Digkuns > Skryftegnieke

"Hermetiese poësie"

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
As daar een ding is wat my fassineer is dit die verslawende genot van hermetiese digkuns. Die eksotiese ervaring as die vreemde woorde rondgerol word in my kies! Meestal is ek te 'dig' om alles te verstaan maar die genot oorskry die skaamte by verre  :icon_bigsmurf: :notworthy:

So dag of ses gelede het ek en juffrou Gawie gesels oor die uiteenlopende skryfstyle wat ons onderskeidelik aantrek/afstoot. 007 het op die besempie gespring en deur so paar nuwe bundels se voorskoue gaan blaai wat binnekort vrygestel gaan word in Gatkantland. Die toonomkrul-lekkerte van nuwe woordverbindinge as leidrade na die verborge woordskatte, het 'n fees belowe en my plek is geboek tussen die lyne!  

Toe het ek die besempie se grashare mooi gestryk en skerp regs gedraai-  na my geboorteland en gaan kersopsteek by Andries Visagie (professor aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria).

In hierdie kort opsomming oor die hermetiese digkuns wil ek beaam wat hy so pragtig uiteengesit het in sy onderhoud met Louis Esterhuizen.

Die leser wat gaan dwaal tussen hierdie soort dig(ters)lyne - word bewus van geheime; koppig bewaar. Hier waak die abc ontoegangklik. As jy die veeleisende leesuitdagingstaak aanvaar, sal jy hierdie saamgevoegde elemente van klank, beweging, ritme en betekeningsgapings (hiate) verstaanbaar vertolk. En die geheime kode - geskep deur vyf hondsgetroue vriende van die digter (ala Breyten) wat die pen liefkosend omvou het, mag jy dalk net ontsyfer!

In die proses ontdek jy die wegkruiper-woordspel: "Hermetiese poësie" - in wese anders as die vernufpoësie wat openlik terg en speel met woorde en "dig" tog toeganklik en verstaanbaar maak vir ons, die lesers.

Ter aansluiting by die onderwerp wil ek graag die volgende paragraaf aanhaal:

Prof Andries Visagie soek ook weer “opstopper-gedigte”: "Dit wil voorkom asof die druk op digters en skrywers om toeganklike werk vir ’n breër leespubliek te lewer, daartoe gelei het dat die hermetiese gedig in Afrikaans uit die blikveld begin verdwyn het. Dit sal egter jammer wees indien daar digters is wat hul belangstelling in die hermetiese poësie verwaarloos om doelbewus vir ‘n breër leserskorps te skryf."

Navorsingsbron: http://versindaba.co.za/tag/verhalende-verse/

Meraai vannie Baai:
En so skryf Jelleke Wierenga oor haar skeppingsmetode:
 Wanneer ek iets intens wil sê, pas ’n “gewone” woord soms glad nie: ek moet ’n nuwe woord skep of ’n bestaande een so anders gebruik dat dit ’n nuwe funksie verkry. In “Huis ontuis” gebruik ek selfs eiename as werkwoorde. Ek beweeg buite die (dood)gewone nor-mal-iteit hier – die woorde moet die (verdofde en verdoofde) leser – myself ook! – as ’t ware wakker slaan. Ek speel met woorde en hou daarvan om nuwe kombinasies en vorme en gebruike te skep – dit verbaas my dikwels dat mense so stug en stuurs aandring op die “gewone” en die “konvensionele”. Veral in die digkuns mag ’n mens seker ’n bietjie baldadig van die grasperk af baljaar? Ek hoop my gedigte is nie té dig vir die “gewone mens” nie en dat dit geniet kan word, selfs al word elke gedig nie in die fynste besonderhede verstaan nie.

Kom ons doet voort en dig - hetsy dit die ontoegangklike (letterlike) 'dig' bewaarde geheime bevat of die digtaal wat ons almal verstaan. Elkeen verdien sy plek in ons mooiste mooi taal.

PM:
Ai, ek is so dig dag ek eers die  HAT moes nader sleep om vas te stel wat "hermeties" beteken  -  so dig dat niks kan deurdring nie - 

Dit is, volgens my, juis daardie "digtheid" wat die gewone leser van die digkuns afskrik en alle belangstelling laat verloor.  Ek is geneig om met die ouens met die dik brille, kaalkoppe en boepense, wat sê, dat die leser moet verstaan wat die skrywer probeer sê sonder om navorsing te gaan doen, saam te stem. 

Hoekom lees ons?  Wat gebeur as jy iets lees waarvan jy geen sin kan maak nie?  Vir my voel dit asof iemand my van iets beroof het; van die genot wat ek daaruit put on die vernuftigheid van die digter se werk met insig te ervaar. 

Ek is lief vir my skrywers.  Hulle praat my taal.  'n Taal wat ek kan verstaan, ervaar en geniet met oorgawe.

Meraai vannie Baai:
Presies wat Juffrou Gawie en baie ander skrywersmaters ook voel PM.  Sy skryf: 'as ek eers 'n woordeboek moet nadersleep om agter te kom wat probeer die skrywer vir my vertel, verloor ek net daar belangstelling en draf skuins verby'  :toothy4:

 :icon_bigsmurf: ek begin verstaan dat sommige vrinne dink die uwe is 'weird' (BAIE weird)  :icon_biggrin: om vir dae te kan bespiegel en peins oor 'n enkele sin wat nie sin maak nie.  Was baie nuuskierig om te sien wie word nog gefassineer/afgestoot deur hierdie 'dig'terlike vorm. Soms sal ek die onverstaanbare probeer weergee deur 'n paar vals akkoorde op die klavier te gaan slaan ... dink dit sal my terugruk na die werklikheid maar pure verniet. Ek top na jare nog steeds oor meeste "Hermetiese poësie" EN geniet :notworthy: weer 'n keer  :icon_bigsmurf:

PM:
NEE!  Dit laat my besef hoe dom ek regtig is!  Nee!  Ek sal ook sit en bepeins en ek gee nie om om die woordeboek nader te sleep of 'n woord op die internet in te tik en 'n bietjie navorsing te doen nie.  Soms besef ek die skrywer spot met 'n onderwerp waaroor ek nie ingelig is nie, maar nee dankie, ek wil nie ure daaraan spandeer nie. 

Ek glo ook nie dat ons as digters, wat gereeld met die abc speel en "wegkruipertjie" tussen die woorde speel, besef hoe uiters frustrerend dit vir "gewone" lesers is nie.  Ek is nie 'n hermiet nie en woon nie in
 'n hermitage (uitspraak - her-mitaa'zje) nie.   :dontknow:   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version