Author Topic: Skaaf weer  (Read 4183 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die donker elf
« Reply #15 on: March 19, 2013, 09:45:50 AM »
Ek het net vanoggend, nadat ek so laat geslaap het, hier voor die tikkertjie gesit en gewens en gewens ek kon julle altwee langs my hê om te help besluit watter prentjie is die beste.  Fransi het darem vir my mooi uitgewys wat sy by wat wil hê, maar die ander moet ek self soek en besluit en dit is moeilik. 
Met elke ander skrywer se werk ondergaan ek 'n gedaante verwisseling. Ek probeer om my in daai skrywer se skoene plaas en ek slaag nie altyd nie.  Dus seg ek, help my reg as jy sien ek val uit die bus uit.

 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die donker elf
« Reply #16 on: March 19, 2013, 12:35:06 PM »
Dit sou nou baie lekker gewees het om saam te kan sit en prentjies kies. :-) Dit laat my dink aan my studentejare. Wanneer ons 'n temapartytjie gehou het, het ons meisies plakkate en prentjies vir dit gemaak. Daardie saamsit en kreatief wees was feeste. Dankie PM, ek waardeer jou harde werk en kreatief/individueel kyk inniglik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die donker elf
« Reply #17 on: March 19, 2013, 12:58:13 PM »
en ek sou wat wou gee om dit saam te doen.  Pak jou goed en kom my maatjie!
Om te weet is om te verstaan.