Ja, sy dink beslis nie veel van my kuns nie. Wanneer ek teken en net gou iewers iets anders gaan doen, kry ek haar altyd op die blaai, besig om te slaap of haar naels daarmee skerp te maak.
Dankie PM, vir my het dit gegaan oor hoe jy in jou lewe baie keer met roofdiere in verskillende vorme te doen gaan hê of met dinge wat voedsaam lyk, maar giftig kan wees. Hoe dit 'n invloed op jou lewe het en dit wat jy op die ou end uitstraal, totdat jy inderwaarheid selfvernietigend begin optree. Daar is darem gewoonlik positief ook in my goedjies- met die een het ek probeer sê dat t.s.v. en partykeer a.g.v kan jy wel nog jou vlerke behou, dans en blom. Dit is belangrik om die sagte te behou, selfs al voel jy dat jy daarvan gestroop is en slegs aggressie en weerloosheid oor het.
Dankie PM, vir die blomme ook. Ja, alhoewel ek al blomme ens. gesien het wat briljant was in tegniek of in ekspressionisme, inspireer dit my nie gewoonlik nie. Ek werk meestal van foto's af of samestellings van foto's en nie alle foto's roep my dat ek amper obsessief-kompulsief dit net moet vasvang nie. :-) Ek hou van simboliek en lae. :-) Daar is egter 'n kunstenaar wat stillewes doen wat my mond telkens laat oophang en my laat wens dat ek eendag so briljant sal kan wees- Carder van die Carder-method.