• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lanturne Struktuur in Afrikaans

Started by Meraai vannie Baai, September 09, 2011, 11:40:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die lanturne is 'n vyf-reël Japanese struktuur en lyk dan ook amper soos 'n Japanese lantern met sy lettergreeptelling van een, twee, drie, vier, een.

Ek het die struktuur uitgebrei en 'n paar verse geskep wat ook as enkel-gedigte kan vertoon.

http://www.shadowpoetry.com/resources/wip/lanturne.html

Vroeg
weerklink
haan se kraai
en ontwaak die
buurt.

Son
wy met
geel grinnik,
die nuwe dag
in.

Trek
skemer
haar 'bersie
oor sonstrale
skaam

dan
kom druk
donker, sy
neusie teen die
ruit.

Om
kerslig
kring 'n mot;
skroei haar vlerkies
swart.

© Meraai vannie baai

Hier is 'n twee pragtige Engselse voorbeelde  (slegs as opvoedkundig vertoon)

Black,
yellow,
brown, or white--
partitions skin
deep.

by
the stream
so shallow,
weeps a willow
tree.

PM

Raaitjie, dit is pragtig geskryf.   :hello2:  Hierdie is beslis een van die gedigstrukture waar die skrywer "dig" moet raak, met die minste woorde die meeste sê.  Ek hou van die "uitbreiding".  Hier is my poging.

die
waarheid
is kaalkop
sonder opsmuk
naak

leuns
sonder
gewete
karakterloos
vals

red
dit wat
nog oor is
bekeer tog nou
bieg

eg
eervol
is 'n wapen
teen kruisverhoor
rein

twis
die swaard
oor jou hoof
wat kommer wek
stop

vir
vrede
kan jy dan
agteroorbuig
juig
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi joi joi hierdie was nou regtig 'n 'lekker' struktuur ne. PM ekke lief jou Lanturnes  :love7: Dit dra elkeen so duidelike beeld uit met die minimum woorde  :notworthy: :book1: