Author Topic: Afrikaanse Terg Verse (ATV)  (Read 24212 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #15 on: September 30, 2011, 09:26:54 PM »
Ek ken Lox se "Die By" as volg:

Vers 1

Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...

Second verse, same as the first.

Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...

Third verse, same as the first.

Die by sit op die wal...
Dis al...
Zoem sê die by
en weg is hy...

(die gedig het 50 versies maar ek kan nie nou almal onthou nie. Askies.)




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #16 on: October 01, 2011, 08:04:43 AM »
Heerlik om met so 'n luim hier weg te spring Naas.  As ons nie in 'n diep duister gat sit nie, kan ons weer lag.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #17 on: October 01, 2011, 11:08:45 AM »
   :toothy4:  ek het julle soms soooo nodig    :toothy4:   geniet elke versie, Naas, seker jy sal die ander eendag onthou
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #18 on: January 19, 2012, 03:08:59 AM »
Hiehiehie! So jammer jy het die ander versies vergeet Naas. Sou dit bitter graag wou lees  :notworthy:

Hier is PM se gegapsde versie:

En dan...

Ons is mos aan moedersknie geleer om te gee
en dan, as ons nie gee nie voel ons skuldig,

dan is ons kwaad vir die bedelaar,
omdat hy ons in daardie posisie plaas

en dan is ons kwaad vir onsself,
omdat ons dit toelaat

en dan hoep die poender
en dan hak die kaan...

Dan vra die mense hoekom drink ek,
dan wys ek vir hulle die foto's

en vertel die storie,
dan drink hulle saam.

© PM

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #19 on: January 19, 2012, 09:41:22 PM »
"en dan hoep die poender
en dan hak die kaan..."

Toe hak die kaas,
Kis die poei,
vik die hark,
... (Wag laat ek liewer ophou.)
vanaand eet ons weer paapskiel en barkvallas. (Ek het julle gese ek moet liewer ophou.)



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #20 on: January 19, 2012, 10:47:41 PM »

My pa het ons altyd met die versie vermaak.

Dis die blond, dis die blou
Dis die brooklax wat ek kou
Dis 'n deur wat keer
Dis papier wat skeur...

Dis al.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #21 on: January 19, 2012, 10:52:13 PM »
Ek bulder alweer onvroulik diekant  :toothy4: :notworthy: Gawie ek onthou daai versie nou! My pa het dit ook kwytgeraak as ek lankal 'n gediggie moes oefen om voor te dra. Dan se hy gebruik sommer die ene LOL.
Naas, hehehehe jy is onverbeterlik. Hoop julle aand(vr)ete het goed afgegaan  :sign10:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #22 on: January 20, 2012, 05:13:38 AM »
Jitte, maar jy kan dit uitryg Naas!  :icon_biggrin:

Ons kinders het gou 'n hele paar variasies van die gedig gemaak.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #23 on: January 20, 2012, 05:25:05 AM »
Hieheihei... gaan ons 'n paar onder oge kry PM?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #24 on: January 20, 2012, 05:27:47 AM »
Dalk liewers nie hier nie.  Is jy lus vir 'n glasie pienk borreltjies?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #25 on: January 20, 2012, 07:28:09 AM »
Laat my nie twie keer nooi nie, is so goed ek's daar ... wag ek is nou so drankbaar ek vergeet skoon ek was al daar  :icon_bigsmurf: :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #26 on: January 20, 2012, 03:19:04 PM »
My weergawe"

Dis die blond,
dis die blou.
Dis die Brooklax wat ek kou.
Dis die pyn op my maag
wat my kleinhuis toe jaag.
Dis die kleinhuis se deur
wat my in volle vaart keer.
Dis die drol in my broek
wat my ma laat vloek.
Dis al.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #27 on: January 21, 2012, 05:24:01 AM »
As kinders het ons soveel pret gehad met die ou versies.  Onthou julle hierdie een wat ons op die kampus gesing het?

Gaudeamus igitur, nog 'n dag is in sy ...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #28 on: January 23, 2012, 09:01:32 AM »
Oi joi joi .... ekke smoorverlief alweer van vooraf op ons taal  :headbang:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse Terg Verse (ATV)
« Reply #29 on: April 15, 2013, 05:56:59 AM »
Hier is Joe se 'afval-versie' via die skypeskoeter  :icon_biggrin:

Hart lewer poephol en tong,
dis mos die kos vir my
of wat seg jy my klong?
©