Author Topic: Die goeie ou dae  (Read 15301 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die goeie ou dae
« on: December 11, 2015, 02:20:38 PM »
Toe ek vanoggend Naas se possie oor Adam en Eva lees, dink ek aan die goeie ou dae toe die slang nog appels ge-eet het.   :icon_biggrin:

So lank gelede:  toe Paul Kruger nog vir Diggers skrumskakel gespeel het. 

Kan jy 'n paar byvoeg? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #1 on: December 11, 2015, 06:47:45 PM »
Oupa se altyd dit het tien dae voor die boereoorlog gebeur.

Toe ek gebore is het die dooie see saam met my ma in die hospitaal gele.

Tafelberg was nog 'n molshoop.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #2 on: December 12, 2015, 02:40:55 AM »
 :icon_biggrin:  Dankie Naas.  Ek moes aan iets doen om vir Raaitjie werk te gee.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #3 on: December 12, 2015, 06:21:41 AM »
Dis nie Oom Naas, dis nie Assie.
Waar is Antie Raatjie dan. Praat sy dan nie meer in ons slaap nie?


 :mumum:
« Last Edit: December 12, 2015, 10:45:41 AM by Assie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #4 on: December 12, 2015, 09:15:13 AM »
Ek het verstaan hulle het nie nuwe wielietjieshuis gaan haal in Brisbane.  Sy sal seker nou-nou hier wees.  Dalk eers later, dan praat sy in ons slaap.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #5 on: December 14, 2015, 03:37:32 AM »
Klop klop - moenie skiet nie asseblief, dit is net die Antie en jy was reg PM. Ons het wieletjieshuis gaan haal en so drie dae die nuwigheid uitgetoets. Afgesien van swakvakmansskap hier en daar wat ons nie verwag het nie, voel ons tevrede want genadiglik is die probleme/foute van so aard dat  Outop alles self kan fieks want terug fabriek toe, gaan die wa beslis nie weer nie. Ons besigheid met die spulletjie is finish en klaar. Die goeie ou dae dat jy nog handelaars kon vertrou (was daar sulke dae?) is ook verby.

Ek het julle gesegdes omtrent geniet. Wonderlik om weer saam te kan kuier  :hello2: :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #6 on: December 14, 2015, 08:37:50 AM »
O ja jy kon almal vertrou toe ons kinders was, behalwe seker die versekeraars.  My pa het 'n slegte stel met hulle afgetrap wat ons bankrot gelaat het.
In die goeie ou dae het mense nog trots gehad.  Jou naam was meer as alles werd en jou woord was jou eer.  Jy kon 'n transaksie met 'n handdruk beklink.Vandag gaan dit oor geldgierigheid.  'n Kontrak is ook nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #7 on: December 17, 2015, 11:54:21 PM »
Ek lief ons gesegdes uit die goeie ou dae. Hier krioel 'n hele klompie tussen die lyne. Hoeka tyd dat ons hulle weer inspan. Die woordwa te lank in die drif gestaan  :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #8 on: December 18, 2015, 10:31:56 AM »
Nou trek ons die woordwa deur daai drif.  Ons fel daai wiele en kry dit aan die gang!  (Is ek reg met die "fel"?)  Nee, dit is seker 'n velling?  Wag laat ek gaan soek. 

« Last Edit: December 18, 2015, 10:41:27 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #9 on: December 18, 2015, 10:42:22 AM »
Ossewaens word tipies deur 'n span osse, wat in pare ingeharnas is, getrek. Dit het veroorsaak dat die ossewa 'n baie groot draaisirkel het. Die gevolg hiervan kan gesien word in die breë boulevards van stede soos Bulawayo (Zimbabwe) wat 40 meter wyd is,  wat "breed genoeg is om 'n ossewa in te draai".

Die wa self word van verskillende soorte hout gemaak, met die vellings van die wiele wat met bande van yster beslaan is. Sedert die middel van die 19de eeu is die asse ook van yster gemaak. Die agterwiele is gewoonlik heelwat groter as die voorstes en is stewig vas aan die bak van die voertuig. Die voorwiele is gewoonlik groter in deursnee as wat die grondhoogte onder die bak van die voortuig is. Dit is so dat die stuuras nie ver onder die bak in kon draai nie. Dit maak min verskil in die draaisirkel van die wa omdat dit deur osse getrek word en dit maak die voorkant van die wa baie meer stabiel omdat die spoor nooit veel minder is as die wydte van die bak nie. Dit het ook 'n baie meer robuuste verbinding tussen die sleepspoor van die osse en die agteras van die wa (gewoonlik ysterkettings of -stawe) toegelaat wat noodsaaklik is vir swaar vragte.

Die meeste van die vragdraende area is bedek met seildoek wat met houtboë ondersteun is. Die drywer het nie onder die seildoek gesit nie, maar voor op 'n houtkis (bekend as 'n wakis).
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #10 on: December 18, 2015, 11:05:37 AM »
Ek het die inligting nou geniet. Dankie vir aandra en deel matertjie  :notworthy:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #11 on: December 18, 2015, 02:38:57 PM »
Ons het nog so ou wa wat staan en wegkwyn onder die boom voor die agterdeur. Al die onderdele van motors is al so verengels dat ons die regte name vergeet. Aan die nuwe motor is die felling die rand van die "rim" (ysterwiel) waarom/waarin die rubberwiel (tyre) pas. Die binnekant (middel) van die ysterwiel (rim) skroef vas aan die naaf wat in moderne motor op rollaers (bearings) om die as loop. In die kakebeen/ossewa se geval is die naaf die middelste hout waar die speke bymekaar kom. Dit het doodgewoon n gat wat oor die as pas. die spulletjie is met vet gesmeer om glad te loop. Weerskante van die naaf is 'n riem om die as gedraai (nat nat) wanneer dit droogword het dit gehelp om die wiel in posisie te hou en het dit ook gekeer dat die vet uitloop en die wiel droog om die as draai. aan die buitekant van die wiel is 'n ysterpen deur die as gesteek wat keer dat die wiel uitval. Die ysterpen word 'n luns genoem. Die luns het aan die onderkant 'n gaatjie waardeur die riem se punt gesteek en vasgemaak is. Dit het dan op sy beurt gekeer dat die luns nie uitgeval het nie en het aan die riem die naam van "lunsriem" besorg. Die lunsriem was altyd vol vet en dus baie vuil.
Dit het aanleiding gegee tot die gesegde: "So vuil soos 'n lunsriem." of "Daardie man is 'n regte lunsriem." (baie vuil)

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #12 on: December 18, 2015, 02:56:04 PM »
Skote Assie.  Jy is in die kol!  Baie dankie vir al die mooi Afrikaanse terme. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #13 on: December 18, 2015, 09:27:06 PM »
Dans ek opgewonde en rol die woorde van kies tot kies - herkou aan dit kompleet soos Blommetjie die melkkoei    :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #14 on: August 13, 2018, 01:35:37 AM »
Kyk wat ontdek ek julle... deel hier met heimwee (Assie - aka ons eie Langenhoven, is een van die baie hartsvriende wat die woorddief toestemming gegee het om te oes en bewaar.) 

*Aspoestertjie se verlange na vergange se dae

My Wyse Oupa sê: Onthou se kamers is die argiewe van die siel.

Vanoggend pak die heimweë my emmertjie vol onthou tot die water uit my ogies oorloop soos seerkrysoppies. Ek klim terug in my stadskleertjies. My flenterjean en pramsak grawe ek doer onder uit my kas uit, en soos gister se lekkerte glip ek terug na sorgelose dae saam met vriende.

Ek stap met my arm deur Vossie se sterk arm stroomop, na die watervalletjie waar my paddaprins wag en ons gesels oor Aurora en die Woorddief van die Baai. Ek sluk ‘n paar slae swaar as ek wonder hoe dit nou op Woes se Forum gaan.

Langs die watervalletjie stap ek na my gunsteling klip.

Met my arms omhels ek my kniekoppe soos ou verlore vriende waarop ek my ken kan stut. Ek trek hulle styf teen my lyf vas en koester die nabyheid.

Terwyl ek so sit vaar my gedagtes soos baggerbote oor die dieptes van my geheuepoel en diep kosbare smaragte en diamante op uit die modder van onthou. Trane trek warm vertikale strepe oor my wange en drup, drup sirkels in die spieëlgladde oppervlaktes van die waterpoel. Ek kyk toe hoe die sirkels al wyer strek en verlangeplooie op my waterbeeld kom trek.

Bosgeluidjies neem weer die stilte oor. ‘n Paddatjie laat sy oempa oempa tuba hoor op maat van ‘n eensaam kriekie se viool. Terwyl Rooiborsie en Hoep-Hoep se klanke die bosorkes volmaak vind ek weer berusting in my lot.

Ek wonder of Meraai se woordeboek al staan. Ek wonder oor die duistere Costello en Piet Magriet se afbroek-boude.............

So deur die trane stuur ek groete
Aan ‘n forum lank geleë
Ek dra jul in my hart rond
En doen my lewe, dood tevreë
Maar as ek anders kon
En my lewe ander draaie gee
Was ek terug by julle
Met ‘n sprong en nog twee tree.

Ai my wyse Oupa. Partykeer, net partykeer vir ‘n flietende sekonde, raak onthou se kamers, die selle van die hel.

Gegroet my vriende. Ek sal ons tydjies saam nog lank onthou.



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #15 on: August 13, 2018, 04:27:00 AM »
Hierdie woordoes was ook lankal bewaar vanuit die wandelinge deur julle woeste erwe:

werelde weg:
ek voel so af vandag soos 'n sak nat patats ...

hang net aan 'n tak lepatolis as jy elke pot met sy deksel gaan oop maak sal jy sien dat die appel nie ver van die boom val nie.

aartjie na sy skroefie ...?

'n halwe paas eier is beter as 'n leë dop ...

as hy met die bybel onder die arm loop, loop hy gewoonlik met die duiwel in die gat...

as jy in 'n glas kas woon kan jy nie ruite stukkend gooi nie ...

as jy 'n koek met bitterheid in jou binneste bak, sal dit bitter smaak ...

as die dood aanboord kom dan raak die sakke leeg ...
amper soos die een: as die armmoede by die voordeur inkom loop die vrou uit by die agterdeur ...

Juenka:
Ek is so arm ek kan nie eers voer vir my nagmerries koop nie.

As my nagmerries my gevoer het was ek lankal besig met 'n baie lang tronkstraf.

Meng jou met die varke en die muslims gaan jou nie opvreet nie.

Bloubefoeterd:

'n Paar idiome vir moderne afrikaans:
Iemand is so lusteloos soos 'n nat post toastie.

Iemand is so stadig soos 'n slak oor superglue

Iemand is so bedrieglik stadig dat jy voor hom in die grond vas tackle

Lorraine:

"Waar was Jan se kop toe hy so gejaag het?" en dan sal iemand sê, "Hy het seker kopverloor"

Lepinotus Patruelis:

En hier word ons sowaar met 'n houtlepel oor die vingers getik omdat ons die onderwerp so wyd soos die Heer se ganade maak. Dis 'n riem om die hart om te sien hoe mense wat ons van geen adamskant af ken nie ook met hulle taaltrots op die mou loop.

Ons kan nie ons brood aan albei kante gebotter hê nie, dus kies baie van ons om die smalle weg te bewandel in ons taalgebruik.

'n Goeie begrip het 'n halwe woord nodig.
Ons het Evas ook op die forum...

Ons moet geen steen onaangeroer laat om die taal wat ons aan moedersknie geleer het, te bevorder nie.

Lepi het nou net 'n sappige skilfertjie in sy twee voorpote gehad en probeer eet! Nou is die skilfer skoon suur!

Piet Magriet:
Het ek nou die klok hoor tingel en weet nie waar hang die bel nie? Sover ek weet hang die klok aan die stingel en die stingel aan die piepa wat aan die doedelsak hang.

Die pad na die hel is geplavei met goeie bedoelings.

niks met 'n te vooraan is goed nie, behalwe tevrede en te perd!

Diamantjie:
Elke voël sing soos hy gebek is, maar miskien moet daai ou ‘n noot laer sing.

Hy dink hy’s kaas en hy’s nog nie eers dikmelk nie. Om alles te kroon is hy so kort en dik soos ‘n petrolblik.

Vir wie probeer hy ‘n rat voor die oë draai? Ek is mos ouer as twaalf! Wel, miskien nie baie nie, maar ek is darem nie so groen dat ‘n koei my nie sal vreet nie.






Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die goeie ou dae
« Reply #16 on: August 13, 2018, 07:48:47 AM »
Sjoe, hier le harts-Afrikaans op hierdie werf...   :love7:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #17 on: August 13, 2018, 09:01:15 AM »
Julle woorde het my toetentaal en al oorrompel mater. Verower is meer gepas. Dit het my emmigrante hart daagliks aan die tik gehou der duisende kilometers van julle af. Mooiste onthou's en saamkuier ooit tussen lyne in ons mooiste taal ne.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #18 on: August 13, 2018, 11:28:21 AM »
Hier kom ek nou ook aangewals.  Dit was mos weer langnaweek en al wat 'n naweekganger is was weer hier.  Geen internet nie! 
Net 'n wielietjie wat draai draai. 

Ek het nou lekker gekuier hier tussen die lyne en ou vriende raakgeloop. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #19 on: August 13, 2018, 11:52:40 AM »
So bly jy is weer terug op die lug mater  :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #20 on: August 13, 2018, 12:12:11 PM »
Toe ons nog Gauteng-tengers was, kon ons nie versaan wat die Bosbewoners teen ons naweekgangers het nie.  Nou dat ons self hier woon sing ons dieselfde deuntjie.
Maandae loop ons met sakke rond en tel al die papiere, bottels en ander gemors wat die mense orals gooi op.
Hulle weet hulle mag nie die diere voer nie, maar hulle doen.  Die ergste van alles is dat hulle al die kos wat oorbly uitgooi vir die varke en die bobbejane.  Dit veroorsaak dat die diere onder mekaar baklei om die kos in die hande te kry.

Ons het nie 'n vullis diens nie.  Ons moet ons afval na 'n plek by die hek neem om van daar af verwyder te word.  Die gaste ry en los alles net so in sakke voor die deur.  Die ape en bobbejane skeur alles oop en wie moet dit optel?  Die huiseienaars wat hul huise uitverhuur is nie hier om toesig te hou daaroor nie.  Ag, ek wens daardie mense wil meer bedagsaam wees!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #21 on: August 13, 2018, 12:28:48 PM »
Dit is so jammer dat mense so varksig kan wees nie  :crybaby2: weet jy by een van die strande waar ons gereeld kamp, kom daar groepe mense - jonk en oud - en hulle tel die kleinste papiertjie, sigaretstompies en en en op. Dit is 'n hele gedoente. Ek moet tog gaan soek na fotos! Het dit so skelm afgeneem as niemand kyk nie. En dit is juis die strand wat as die skoonste in Australia beskou word, maar mens kan sien hoekom. En hierdie strand is een van die gewildstes op die Goue Kus!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #22 on: August 13, 2018, 12:47:46 PM »
Die hele Suid Afrika se paaie is bestrooi met gemors.  Nou verlang ek werklik terug na die goeie ou dae toe alles anders was. 
Ek dink nou aan my kleinseun, hy is nou sewe, wat gesê het hy gooi nie papiere rond nie, want hy is bang vir 'n "blouknyp". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #23 on: September 25, 2019, 03:04:31 AM »
PM, ek verlang saam na die goeie ou dae.  Ek dwaal bedags as julle slaap, deur gister se woordgange en verlustig my aan hoe ons kon saamkuier sonder om ooit eers in die ware lewe te kon handskud of 'n mekaar 'n drukkie te kon gee nie.

Naas, ek stem saam: Partykeer, net partykeer vir ‘n flietende sekonde, raak onthou se kamers, die selle van die hel.
« Last Edit: September 17, 2021, 12:59:33 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die goeie ou dae
« Reply #24 on: September 17, 2021, 11:44:42 AM »
Julle sal my nie glo nie maar die onderwerp se lees het weer my ogies nat.
Langpad verlang is 'n donnerse euwel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #25 on: September 17, 2021, 12:45:16 PM »
Oom Naas, Ta PM gaan vir oom in die forumtronk gooi. Maar Oom is reg. Dit is een lelike verlang. (Amper beland ek saamet oom innie tronk.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #26 on: September 17, 2021, 01:01:41 PM »
Wil beaam op die oortreffende trap van langpad verlang Naas.  :crybaby2: Assie gelukkig het ons 'n sleutel vir die tjoekie, hopenlik het onse PM vergeet van hom  :icon_biggrin:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #27 on: September 17, 2021, 01:06:12 PM »
Ek is baie beswaard. Oupa se ek gaan nie genoeg geld erf om vir Ta Raatjie in gatkantland te gaan kuier nie.
Heimlik gehoop om daar 'n man soos Outop raak te loop.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #28 on: September 17, 2021, 10:12:00 PM »
Wens ek kon werklik beskryf hoeveel goud werd is, die woorde op die forum se goud.  Vannand besef ek weer hoe ongelooflik bevoorreg ek is om deel te wees van soveel skatte, onskatbare woordskatte.  Die onskatbare waarde van ware vriende, ware geliefdes.  Wens ek het die vermoe-e gehad om vir julle te vertel hoe hoog op prys ek julle wonderlike bydraes stel.  Ek buig my knieg . . . en alles wat daarmee gepaard gaan!  Dankie, baie baie dankie!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #29 on: September 17, 2021, 11:15:53 PM »
Ai Assie, kan julle dink HOE wonnnnerlik dit sou wees as ons saam kon kuier in die pandok om 'n tafel? Die beelde en klanke wat my verbeelding optower, laat my oge traan. Ouens, ons is geseend. Ongelooflik geseend. Liefste PM, ek weet presaaisly HOE kosbaar hierdie voorreg van ons kuiers tussen lyne is en om deel te wees daarvan is sondiglik lekker.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #30 on: September 20, 2021, 01:44:31 PM »
Hoe kan lekker sondiglik wees, hulle sê lekker is net 'n vinger lank.   :angel12:   Dit kan mos nou nooit nie sondiglik wees nie.   :evil6:
Waar is al daai spreekwoorde oor lekker en vingers?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Die goeie ou dae
« Reply #31 on: September 20, 2021, 10:47:22 PM »
Weet julle, ek het destyds te laat die email gesien en toe mos nooit al my werk kaan stoor nie.
Maar daar was soveel Boere oorlogte en Boom stories en stukkie oor Marieta v d Vyfer, wat baie gelees en bewoon en beluister en beskrywe was... goeie memories... fantastiese mense

Net gou: Het julle geweet was die Afrikaans is vir "Bless you" ? Baie se "gesondheid", maar dis mos nou nie eintlik die regte ding nie.
Nee, dis eintlik " Dankie my hartjie, n soentjie en n kwartjie"  Dis volgens "Afrikaanse Spreekwoorde, deur Anton F Prinsloo

Ook bv: Die hand wat die wieg skommel, regeer die land. (Die moeder oefen die grootste invloed in die wereld uit.
Engels (The hand that rocks the cradle, rules the world)

Van die hand na die tand, val die pap in die sand... n Saak kan nog op die laaste oomblik verkeerd loop.

Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier le. (wanneer iemand homself lof toe-eien wat hom nie toekom nie.

Die gesang insit (begin huil)




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #32 on: September 20, 2021, 11:05:11 PM »
Heerlik kuier ek tussen jou lyne "ou Antjie", soos Raaitjie jou noem.   :icon_biggrin:
Dit is die eerste keer wat ek met hierdie spreekwoord te doen kry, maar onthou, ek word nog net tagtig, nie negentig nie.  :pottytrain2:


"Dankie my hartjie, n soentjie en n kwartjie"

Die ander een is:  Tussen die hand en die mond val die pap op die grond.  (Grond met 'n d, anders klink dit na stront, aggenee PM jy moet nou gaan slaap!  Sies man!  :color:


EN, kan ek die gesang insit.  'n Vriendin sê die anner dag vir my:  PM, jy is so 'n emosionele mens, as Checkers 'n uitverkoping het begin jy grens.  Weet julle dalk wat sy daarmee bedoel?   :angel12:



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die goeie ou dae
« Reply #33 on: September 21, 2021, 03:09:33 AM »
 :toothy4: Stywe drukkie vir onse ou Antjie van my kant af ook! Die woordmandjie vier fees vanoggend. Ek het twee skerms oop sodat ek met die een oog kan steel en met die ander ene deel en bewaar. Nou het ek 'n poepelemetie van die eerste waters (nugter weet wat oumagroot bedoel het met daai uitdrukking maar ek beleef dit)  - ek het nou op altwee skerms julle wyshede en kwinkslae gegaps. Sal nou moet iewers 'n papier en pen in die hande kry om te griffel sodat ek dit in die woordmandjie kan sit.

PM ek dink sy verstaan jou innerlike werkinge 100%  :love7:

Hier is die skakel waar jou inligting nou ook pronk tussen ons ander interessante gesegdes Antjie Patat  :book1: :notworthy: (as jy  :book1: sien moet jy weet die woorddief het gegaps en gaan bewaar by soortgelyke wyshede/kwinkslae/lewenswysheid ens. ens.) Gewoonlik plaas ek dit by die erf van ons woordmandjie.

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3877.0
« Last Edit: September 21, 2021, 03:36:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die goeie ou dae
« Reply #34 on: September 21, 2021, 08:52:57 AM »
Goed so.  Dit is lekker om jou so besig te sien.   :triplets: 
Om te weet is om te verstaan.