• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Almal van julle gaan tjoekie toe.

Started by PM, October 15, 2011, 05:44:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

As julle nie onmiddellik met mekaar kom kuier nie gaan julle almal tjoekie toe!  Ek gaan julle so diep bêre dat julle kos met 'n kettie ingeskiet sal word.  Angelica sal voor die deur staan met 'n vlieëplak om seker te maak niemand ontsnap nie.   Ek sal 'n viskikke straf uitdink vir julle en daai stomp hond op julle sit. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Whaaaa...!!!
Nou toe, as julle nie met my en daai stomp hond wil crash nie, dan moet julle penne opneem en skryf.
Seblief, maak vir PeeEm bly.
elle

PM

Daar het ons nou ons eie "selwagter" en forum hond, Stomp.  Ek hoop nie hy gaan net 'n "laspos" wees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

   :coffee2:   hier is ook 'n pak kleinsoetkoekies vir saam met ons kopikofi.
adéle  :grommit:

PM

Adéle, ek het half een vanoggend vir jou 'n briefie geskryf, toe besluit die administrator dat jy nie so vroeg in die oggend gepla moet word nie, en stuur dit terug.   :icon_biggrin:  Ek wou maar net weet of jy al jou werk gekry het en tevrede is daarmee. 
Baie dankie, die koekies en koffie kom nou baie bekkig te pas.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek's te laat vir kopikofi.
En vanaand is ek te vodde om te kuier.
Groot verwikkelinge in die direkte omgewing rondom my. Dit tap bietjie van my.
Maar ons sal sterk staan en vorentoe kyk tot dit donker word. Dan sal ons 'n liggie aansteek en by mekaar inhaak en die tonnel saam loop.

elle

adele

iets vertel my ons kring biki om jou, vat hande en bid saam met julle. 
adéle  :grommit:

adele

Quote from: PM on October 17, 2011, 08:37:04 AM
Adéle, ek het half een vanoggend vir jou 'n briefie geskryf, toe besluit die administrator dat jy nie so vroeg in die oggend gepla moet word nie, en stuur dit terug.   :icon_biggrin:  Ek wou maar net weet of jy al jou werk gekry het en tevrede is daarmee. 
Baie dankie, die koekies en koffie kom nou baie bekkig te pas.   :love7:

vreeslik laat 'n kuberadmin nou namens my moet besluit...    :crybaby2:   hy weet mos ek gee nie om om gepla te word deur kosbaarvriende nie.

Petra, ek het nog net die een of twee navrae gekry wat ek direk beantwoord het, maar die hele lot, nee, nog niks nie. kan ek maar Pta toe kom en kom kyk...
adéle  :grommit:

PM

Natuurlik kan jy kom Adéle, ek wag vir jou.  Dit spaar my die rit om af te sit daar na jou toe!  Ons het genoeg slaapplek en hier is 'n paar matertjies wat jou baie graag sal wil ontmoet.

Elle, sterk staan vriendin.  Hoop alles werk gou mooi uit, ten goede. Ons wil jou tog hier in die kringetjie hê.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

ek wil nie tjoekie toe gaan nie....  :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Toeet- toeet, Ellé ek roep jou en bring vir Stomp saam asseblief.  Binnekort gaan hier 'n paar siele opgesluit word.   :icon_biggrin:
Waar is die vrugte wat julle penne moet dra?
Goed, ek sal 'n onderwerp bedink en dan skryf ons. 
Dink dit is tyd vir 'n "opkikkertjie".   :coffee2:
Die ou wat nie saamspeel nie gaan tjoekie toe.  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Bring daai onderwerp dat ons kan begin dink.
Yip, dit is baie stil met skryfgoed.  Kan ons miskien by ELKEEN hoor hoekom skriffels nie geplaas word nie?
Dalk is daar nie eens 'n spesifieke rede nie, miskien is almal maar net baie besig.
(Miskien, as jy hoor wat elkeen se rede is, kan jy die rede in 'n bottel sit, toekurk en in die kelder gaan neerle).

Kom ons begin by PM.
PM, wat dink jy is die rede hoekom jou Forum-lede nie hul werk hier publiseer nie?
elle

PM

Nee Nooi, ek het nie 'n idee nie.  Ek het vir elkeen tien gratis spasies gegee, so die betaling kan nie die rede wees nie.
As dit enigsins iemand verhoed om hier te skryf sal ek dit met die grootste liefde herroep.
Ek glo dit was en is nog 'n dol jaar en Kersfees lê voor die deur. 
Natuurlik is ek net so skuldig, maar ek blameer die boek.   :icon_biggrin:
Hou vas, ek gaan nou iets soek om te plaas om saam te skryf.  Dit sal dan sommer die kompetisie ook afskop.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My pen se punt is stomp.
Daar is niks soos die klomp (onnoembare, onspreekbare) waarvoor ek skoolhou om alle kreatiewe denke te verkrag nie.
Baiue merkwerk en dan 'n "3 en 'n halwe week" ses weke vakansie om uit te rus voor die volgende moroniese tsunamie toeslaan.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas, wat rym met werk en merk?
Ek sukkel met 'n nuwe program om 'n foto geplaas te kry.  Hou net vas, of wil jy vir ons iets plaas?
Om te weet is om te verstaan.