Woorddief het weer met die besempie en woordmandjie so deur die erwe geswerf en 'n paar lyne gegaps
adéleperskes en vla,
so rukkie na die sondagmaal,
hier is ekke ook.
~~~~~~~~~~~~
Chichi se Fib:ek
is
nou lus
vir kamp, duik
en braai en bier drink
en natuurlik baie wyn en swem,
lag en die son sien opkom en al daardie dinge!!
~~~~~~~~~~~~~~
Lox se epitaafFlyt fyt
my storie
is yt.
~~~~~~~~~~~~~
PM: Orkney Snork nieOns was daar anderkant Orkney Snork nie,
maar hulle slaap te vas om te snork,
want daar was geen opvangs nie.
Ek dink hulle moet 'n epitaaf skryf en dit
op die plek van die "welkom" bordjie plaas.
Die plek is so klein, as jy in die dorpie inry,
staan daar "welkom" op die bord,
as jy in jou tru-spieëltjie kyk,
lees jy "Totsiens, kom gou weer".
PM: Dankie 007Ai suster Het, dit was nou vet pret.
As my baas my nou kon sien
sou ek my bedanking moes indien.
Van sit en staan kom niks gedaan,
ook nie van lees en sing nie!
PM:My ma het gesê
jy moet kinders
net die inligting gee
wat hulle nodig het
en niks meer nie.
"Shut up"
PM: Drankbare ekkeDaar's hy, al my skapies in die kraal.
Ek is bly om julle almal hier te onthaal
op koek en tee in die oggend en perskes
en vla na die middagmaal.
Vanaand kry julle elkeen 'n stywe dop
om die litte reg te skop.
PM: BriefieJy was hier
toe is ek weg,
nou is ek hier,
nou is jy weg!