Die boggel op my rug is afgegooi
Ouens, weet julle ons twee boeke is werklik 'n woordskat! PM, wat 'n wonderlike voorreg dat jy deurgedruk het en ons vir altyd dit teen die harte kan hou en daarmee spog op ons koffietafels. Terwyl ek nou vanoggend weer deur altwee blaai om te loer watter gedigstrukture opgeneem was, besef ek van vooraf dat ons met reg trots kan wees.
16 Strukture in boek 1 en 24 strukture in boek 2.
Terwyl ek blaai, lees ek al die geliefde name raak ...
tussen lyne, tussen verse
van rooiwyn, kaggelvuur en vers
het 'n gawe klompie maters saam vergaar
en die wêreld weer aan die brand geskryf
in volmaan, vonkelwyn en vers.
Nou is van ons penne stom en is daar basies
net die teer onthou van name eens geliefd
maar nou verlore in leë ruimtes...
Tussen blaaie pronk ons woordoeste
uit vergange se dae en ek wonder
nog steeds waar en wanneer
het ons mekaar dan só misgeleef
dat oseane van ink verdor het?
Tussen 'n handjievol van ons
hang daar wrange spasies
(on)meetbare gapings
oor waar
kom daar
,.?