Die lanturne is 'n vyf-reël Japanese struktuur en lyk dan ook amper soos 'n Japanese lantern met sy lettergreeptelling van een, twee, drie, vier, een.
Ek het die struktuur uitgebrei en 'n paar verse geskep wat ook as enkel-gedigte kan vertoon.
http://www.shadowpoetry.com/resources/wip/lanturne.html
Vroeg
weerklink
haan se kraai
en ontwaak die
buurt.
Son
wy met
geel grinnik,
die nuwe dag
in.
Trek
skemer
haar 'bersie
oor sonstrale
skaam
dan
kom druk
donker, sy
neusie teen die
ruit.
Om
kerslig
kring 'n mot;
skroei haar vlerkies
swart.
© Meraai vannie baai
Hier is 'n twee pragtige Engselse voorbeelde (slegs as opvoedkundig vertoon)
Black,
yellow,
brown, or white--
partitions skin
deep.
by
the stream
so shallow,
weeps a willow
tree.
Raaitjie, dit is pragtig geskryf. :hello2: Hierdie is beslis een van die gedigstrukture waar die skrywer "dig" moet raak, met die minste woorde die meeste sê. Ek hou van die "uitbreiding". Hier is my poging.
die
waarheid
is kaalkop
sonder opsmuk
naak
leuns
sonder
gewete
karakterloos
vals
red
dit wat
nog oor is
bekeer tog nou
bieg
eg
eervol
is 'n wapen
teen kruisverhoor
rein
twis
die swaard
oor jou hoof
wat kommer wek
stop
vir
vrede
kan jy dan
agteroorbuig
juig