• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Drie Titel Vers

Started by Meraai vannie Baai, October 19, 2012, 03:43:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

#30
Nee. Ek is nie bang nie, maar wel moedeloos en gefrustreerd. Ek het op 'n stadium regtig hard probeer maar later moed opgegee. Die geworstel om liggaam en gees aanmekaar te hou het net alle kreatiwiteit en dryfkrag dooodgemaak. Kyk nou maar die paar mense wat hier deelneem... So 'n opflikkerinkie die afgelope week of twee maar klaar weer besig om in hul eie besig wees te verdrink.
In die sweet van nou aangesig sal jy jou vrek werk en nie vir jouself tyd hê nie. Ek verstaan dit. Oor bietjie meer as 'n week is my verlof verby en gaan die rotreis my ook weer insluk.
So sal dit maar aanhou tot ek my die granietkopstuk erf...  :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die geworstel om liggaam en gees aanmekaar te hou raak soms vir my ook te veel Naas maar ek is bang gebore, en die vrees dat ek nie weer gaan opstaan nie hou my regop  :icon_biggrin: Sterkte vir jou mater! So dra ons elkeen 'n kruis en lig soms die sluier na buite maar meestal is ons stryd na binne ne.

PM

Ouens, moenie moed verloor nie.  Al bly net julle handjievol hier, sal dit vir my vreugde bring, dag vir dag. 
Om te weet is om te verstaan.