Ceres karoo blomme kyk
ek weet die storie begin weer waar daar al selfde geplaas is maar dit hoort bymekaar
om een of ander rede het ek en die vrou noodgedwonge 3 ure in die omgewing deurgebring. Nou sal jy seker wonder hoe dan so.
Gelukkig vir 'n enjin olie liggie wat werk.
Ek het geleer wanner hy rooi brand stop jy eerder.
So ry ons Katbakkiespas af, steiler as steil, ek ry in 1 ste rat daar af en dan is dit steeds te vinnig dat ek gereeld rem moet trap. So vat ons maar ons tyd, is mos nie haastig nie, wil darem net voor donker by die huis wees. Dis nog 116 km en nog so 1 uur 45 minute se ry. Daar amper heel onder begin die liggie flikker en ek sê vir Albertus wat gaan nou hier aan. Ek reken dis die afdraand wat se steil is dat die olie vorentoe loop en nie deur die olie pomp opgetel word nie. Ry verder en toe ek oor die brug ry is die bakkie darem al weer op gelyk grond en die liggie gaan dood.....en ja wraggies daar flikker hy weer. Stop toe so 200 meter anderkant die brug langs die bloekom bos en kyk gou wat gaan aan...........
verassing waarvoor ons nie lus was nie......hele enjin is met olie bemors.....iewers is iets stukkend wat olie laat spuit. Dis hoe ek en sy toe noodgedwonge daar langs die pad uitspan en ek later hierdie fotos kon neem. sou nooit daar stilhou om dit af te neem nie en sou ook nooit op son sak tyd daar gery het om die mooi te kon sien.
Dis 'n geluk met die ongeluk.
en nou wonder jy verder.......dis 'n storie op sy eie maar ons is weer tuis en die bakkie staan op Ceres om reg gemaak te word.
Ek en die vrou het saam met Albertus na sy swaer se plaas iewers in die Ceres Karoo omgewing gegaan om die stilte te waardeer en blomme te kyk. Ons is die Dinsdag oggend hier weg en het net die een nag op die plaas oorgeslaap. Die weer was reg vir blomme kyk, warm en windstil en sonskyn.
Ons het vir Albertus in Michellspas by die tolhuis gekry waar ons koffie gedrink het en hy ons van die bou van die pas en van die vergete grootpad vertel het. Dis nou die ou grondpad wat deur Ceres en die karoo geloop het Kimberley toe.
Die ou brûe oor die slote in die pas is met klippe uitgepak. Hier is een van die ou brûe naby die tolhuis.
Die 2 foto’s is in Michellspas geneem. Die blou lug was vir my pragtig na 2 dae se reënerigheid en bewolk
Ons is daarvandaan Theronsbergpas op en bo-op het ons afgedraai na ’n vriend van Albertus se plaas. Dit is oor paar heuwels en deur paar klowe voordat jy by die huis kom en dit is doodstil daar. Jy hoor geen karre nie, net plaas geluide as daar iets is wat raas.
Helder skoon blou lug, omtrent 2000 meter bo seevlak is die plaas geleë.
Die katte kyk met piering oë wat maak die vreemde mense by die huis.
Die perskes was vol in die blom.
deel 2 vervolg
deel 2 vervolg