Nee man Naasie, dan moet jy praat ou, jy weet ek beplan my hele lewe weg. Is al weer beset tot die middel November. Ek reel maklik vir jou saam met ons kuiertjies. Tussen see en berge is waar julle my sal vind die volgende maande. Hoop net ek kan dan tot ruste kom. (?)
Ek het lang vakansie aan die einde van die jaar. Dan maak ons stoor toe. Maar ek beplan omtrent vir elke oomblik wat moontlik is 'n wegbreek, see toe of berge toe of sommer enige plek wat my sal neem.
Ek hou van kamp, ek is mal oor primitief. Hier is net so plek en dis waar ons dan ook een naweek in November gaan. Prys baie goed. Dis bo-op, tussen berge, Eish mensig dis so mooi daar ek sal sommer wegloop van alles en myself daar gaan wegsteek.
O en jy mag vir brakkie saam vat, solank hy vriendlik is. Ongelukkig is groot meneer nie vriendlik nie so hy moet tuis bly, maar Minouchka gaan altyd saam.
Chikie ek moet sê ek sal vreeslik graag wil duik soos julle, maar ek kan nie. Het nog nooit geleer hoe nie. Kan seker gaan leer. Ek het wel een groot probleem ek hou nie van koud kry nie en ek kry gewoonlik koud.
Dit lyk vir my altyd so mooi daar onder die see. Daai pragtige visse en korale, julle is bevooreg. Geniet dit.