Author Topic: Sommer net 'n klomp los gedagtes.  (Read 2887 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Sommer net 'n klomp los gedagtes.
« on: September 18, 2011, 07:02:35 PM »
As die kole in die vuurherd
Rooi in die donker gloei
En koue om my lyf kom vou
Stook jy met soetsag soen
Die vuur tot knettervlam.
Dwardeur donker ure
kon ek my koester in vlammegloed
onder warm herinnerings skuil.
En toe ons in my drome een word
en ek die kruin bereik
het jou naam in my hart kom lê.



vandag koeksister my gedagtes
herinneringe deur lang dagure,
terg jou sagte lippe my binneste
voel ek vir ‘n oomblik veilig
met jou arms om my lyf




in my bang oomblikke
steek ek my hande smekend uit
na nog ‘n druk, nog ‘n sagte soen.
swygend weier stram spiere
ruk my terug in vreeskokon.
Klanklose noodkrete
verskans agter koeëlvaste glas.
Die woorde onhoorbaar sag,
boodskap onveranderd.



Die donker nagkombers
vou winterkoud om my.
Beskryf verlange
met wit rypvingers
oor my lyf en hart.
Geluidloos huil ek
oor alleen-ek nag
en nogsteeds,
my lief -
oor jou.


Ek wens ek kon vir jou 'n prentjie teken
van die liefde in my hart.
Ek sal dit inkleur
met sonneblom goudgeel kleur.
Ligte soentjiepienk strepies
die padkaart na my hart.
My lief, ek skilder vandag vir jou
'n lenteblom prentjiehart



Al my lag en trane
het ek vandag
in kleurvolle drade vasgebrei
Die eindproduk word toe
perfekte replika van my.
Vannand bring ek vir jou,
my lief,
my eie josefskleed.
Aan jou voete plaas ek dit,
met liefde toegedraai.
Vir jou, my lief
als wat ek jou kan bied -
net ek.


vandag het my gedagtes
swetend teen jou kranse geklim,
vermoeid die horison gefynkam soek,
die middaguur deur klowe gedwaal,
en smekend jou naam geroep.
Sononder het hul hoopvol
oor vlaktes gesweef
en rusplek in jou hart gesoek.


Wie sou kom dink
dat daar selfs
in my verlange na jou,
soveel passie kan wees,
my lief.


As woorde ligte was,
het ek heelnag
jou naam gefluister,
sodat die donker
uit my hart kon wyk,
my lief
As woorde blomme was,
Het ek jou naam afgepluk,
Styf teen my hart gedruk
En my gesig daarin gebêre
Want ek mis jou. ,my lief.







Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sommer net 'n klomp los gedagtes.
« Reply #1 on: September 18, 2011, 07:36:22 PM »
Pragseer, kielielekkerte, alles in jou verse omvou. :icon_study:
Wens ek vanaand ek kon jou 'n drukkie gee voor ek gaan slaap. :hello:
Wat is die verskil tussen ver verlang en naby verlang? Eensaam bly eensaam. :dontknow:

 :coffee2:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Sommer net 'n klomp los gedagtes.
« Reply #2 on: September 19, 2011, 07:09:19 AM »
Dit is vir my een van jou mooiste werke hierdie Gawie.   :notworthy:  Mal oor die woordkeuse en alles is tog net te mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Sommer net 'n klomp los gedagtes.
« Reply #3 on: September 19, 2011, 04:18:52 PM »
Op die hoogste kruin van jou berg
roep ek jou naam teen kranse uit.
Die eggo's kroon jou weer en weer
tot koning van my hart.

As die maan teen skemeraand
stadig by die water kniel,
buig my hart stil gewillig
voor jou voete, my lief

In sagte fluisterwind hoor ek jou roep
as ek dwaal op bergpaadjies
wyl my hart baldadig bokspring hop
en jou stem my grot toe lok.



Hoe dieper ek die graf
vir my herinnerings grawe,
hoe meer borrel jy
in my hart,
my lief


Ek het nooit geweet
dat verlange 'n hart
soos 'n mes kan sny.
Vannaand bloei myne
onsigbare trane,
my lief.



vir 'n oomblik het die son
in donkernag geskyn,
'n sagte fluistersoen
teen my wang gedruk
en lentebloeisels
in my hart gelos
my lief



Ek stuur vir jou ‘n briefie
aan ‘n posduif se poot,
met kabbelende waterstroom
en ‘n kriekekoor,
‘n enkele maanligstraal
en rose agter my oor,
‘n sagte lief-jou soen
en een wees sonder skroom.
Ek stuur vir jou
ons droom, my lief
in ‘n briefie
aan die posduif se poot.



Selfs in die daglig, my lief
is ek nie meer veilig
teen my drome en verlang.
Elke keer as ek
vermoeid my oë sluit,
doem jou beeld
helder en duidelik
voor my op.



as ek my oë toemaak,
sien ek joune voor my lag,
dan besef ek weer my lief,
ons kinders sou sulke mooi oë kon hê.


As verlange in my hart mespuntdraai
en jou stem krampagtig
in my geheue koggelroep,
vind ek my weerloos
teen die aanslae, my lief.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Sommer net 'n klomp los gedagtes.
« Reply #4 on: September 21, 2011, 06:42:03 AM »
Verlang en alleen wees is erge goete.  Dankie vir die deel Gawelientjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.