• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie

Started by Meraai vannie Baai, January 19, 2018, 04:42:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

As ek kyk na fotos voor die chemo en tydens die behandeling is dit 'n wonderwerk vir ons dat my sus 'anderkant' uitgekom het soos my moederlief dit beskryf.  Dankie vir jou omgee liefste matertjie. Jy het self hierdie pad met 'n geliefde gestap :crybaby2:




adele

dit is so, Vriendin, behalwe dat daar nie voor- en agterna foto's was nie.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

 :crybaby2: Sal die kronkels op ons lewenspaaie nooit verstaan nie matertjie. Stywe drukkie vir jou.  :love7:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#139
Sy veg nog terug PM. Hulle vermoed dat daar verspreiding is na haar heup en behandeling kan eers weer verder geskied na die virus gemors opgeklaar word. Intussen 'krap' hulle gereeld die sweersel skoon tot op die been en bloedoortappings na die tyd om te help vervang aan dit wat verlore gegaan het tydens die skoonmaaksessies. Die nagte blykbaar die moeilikste weens die pyn en sy sou gebel het om weer 'n voorskrif vir morfien te ontvang. Sy het probeer om sonder die pynmiddels oor die weg te kom vir 'n ruk maar die groot K vreet soos 'n honger vraat.

PM

Ek hou julle in my gedagtes en in my hart sustertjie.  Stuur asseblief vir haar 'n stywe drukkie van my en een styyyyywe drukkie vir jou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Baie baie dankie! Ek neem myne en dra hare oor  :love7: :notworthy:

adele

Dwalend deur ons gange, kom raak ek weer hier stil. Hoe gaan dit met hulle, Raaitjie?
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

My sus het kennis gemaak met Covid wat sy gekry het terwyl sy in die hospitaal was vir behandeling. Die foto van haar wat ons gekry het (geen besoekers toegelaat) het my in trane gehad. Ek het my sus amper nie herken nie lief Adele. Sy is gister weer getoets en ons wag op die uitslae. Haar kankertelling bly genadiglik stabiel maar nog te hoog.

PM

En hoe gaan dit nou met Sustertjie Raaitjie.
Jy kan gerus 'n covid 19 onderwerp begin.  Jy is mos die forum se dokter.

Om te weet is om te verstaan.

PM

Eat to beat

Die volgende skakel het 'n wonderlike saamgestelde lys van verskeie kankerwerende/kankerbestrydende voedselsoorte onder andere  kruie en speserye/groentes/vrugte/olies en nog vele meer - tot 'n verrassing vir die soettande  https://www.eattobeat.org/foodHoë inname van kankerbestrydingskosse soos groente, vrugte, vis, kalsiumryke kosse en vesel is geassosieer met 'n verminderde risiko van kolorektale, long- en borskanker, terwyl rooi en verwerkte vleisinname, alkoholinname, ongesonde liggaamsmassa-indeks (BMI ), en abdominale vetsug geassosieer word met 'n verhoogde risiko.Om fisies aktief te wees en genoeg vitamien D te verkry, het ook die vatbaarheid van kanker verminder.Inflammasie is die onderliggende probleem wat kankeragtige tumorinisiasie, progressie en groei dikteer. Studies dui daarop dat 30 persent tot 40 persent van alle soorte kanker voorkom kan word met 'n gesonde lewenstyl en dieetmaatreëls! Ander bronne beweer dat hierdie getal eintlik baie hoër is, met ongeveer 75 persent van kankergevalle is lewenstylverwant.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ek en gemmer loop hand aan hand.  Dit is ook die beste medisyne vir karsiek.  Enige vorm werk, ek ry nie sonder gemmerkoekies nie.  Lief ook die gemmer stukkies wat versuiker is. 
Om te weet is om te verstaan.