Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on October 09, 2012, 09:57:53 AM
-
Een van die kleintjies. Goddess-reeks.
-
Dis pragtig Fransi - ek moes dit eers aflaai om te kan sien :-) maar dis mooi
-
:hello:
Baie dankie. :-)
-
Dit is werklik mooi. Ek is ook mal oor die raam. Is daar nog wat klaar is?
-
Baie dankie PM. Ja, hierdie een het verkoop, maar daar is nog so drie of vier kleintjies. Ek moet nog net foto's daarvan neem.
-
Liefffflik. Gaande oor hoe jy dit geraam het :icon_salut: :notworthy:
-
:hello:
Baie dankie Meraai. Die eienaar van die raamwinkel het regtig 'n oog vir wat gaan pas en hoe om die beste uit 'n skildery te haal. :-)
-
Bring sustertjie en as dit moontlik is kan ons sommer hoor hoeveel dit kos ook. Wie weet...
-
:-) Dankie PM. Ek sal die fototjies neem.
-
Lady of the sky:
Drawing down the moon:
Athena:
-
Trippel WOW's!!!! :love7: :notworthy: :icon_salut:
-
Trippel WOW beslis! Ek lief dit en die rame is pragtig.
Wil ek gou iets sê. As 'n mens een keer op die foto kliek dan maak dit mos groter oop. As dit die hele skerm vol is hou net die CTRL knoppie in en rol die muis se wielietjie om die grootte te kry wat gerieflik is vir jou om te kyk.
Sit nou jou duime en vingers teenmekaar om 'n sirkeltjie te vorm.
Plaas jou twee sirkeltjies opmekaar om 'n "pyp" te vorm.
Plaas nou die "pyp" teen jou een oog en kyk na die foto daardeur.
Sien jy die verskil?
As ek moes kies sou dit baie moeilik wees. Die een is so pragtig soos die ander.
-
:hello:
Baie baie dankie!
Ek het die pyp gedoen- dit fokus nogal 'n mens se aandag. :-)
-
Wanneer 'n mens 'n blaadjie in jou hand het kan jy dit ook oprol en daardeur kyk. Gewoonlik fokus ek dan net op die skildery en dit werk vir my soos 'n bom.
Jou werk is van uitstaande gehalte Fransi.
-
Baie dankie PM.
-
Waterverf pogings. Hierdie val vir my onder prentjies en nie skilderye nie. Ek het dit probeer, omdat my ma gesê het dat 'n mens as kunstenaar seker die keuse moet maak of jy jou hart en kop wil skilder en of jy goed wil maak wat Jan Alleman sal koop. Ek het dit probeer en besef dat dit nie vir my is nie. :-)
-
Hierdie een het ek gemaak toe ek nog in matriek was, maar my kat het besluit om koffie daarop om te gooi en dit met koffiepootjies te versier. :-)
-
'n Mens kan duidelik sien dat jou kat nie veel erg aan jou werk het nie. :icon_biggrin: Vir my is dit van uitstaande gehalte.
Ek wens ek het die regte woorde gehad om hierdie pragstuk te beskryf. Die "versteekte/verskuilde" gesigte in die werk spreek boekdele. Dit is vir my so een met jou skryfwerk. "'n Verrassing agter elke woord." Ek sou ook graag die "boodskap" daaragter wou verstaan soos wat jy dit bedoel.
Ek neem aan dat jy nie van die "blomwerk" hou nie omdat daar nie 'n "boodskap" in is nie. Tog is dit vir my pragtig. Ek lief die kleure en die "prentjies" soos jy dit stel, skep 'n rustige atmosfeer. Daar sou beslis plek in my "boek" gewees het daarvoor.
Ek hou hierdie spasie dop vir die res.
Wanneer ek die foto oopmaak, deur een keer daarop te klik, dan hou ek CTRL in en rol die muis se wielietjie totdat die foto die regte grootte vir my is.
Ek lief dit Fransi!
-
Ja, sy dink beslis nie veel van my kuns nie. Wanneer ek teken en net gou iewers iets anders gaan doen, kry ek haar altyd op die blaai, besig om te slaap of haar naels daarmee skerp te maak. :icon_biggrin:
Dankie PM, vir my het dit gegaan oor hoe jy in jou lewe baie keer met roofdiere in verskillende vorme te doen gaan hê of met dinge wat voedsaam lyk, maar giftig kan wees. Hoe dit 'n invloed op jou lewe het en dit wat jy op die ou end uitstraal, totdat jy inderwaarheid selfvernietigend begin optree. Daar is darem gewoonlik positief ook in my goedjies- met die een het ek probeer sê dat t.s.v. en partykeer a.g.v kan jy wel nog jou vlerke behou, dans en blom. Dit is belangrik om die sagte te behou, selfs al voel jy dat jy daarvan gestroop is en slegs aggressie en weerloosheid oor het.
Dankie PM, vir die blomme ook. Ja, alhoewel ek al blomme ens. gesien het wat briljant was in tegniek of in ekspressionisme, inspireer dit my nie gewoonlik nie. Ek werk meestal van foto's af of samestellings van foto's en nie alle foto's roep my dat ek amper obsessief-kompulsief dit net moet vasvang nie. :-) Ek hou van simboliek en lae. :-) Daar is egter 'n kunstenaar wat stillewes doen wat my mond telkens laat oophang en my laat wens dat ek eendag so briljant sal kan wees- Carder van die Carder-method.
-
Kan jy vir my 'n skakel gee dat ek daarna kan kyk asseblief?
Ek lief die verduideliking. Dit is skerp.
-
Dankie PM.
http://www.markcarder.com/
http://www.youtube.com/playlist?list=PLE7BA992DA6EC29E8
Ek het die een dvd waar hy 'n stillewe skilder en soos wat hy skilder verduidelik en wys hy elke tegniek wat hy gebruik om dit so fotorealisties te kan skilder. Dit is ongelooflik en fantasties.
-
Dit is belangrik om die sagte te behou, selfs al voel jy dat jy daarvan gestroop is en slegs aggressie en weerloosheid oor het.
Ek neem hierdie met my saam as padkos vandag. Dankie baie baie Fransi. Gaan beslis na die skakel loer en ek weet dat ek dit gaan geniet!!
-
Dankie Meraai. :-)
-
Dankie Fransi. Dit is ongelooflik mooi. Eers wanneer 'n mens die skildery vergroot kan jy die kwashale sien. Ek stem saam met jou. Dit is uitstekend gedoen.
Ek het na die eerste deel gekyk waar hy die instrument verduidelik. Ek glo dit kan 'n uitstekende hulpmiddel wees om te gebruik.
-
Ek is bly jy het daarvan gehou, PM. Hy is werklik briljant. Ja, ek glo sy instrumente vir beide perspektief en kleur sal baie goed werk. Gelukkig kan 'n mens die blokkiesmetode ook gebruik wanneer jy teken (as jy van foto's afwerk). Met die kleur kan jy dalk weer 'n stukkie van daardie deurskynende plastiek uitsny waarop jy jou verf kan sit om te kyk hoe dit vergelyk met die deel wat jy wil skilder. Ek gebruik gewoonlik sommer my kwas en bekyk dan of die twee ongeveer ooreenstem. Die probleem met my tegniek is reflektering wat die kleur anders laat vertoon as wat dit werklik is. Veral as jy o.a. in 'n kamer is met baie natuurlike lig en wit mure. Dit is verbasend hoe 'n groot verskil sulke eenvoudige goed, waaraan 'n mens nie dink nie, kan maak.
So 'n intrumentjie sal regtig lekker kon werk. :-)
-
Nou is die tyd om daardie fotoreeks vir my aan te stuur Fransi. Ek is amper klaar met jou
bundeltjie. :love7:
-
Dankie PM, ek het juis vandag weer daaraan geskaaf- ek hoop nie dit veroorsaak te veel moeite nie. Ek sal dit vir jou epos. :-)
-
My lief matertjie, daar is nooit te veel moeite nie. Ek doen dit met die grootste liefde. Ek wens net altyd dat ek die kunstenaar reg langs my sy kon hê om so reg uit die perd se bek te hoor wat dit is wat hy of sy presies wil hê. Ek hoop van harte dat julle altyd die vrymoedigheid sal hê om julle wense en voorkeure aan my oor te dra. Ek wil so graag hê dat elke deelnemer moet voel dat sy werk presies is wat hy/sy graag wil hê. Al wat nodig is, is dat ons met mekaar moet praat. Ek sal nooit voel dat jy of enige ander lid my persoonlik aantas nie. Praat met my, eerlik en opreg, dit is die enigste manier wat ons 'n gemeenskaplike belang kan uitvoer. Ek lief jou matertjie.
-
Dankie PM, lief jou ook. :love7: