Author Topic: 'n Drie Titel Vers  (Read 13303 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
'n Drie Titel Vers
« on: October 19, 2012, 02:43:25 AM »
Ek het die naweek 'n Ausie digter/sanger/liedjieskrywer en ons potjieskoning ontmoet.
Vertel my toe baie trots dat hy die eerste 'Drie Titel' gedig in Engels geskep het.   
Of daar in Afrikaans so iets bestaan weet ek nie; besluit toe om sommer net in 'n
'dankversie' ons eie weergawe te probeer.

Riglyne  :icon_scratch:  :toothy4:
Ek het ons gevlerkte vriende se Vlugformaat gebruik as voorbeeld.
Die eerste twee letters in die drie titels is dieselfde. Dieselfde woorde word
herhaal van regs na links in die vers.

Toe ek na die die foto kyk wat ek geneem het van die pelikane wat oor ons watergaatjie
gevlieg het, besef ek dat ons elkeen span die vlerke ook verskillend in die lewe en tog vlieg
ons in dieselfde rigting voort - in 'n span as sielematers.




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #1 on: October 19, 2012, 04:09:41 AM »
Dit is baie oulik Raaitjie.  Kreatief verby!   :hello2:  Welgedaan.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #2 on: October 19, 2012, 04:11:19 AM »
Vlieg ek so al met jou spoor langs  :love7: Vreugde om te deel altyd myne  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #3 on: November 08, 2012, 07:38:44 AM »
Al is my hart oorvol en die krane oop, wil ek met vreugde erken, dit is 'n grootse voorreg om in jou werk te kan deel.    :hello2: :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #4 on: November 12, 2012, 12:45:35 AM »
En hier sit ek, sluk aan die knop in my keel. Vanoggend weer besef watter voordeel daar is in die wete hoe kosbaar tyd kan wees - soos julle ook geskryf het: mens kry tyd om vir ander te beduie HOEVEEL hulle vir jou beteken :love7: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #5 on: November 12, 2012, 05:43:28 AM »
en hierdie week gaan ek 'n Drie Titel Vers skryf.  Ek moet net eers weer gou pak en ry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #6 on: November 12, 2012, 09:19:19 AM »
Jou Vriendskap Vrede en Vreugde lat my lag, lief en lewe  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #7 on: November 12, 2012, 11:30:03 AM »
Plek geboek vir jou weergawe van hierdie struktuur matertjie. Willa jou drie woorde is klaar titels, nou moet jy hulle net aantrek en kom uitstal. :hello2: :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #8 on: November 12, 2012, 01:00:15 PM »
Hier's my poging

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #9 on: November 12, 2012, 10:54:13 PM »
 :icon_salut: :notworthy: Pragtig Willa!! Ek is nou opgetooi met lagplooitjies.

In jou weergawe is die eerste letter van jou drie titels almal dieselfde - dus 'n variasie en dit bring my nou terug by wat ek geskryf het:
toe ek na die die foto kyk wat ek geneem het van die pelikane wat oor ons watergaatjie gevlieg het, besef ek dat ons elkeen span die vlerke ook verskillend in die lewe en tog vlieg ons in dieselfde rigting voort - in 'n span as sielematers.
 :hello2: :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: August 22, 2018, 11:38:56 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Variasie van die Drie Titel Vers
« Reply #10 on: March 26, 2013, 03:18:02 AM »


*Die bydrae is vertaal en aangepas as 'n drie titel vers in Afrikaans.

(Die foto is 'n weerkaatsing in die ponlockie se water, van die son wat deur die wolke kom loer het tydens 'n sandstorm.)
« Last Edit: August 22, 2018, 12:24:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #11 on: March 26, 2013, 08:55:12 AM »
Dit is baie mooi maar ek mis die twee kolletjies op die E Raaitjie.  Hoe gemaak om dit daar te kry? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #12 on: March 26, 2013, 08:56:38 AM »
Ekke kan dit nie opsit nie. Moet mos dit wat ek wil opsit ergens steel en vasplak. My tikker weier volstrek om die kortpadsleutels toe te pas. Die ene is maar net vir wys hoor as voorbeeld hoor.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #13 on: March 26, 2013, 08:59:30 AM »
Ek maak 'n nuwe e-posblaadjie oop, kies "insert" en kies dan daai tekentjie wat lyk soos 'n perdeskoen, regs.  Daar kies jy die teken wat jy wil gebruik en gaan plak dit vas waar jy dit nodig het.  My program vir die bundel het dit gelukkig in. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #14 on: March 26, 2013, 09:00:42 AM »
Slim verby!!  :headbang:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Variasie op die 'Drie Titel Vers"
« Reply #15 on: March 26, 2013, 09:56:43 AM »


Ekke sommer gou met PhotoScape twee kolletjies geskep. Sal dit doen matertjie?
« Last Edit: August 22, 2018, 12:19:02 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #16 on: March 26, 2013, 10:21:07 AM »
Dit is perrrfek, dankie Raaitjie.  Nou kan ek dit boek toe vat. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #17 on: March 26, 2013, 11:37:16 PM »
Ek hoop net nie die twee kolletjies trek skeef LOL! Dit is net ingetoor  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #18 on: March 27, 2013, 06:02:01 AM »
Dit doen nie hoor.  Ek is net bekommerd dat die skrif te groot gaan vertoon in die boek.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #19 on: March 27, 2013, 06:13:19 AM »
Kyk of jy die foto dan net kwart van blad byvoorbeeld plaas en nie laat strek oor hele blad? Is dit moontlik? Anders kan ek vir jou 'n foto apart stuur en die skrif onderaan? Dan kan jy die leestekens korrek aanbring met jou program mater?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #20 on: March 27, 2013, 07:56:22 AM »
As jy dit kan doen sal ek dit baie waardeer.  As julle vir my 'n blaadjie stuur waarop die skrif klaar geplaas is, kan ek niks daaraan verander nie.  Baie dankie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #21 on: August 21, 2018, 11:27:53 PM »
Ek lees hier oor 'n skouer en besef dat slegs Ta Raaitjie se eerste drieversgedig regtig aan die reëls voldoen.  :icon_scratch:  :dontknow: of is ek dom?

Vreugde. Vry.  Vra.

Soek jy vreugde in die huis?
Voel vry
om te vra.

In die eerste plek soek die gedig 'n driewoord titel. Dan moet die drie woorde almal met dieselfde twee letters begin. Die drie woorde moet in omgekeerde volgorde in die gedig voorkom. Het die verkeerde voorbeelde in die boek beland?


 :icon_bigsmurf:


« Last Edit: August 21, 2018, 11:32:42 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #22 on: August 21, 2018, 11:43:21 PM »
Mooi. Moeder. Moeë

Die trotse pa
kyk liefdevol toe
hoe die moeë moeder
haar mooi baba
aan haar bors koester.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #23 on: August 22, 2018, 12:22:58 AM »
Naas, ek het gou deur altwee ons bundels gegaan en kon nerens sien dat die opgeneem was nie. Nie n idee of ek dit miskyk nie. So hopenlik is dit nie gepubliseer nie lol.

Het vanoggend die titel by die foto verander na 'n Variasie van die Drie Titel. Jou voorbeeld is pragtig. :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: August 22, 2018, 12:26:12 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #24 on: August 22, 2018, 12:28:59 AM »
Dankie Ta Raaaitjie. Om die hoereerdery in my kop stil te kry dwaal ek maar hier deur die gangs met 'n kers om niemand wakker te raas nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #25 on: August 22, 2018, 12:29:49 AM »
Dankie vir jou skerp oog mater. Hopenlik is die probleem nou uitgesorteer.  Ek het ook gou weer gekoekeloer om te sien of daar enige ander skakels is na 'n drie titel vers maar kon niks opspoor nie. :angel4: :`ip2: Het ek die plasing misgekyk in ons albums of was die gode my goedgesind??

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #26 on: August 22, 2018, 12:54:01 AM »
As dit wel opgeneem is is dit nou bietjie mostert na die maal. Ek dink darem nie dis so erg dat ons 'n boggel op ons rug moet rondra daaroor nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #27 on: August 22, 2018, 11:54:12 PM »
Die boggel op my rug is afgegooi  :headbang:

Ouens, weet julle ons twee boeke is werklik 'n woordskat! PM, wat 'n wonderlike voorreg dat jy deurgedruk het en ons vir altyd dit teen die harte kan hou en daarmee spog op ons koffietafels. Terwyl ek nou vanoggend weer deur altwee blaai om te loer watter gedigstrukture opgeneem was, besef ek van vooraf dat ons met reg trots kan wees.

16 Strukture in boek 1 en 24 strukture in boek 2.

 :hello2: :book1: :notworthy: :icon_salut:

Terwyl ek blaai, lees ek al die geliefde name raak ...

tussen lyne, tussen verse
van rooiwyn, kaggelvuur en vers
het 'n gawe klompie maters saam vergaar
en die wêreld weer aan die brand geskryf
in volmaan, vonkelwyn en vers.

Nou is van ons penne stom en is daar basies
net die teer onthou van name eens geliefd
maar nou verlore in leë ruimtes...

Tussen blaaie pronk ons woordoeste
uit vergange se dae en ek wonder
nog steeds waar en wanneer
het ons mekaar dan só misgeleef
dat oseane van ink verdor het?

Tussen 'n handjievol van ons
hang daar wrange spasies
(on)meetbare gapings
oor waar
kom daar
,.?


« Last Edit: August 23, 2018, 03:16:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #28 on: August 23, 2018, 03:17:54 AM »
Ware woorde voorwaar. Daar is soveel redes vir stomstilte...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #29 on: August 23, 2018, 03:19:44 AM »
Dit maak my bang Naas  :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #30 on: August 23, 2018, 03:36:38 AM »
Nee. Ek is nie bang nie, maar wel moedeloos en gefrustreerd. Ek het op 'n stadium regtig hard probeer maar later moed opgegee. Die geworstel om liggaam en gees aanmekaar te hou het net alle kreatiwiteit en dryfkrag dooodgemaak. Kyk nou maar die paar mense wat hier deelneem... So 'n opflikkerinkie die afgelope week of twee maar klaar weer besig om in hul eie besig wees te verdrink.
In die sweet van nou aangesig sal jy jou vrek werk en nie vir jouself tyd hê nie. Ek verstaan dit. Oor bietjie meer as 'n week is my verlof verby en gaan die rotreis my ook weer insluk.
So sal dit maar aanhou tot ek my die granietkopstuk erf...  :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 24, 2018, 05:05:21 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #31 on: August 23, 2018, 03:40:23 AM »
Die geworstel om liggaam en gees aanmekaar te hou raak soms vir my ook te veel Naas maar ek is bang gebore, en die vrees dat ek nie weer gaan opstaan nie hou my regop  :icon_biggrin: Sterkte vir jou mater! So dra ons elkeen 'n kruis en lig soms die sluier na buite maar meestal is ons stryd na binne ne.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #32 on: August 24, 2018, 04:31:47 PM »
Ouens, moenie moed verloor nie.  Al bly net julle handjievol hier, sal dit vir my vreugde bring, dag vir dag. 
Om te weet is om te verstaan.