Soos met enige ander medisinale middels is daar 'n groot verskil tussen gebruik en misbruik.
Ek ken 'n hele paar ouens, wel opgevoed en finansieel wel daaraan toe, wat die
seweblaarvingertjie sewevingerblaarjie vir ontspanning gebruik. 'n Mens moet werklik 'n onderskeid kan tref tussen die gebruik en misbruik daarvan.
Toe Hannes, juis daar in Richardsbaai, na drie weke uit die ICU uitkom, was hy baie swak en ons het vir hom tee gemaak van die groengoud (in my oe) Dit het hom rustig gemaak en heerlik laat slaap.
Antjie, ek verstaan goed waar julle vandaan kom met die veroordeling van die groenblaartjies, maar dit is misbruik. Dan glo ek opreg daaraan dat elkeen geregtig is op sy opinie en ek sal dit altyd respekteer.
My pa het ook altyd gesê dat geen werk is 'n skande nie. Al dra jy die emmer. Kan julle nog die "emmers" onthou? Dit is waar die gesegde vandaan kom: Dit is al laat al, die jamwa is op straat al. Hulle het mos na middernag die emmers keeg gemaak.