• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die goeie ou dae

Started by PM, December 11, 2015, 02:20:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hoe kan lekker sondiglik wees, hulle sê lekker is net 'n vinger lank.   :angel12:   Dit kan mos nou nooit nie sondiglik wees nie.   :evil6:
Waar is al daai spreekwoorde oor lekker en vingers?
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Weet julle, ek het destyds te laat die email gesien en toe mos nooit al my werk kaan stoor nie.
Maar daar was soveel Boere oorlogte en Boom stories en stukkie oor Marieta v d Vyfer, wat baie gelees en bewoon en beluister en beskrywe was... goeie memories... fantastiese mense

Net gou: Het julle geweet was die Afrikaans is vir "Bless you" ? Baie se "gesondheid", maar dis mos nou nie eintlik die regte ding nie.
Nee, dis eintlik " Dankie my hartjie, n soentjie en n kwartjie"  Dis volgens "Afrikaanse Spreekwoorde, deur Anton F Prinsloo

Ook bv: Die hand wat die wieg skommel, regeer die land. (Die moeder oefen die grootste invloed in die wereld uit.
Engels (The hand that rocks the cradle, rules the world)

Van die hand na die tand, val die pap in die sand... n Saak kan nog op die laaste oomblik verkeerd loop.

Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier le. (wanneer iemand homself lof toe-eien wat hom nie toekom nie.

Die gesang insit (begin huil)




PM

Heerlik kuier ek tussen jou lyne "ou Antjie", soos Raaitjie jou noem.   :icon_biggrin:
Dit is die eerste keer wat ek met hierdie spreekwoord te doen kry, maar onthou, ek word nog net tagtig, nie negentig nie.  :pottytrain2:


"Dankie my hartjie, n soentjie en n kwartjie"

Die ander een is:  Tussen die hand en die mond val die pap op die grond.  (Grond met 'n d, anders klink dit na stront, aggenee PM jy moet nou gaan slaap!  Sies man!  :color:


EN, kan ek die gesang insit.  'n Vriendin sê die anner dag vir my:  PM, jy is so 'n emosionele mens, as Checkers 'n uitverkoping het begin jy grens.  Weet julle dalk wat sy daarmee bedoel?   :angel12:



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#33
 :toothy4: Stywe drukkie vir onse ou Antjie van my kant af ook! Die woordmandjie vier fees vanoggend. Ek het twee skerms oop sodat ek met die een oog kan steel en met die ander ene deel en bewaar. Nou het ek 'n poepelemetie van die eerste waters (nugter weet wat oumagroot bedoel het met daai uitdrukking maar ek beleef dit)  - ek het nou op altwee skerms julle wyshede en kwinkslae gegaps. Sal nou moet iewers 'n papier en pen in die hande kry om te griffel sodat ek dit in die woordmandjie kan sit.

PM ek dink sy verstaan jou innerlike werkinge 100%  :love7:

Hier is die skakel waar jou inligting nou ook pronk tussen ons ander interessante gesegdes Antjie Patat  :book1: :notworthy: (as jy  :book1: sien moet jy weet die woorddief het gegaps en gaan bewaar by soortgelyke wyshede/kwinkslae/lewenswysheid ens. ens.) Gewoonlik plaas ek dit by die erf van ons woordmandjie.

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3877.0

PM

Goed so.  Dit is lekker om jou so besig te sien.   :triplets: 
Om te weet is om te verstaan.