• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Afrikaanse Terg Verse (ATV)

Started by Meraai vannie Baai, September 11, 2011, 12:07:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

Ek ken Lox se "Die By" as volg:

Vers 1

Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...

Second verse, same as the first.

Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...

Third verse, same as the first.

Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...

(die gedig het 50 versies maar ek kan nie nou almal onthou nie. Askies.)




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Heerlik om met so 'n luim hier weg te spring Naas.  As ons nie in 'n diep duister gat sit nie, kan ons weer lag.
Om te weet is om te verstaan.

adele

   :toothy4:  ek het julle soms soooo nodig    :toothy4:   geniet elke versie, Naas, seker jy sal die ander eendag onthou
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Hiehiehie! So jammer jy het die ander versies vergeet Naas. Sou dit bitter graag wou lees  :notworthy:

Hier is PM se gegapsde versie:

En dan...

Ons is mos aan moedersknie geleer om te gee
en dan, as ons nie gee nie voel ons skuldig,

dan is ons kwaad vir die bedelaar,
omdat hy ons in daardie posisie plaas

en dan is ons kwaad vir onsself,
omdat ons dit toelaat

en dan hoep die poender
en dan hak die kaan...

Dan vra die mense hoekom drink ek,
dan wys ek vir hulle die foto's

en vertel die storie,
dan drink hulle saam.

© PM

Naas

"en dan hoep die poender
en dan hak die kaan..."

Toe hak die kaas,
Kis die poei,
vik die hark,
... (Wag laat ek liewer ophou.)
vanaand eet ons weer paapskiel en barkvallas. (Ek het julle gese ek moet liewer ophou.)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina


My pa het ons altyd met die versie vermaak.

Dis die blond, dis die blou
Dis die brooklax wat ek kou
Dis 'n deur wat keer
Dis papier wat skeur...

Dis al.

Meraai vannie Baai

Ek bulder alweer onvroulik diekant  :toothy4: :notworthy: Gawie ek onthou daai versie nou! My pa het dit ook kwytgeraak as ek lankal 'n gediggie moes oefen om voor te dra. Dan se hy gebruik sommer die ene LOL.
Naas, hehehehe jy is onverbeterlik. Hoop julle aand(vr)ete het goed afgegaan  :sign10:

PM

Jitte, maar jy kan dit uitryg Naas!  :icon_biggrin:

Ons kinders het gou 'n hele paar variasies van die gedig gemaak.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hieheihei... gaan ons 'n paar onder oge kry PM?

PM

Dalk liewers nie hier nie.  Is jy lus vir 'n glasie pienk borreltjies?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Laat my nie twie keer nooi nie, is so goed ek's daar ... wag ek is nou so drankbaar ek vergeet skoon ek was al daar  :icon_bigsmurf: :notworthy:

Naas

My weergawe"

Dis die blond,
dis die blou.
Dis die Brooklax wat ek kou.
Dis die pyn op my maag
wat my kleinhuis toe jaag.
Dis die kleinhuis se deur
wat my in volle vaart keer.
Dis die drol in my broek
wat my ma laat vloek.
Dis al.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

As kinders het ons soveel pret gehad met die ou versies.  Onthou julle hierdie een wat ons op die kampus gesing het?

Gaudeamus igitur, nog 'n dag is in sy ...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi joi joi .... ekke smoorverlief alweer van vooraf op ons taal  :headbang:

Meraai vannie Baai

Hier is Joe se 'afval-versie' via die skypeskoeter  :icon_biggrin:

Hart lewer poephol en tong,
dis mos die kos vir my
of wat seg jy my klong?
©