste aansoek om 'n huislening afgekeur is. Sterkte en ek hoop jy kom reg. Ek sal probeer onthou om vanaand vir my man te vra wat hy gedoen het om van die swartlys af te kom.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on November 30, 2011, 08:57:02 AM
Ona was by Edgars se proks en hul het die R6 afgeskryf en die rekening finaal toegemaak. Hulle het ook 'n brief geskryf om te bevestig dat ons niks skuld nie maar die aantekening op die swartlys kan dalk weke vat voor dit "verdwyn" want dit moet eers deur die "stelsel" gaan. Intussen is ons hande afgekap.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Fransi on November 30, 2011, 09:53:30 AM
Ek is so jammer. Dit is regtig sleg wanneer soiets met 'n mens gebeur.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Lox on November 30, 2011, 10:07:18 AM
Lyk my dit bly gevaarlik om by winkels 'n rekening oop te maak, met die slenters waarmee mens agterna gevang word.

Ons moet onthou winkels is nie daar om ons tot diens te wees nie maar om te kyk hoeveel geld hulle op enige manier uit ons sakke in hulle sakke kan kry. Net so met die banke.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on November 30, 2011, 11:16:09 AM
Jy's reg Lox. Die dae toe Oom Isak en Ta Sarah hulle kliente persoonlik geken en gehelp het is verby. Deesdae sit Piet in 'n kantoor en patience speel op sy laptop terwyl die onpersoonlike winkelassistente 'n Joodse tikmasjien (kasregister) gebruik om sy geld te oes.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Lox on November 30, 2011, 11:52:31 AM
van onpersoonlik gepraat....dis darem erg hoe dikbek en onbehulpsaam sommige werkers in die winkels is.

ek kla sommer baie vinnig by die bestuurder oor swak diens in 'n winkel, en of hy dan iets daaraan doen weet ek nie.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Louis on November 30, 2011, 07:43:00 PM
ek kan jou belowe die winkel bestuurder het iets daaraan gedoen - hy vee sy gat daaraan af
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 01, 2011, 06:10:40 AM
Ek kan nie glo dat ses rand in hierdie land so 'n geweldige repurkussie kan veroorsaak nie.  Hoeveel papierwerk en man-ure neem dit in beslag, vir ses rand?  Ek skud net my kop!
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 01, 2011, 08:38:35 AM
Die hartseer agter die hele verhaal is dat Saners almal as skelms gesien word omdat daar so baie skelms is. Jy wat altyd eerlik is is gedurig in die moeilikheid omdat jyy nie jou geraamtes wegsteek nie maar die donnerse skelms kom met alles weg omdat hulle net hul beste voetjie voorsit en weet hoe om die stelsel te omseil.
Eerlikheid is die land se slaansak.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 01, 2011, 09:20:28 AM
Ons het die naweek oor presies dieselfde probleem gepraat.  Hoe meer jy skuld, hoe meer skuld kan jy kry.  Die ou wat nie skuld het nie kan maar vergeet.
Ons het huurders wat vir maande lank nie hulle kragrekening betaal nie en hulle het nog krag.  Ons word sommer drie dae voor die betaaldatum gedreig!  Hoe werk dit? 
In Vinstra het ons 'n voorafbetaalde meter laat insit, al Aprilmaand verlede jaar.  Ons kry nog steeds 'n rekening vir krag elke maand.  Die eerste drie maande het ons dit betaal, so hulle skuld ons 'n klomp geld, maar die meter word afgesny en ons word met die hof gedreig!  Hannes was al van bakboord na stuurboord gestuur en ons kry net niks uitgerig nie.  Wat 'n klug!
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Fransi on December 01, 2011, 09:44:31 AM
Sjoe PM, ek hoop julle kom reg. Ons verwag nou ook 'n yslike rekening, maar dit is omdat hulle vir amper vier maande net 'n rekening gestuur het vir die water. Ek het darem met my navrae dit reggekry dat iemand nou gister uiteindelik 'n lesing kom neem het. Ons hoop maar dat die geld wat ons elke maand vir dit weggesit het, genoeg is.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 01, 2011, 10:58:05 AM
Hoop ook so vir julle part.  Wens ek het genoeg geld gehad om my huis heeltemal van die stadsraad se krag af te kry.  Dit is eens te erg.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 08, 2011, 12:04:36 PM
Nou gee ek heeltemal boedel oor.
Ek, Naas Breytenbach, het nou sy lewenskwota van kak met karre gehad. En hulle moenie met die nonsens kom dat ek depressief is nie of dat alles in die lewe 'n doel het nie.
Op pad om die stukkende bakkie in te gee, gee hy my vir oulaas 'n Pap wiel as afskeidsgeskenk.
Gister kry ek die nuwe bakkie waarvoor ek moes teken omdat Wouter nie finansiering kan kry nie en hy die bakkie dringend nodig het vir sy nuwe werk. Die bakkie ry baie lekker... en vanoggend weier hy doodeenvoudig om te vat.
Die Matiz staan. Die golf is op sy laaste asem en die nuwe donnerse bakkie ry nie. Wouter is met die Golf werk toe en Naas sit soos 'n Jannie vrekramp met die vervoerprobleem en 'n nuwe stukkende bakkie.
Ek wil WEET. Waar is die regverdigheid in hierdie lewe? Ek het ALLES in my vermoe gedoen om my seun te help soos dit 'n goeie pa betaam en op die einde sit ek met die poef.
Ek gaan nou al my karre verkoop. My vrou kan haar golf hou as sy wil, maar ek gaan nerens meer heen waar 'n fiets my nie kan vat nie. En as die bleddie fiets breek stap ek verder.
'n Mens kan wragtag net soveel voor jy jou kwota vol het en glo my. Nie net my kwota is vol nie, ek is ook gatvol.
Se die een gatomdenkende snotvreter vir my , "Almal het maar een of ander tyd probleme met hul motor"
Ja reg! "Een of ander tyd" nie "Die hele fokken tyd nie."



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Trapsoetjie on December 08, 2011, 02:11:24 PM
Ag nee, nou die nuwe ook. Wat is sy probleem? Starter of is daar net nie krag nie? As jy hom brandskok? Werk hy dan? Gee my bietjie meer inligting dan hol ek dit by Better Me, en hoor of hy dalk kan verstaan wat nou sy probleem is.  :dontknow:

Maar  :icon_bigsmurf: ons bly baie  :love7: vir jou, al het jy baie stukkend voertuie.  :toothy4:

Dalk kan ons die nuwe een 'n hulpie gee.

 :angel12:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 08, 2011, 06:23:08 PM
Nuwe een se strooi is uitgesorteer, dankie. Ek is net gatvol dat dinge nie 'n slag net normaal en reg kan werk nie. Dis 'n kwessie van aanhoudende baklei en geld spandeer wat ek nie het nie. En ten spyte van al die geroei en gestoei is daar te alle tye net EEN kar wat loop. Vannaand is die bakkie reg (en ek kon nog niks aan die Matiz gedoen kry nie) kom Wouter by die huis met die goeie nuus dat die Golf se een agterband 'n skeur in het. M.a.w. more ry hy met die bakkie en ek sit in kakstraat met 'n driewiel golf. En glo my maar, ek het nie die vermoee om die wiel te vervang nie. Ek gaan dus so hunkepunk moet ry tot einde Desember voor ek daai wiel kan laat regmaak. Sal more by die werk maar die spaarwiel laat opsit. Gelukkig is ek in elk geval te vrek arm om enige planne te he vir die drieweke vakansie.
Geseende kersfees...



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 09, 2011, 09:00:43 AM
Jou frustrasie slaan duidelik deur en ek het begrip daarvoor.  Wens ernstig ek kon iets aan die situasie doen.  Baaiesukkel en potifar is nou nie juis die gewenste oplossing nie, maar hier rond is ook 'n medebroer wat potifar.  Dit kos egter minder om sy tekkies te versool as 'n band, maar dit neem soveel langer.   :icon_biggrin:  Skuus, ek probeer maar net die komiese daarvan uitlig.  Ons het darem die vermoee om vir onsself te lag, so tussen die trane deur. 

Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 09, 2011, 04:12:11 PM
Vir die eerste keer in jare kry ek niks om oor te lag in die situasie nie.
Sorry PM, maar ek is regtig by gatvol verby oor hierdie situasie. Al wat dit bietjie draagliker maak is dat ek dit met julle kan deel.
Ek het nog nooit in my lewe iemand geskop wat le nie maar hier voel dit nou 'n paar maande later asof ek nie eers my kop moet probeer lig nie dan skop iets my weer uit 'n ander rigting.
Sal seker nie tot trap-en-stap oorgaan nie maar as dinge so aangaan is dit al uitweg wat ek gaan oorhe.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Angelica on December 09, 2011, 07:24:08 PM
Hi Naas.  Dit is baie jammer wat nou gebeur met julle.
Moenie so radeloos wees.  En ek weet jy dink dat dit maklik is vir enigeen van ons om so te se, want ons is nie in jou situasie nie. Maar moenie radeloos wees/word nie.
Solank as wat jy negatiewe energie wat binne jou opline uitstraal, sal dit negatiewe dinge aantrek.
Fokus op positiewe dinge, al is dit klein. Maak die energie-veld om jou positief en jy sal positiewe dinge na jou toe aantrek.  Jou emosies sal selfs positief word.
Dit werk.  So probeer.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 09, 2011, 09:01:30 PM
Jy's reg Angeltjie. Ten minste gaan die stap help met my dieet...  :sign10:





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Angelica on December 10, 2011, 07:43:21 AM
Good for you.. 
Hey, het jy gese 'dieet'?  Dis krismis, man.  Niemand diet nou nie. Daar is 'n datum hiervoor,  1 Januarie.  Regtig, ek jok nie.  Almal begin dan.
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 10, 2011, 08:17:27 AM
Nee Sussie. Naas steur hom nie aan datums nie. Ek het die laaste twee maande 'n hele pocket aartapples afgegooi en mik vir nog drie. Van 'n gesonde 139 afgekom na 128.2.
My gesondheid moet nou eers eerste kom. Het nou al drie keer vir die nursies gaan kuier en dis nie lekker nie. Dink net... Al die mooi goeitjies en ek is te siek om dit te waardeer...






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Angelica on December 10, 2011, 08:29:36 AM
Wow, dit is nou 'n sukses-storie.
Mooi so. 
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 10, 2011, 08:40:36 AM
Dankie! So se Naas die paashaas met 'n ontbytwortel tusse die tanne.






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Angelica on December 10, 2011, 09:04:52 AM
Ek sien jy het al maande lank jou krismishoedjie op.    :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 10, 2011, 09:25:59 AM
Ja. En ek is al blou in die gesig van asem ophou wanneer ek my motor(s) moet aanskakel.
Daar' darem 'n glimlag agter die grys baard.
(En ek moet elke dag teen my pizzalus baklei maar glo my: "Ek Wen!")





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 10, 2011, 10:22:50 AM
Gan wonder jy is so depresief nie!    :icon_biggrin:  My probleem is nie die pizza nie, my probleem is die hele pizza.   :icon_biggrin:  Ek eet vir hom totdat daar nie 'n stukkie kaas aan die deksel vassit nie!

Van maande voor die rekenaar sit het ek self lekker dik geword.  Nou pak ek ook maar my vulsel, (tamaties, uie, rooi- en geelpepers en engelsekomkommer)  tussen blaarslaaiblare, rol dit op en eet te lekker.  Niks brood en niks botter nie.  Dankie tog ek het nie 'n soettand nie. 

Baie geluk matertjie, ek weet jy kan dit doen en ek dink regtig elke dag aan jou.  Wens so ek was daar om vir jou 'n drukkie te gee.  Nou moet ek dit maar hier doen.
  (((((((((((( :icon_bigsmurf: ))))))))))))))   :love7:   :bootyshake:

(Naas stuur nie vir niemand in my huishouding drukkies nie, want hy weet ek druk dit alles vir myself op.)   :icon_biggrin:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 14, 2011, 08:13:38 AM
Ek kla nie maar hou julle net op hoogte.
Matiz gaan vandag na die vierde motordokter wat belowe hy kan hom regmaak.
Gisteroggend tienuur begin my vakansie (ses weke wat in drie weke ingepas word hierdie jaar.)
Gister middag gaan staan die nuwe bakkie die tweede keer. Hy is nou by die motordokter. Weet nie vir hoe lank nie. Gelukkig nog onder waarborg.
Ons kry die ou bakkie, wat so baie moeilikheid gegee het, terug want Wouter moet vrag aflewer in Langebaan vandag. Word verseker hulle het ou bakkie reggemaak en daar sal nie probleme wees nie.
Vanoggend half sewe word ek wakker geskud. Ou bakkie wil nie vat nie. Sukkel 'n halfuur in die reen om bakkie aan die gang te kry en Wouter is laat vir werk by die nuwe werk.
Positiewe kant. My vakansie is ten minste twee uur langer want ek is nou wakker. Ek sou laat geslaap het omdat ek in elk geval nerens kan gaan nie.
Die lewe is vir my 'n lied. Net jammer hierdie karkoor begin nou al meer afgesaag klink.
Dis koud. Komberse en 'n boek vir my vandag.
O ja. Hoop dat die ou bakkie Langebaan haal met die vrag wat afgelewer moet word.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 14, 2011, 09:42:02 AM
Die ou bakkie sal Langebaan haal en weer veilig terugkom.   :bootyshake:

Ek glo Maatjie sal gou weer reg wees en dat dit nie te veel sal kos nie.  Maatjie sal vir jou nog baie vreugde bring.  Hy is met 'n goeie hart gegee.   :love7:

Ja-nee, as jy ses weke in drie weke wil inpas sal jy permanent wakker moet wees.   :icon_biggrin:
Ek hoop jy geniet die ruskansie en dat al jou wiele-probleme iets van die verlede is.  As jy 'n kansie kry kan jy kom help skoonmaak by Vinstra.  Die huurders is gelukkig nou uit, maar die plek wat ons ses maande gelede opgeknap het, moet oorgedoen word.  Ons sien nou eers hulle het met paddas, kewers en muskiete geboer in die swembad.  Hoop nie die leeus vang ons as ons grassny nie.  Dalk  IS  daar 'n rede hoekom ons so "gekasty" word.   :bootyshake:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 14, 2011, 10:03:47 AM
Die "goeie hart" twyfel ek nie een oomblik aan nie.   :love7:

Weet julle hoeveel petrol spaar ek met al die karre wat staan.  :toothy4: :toothy4:






 :icon_bigsmurf:
 
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Trapsoetjie on December 14, 2011, 10:10:17 AM
Nou kyk, daar's die silver-rantjie om 'n baie swart wolk.  :love7:

Weet nie van julle nie, maar dit voel net of die jaar sleg afsluit. Met almal van ons.  :dontknow: Gelukkig is daar daai silver gedeelte... :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 14, 2011, 10:15:18 AM
Dit is goed so, as die sleg verby is kan ons weer die goeie geniet.  Dit is vakansie en dit is feesgety.  Ons het nog baie om voor dankbaar te wees, al gaan dit broekskeur.   :bootyshake:
Hou julle elkeen van my maatjies styf vas en seg vir hulle ek is nog lief vir hulle. 
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Fransi on December 14, 2011, 10:35:01 AM
 :love7:

Wat af is moet weer op. :-)
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 14, 2011, 01:08:25 PM
Ek hoop nou nie jy gee  my net valse hoop nie Fransi.   :icon_biggrin:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: Naas on December 14, 2011, 02:36:44 PM
Los maar die feesgety hier uit.  :angel7: Die winkeliers ken net twee kersliedjies: "Wat 'n vriend het ons in Jesus" en "Jingle tills"






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoe nou gemaak?
Post by: PM on December 14, 2011, 08:26:00 PM
Ag Naas, luister maar "jingle tits" en dan voel jy soveel beter.  :icon_biggrin:  Twee hande vol is darem beter as niks!   :icon_biggrin: