• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vakansie

Started by Trapsoetjie, September 08, 2011, 04:15:43 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Wil net hoor hoe hou julle vakansie?

Gaan julle weg oor naweke?

Waar verkies julle om te kuier?

Ek wil eindlik net vastel of ek al een is wat nie tot ruste kan kom nie!

:angel12:

PM

vak ansie?  ek bedoel vakansie?  :icon_biggrin:

Ek is mal oor die wildtuin en Tsitsikamma.  Was so gelukkig om albei te besoek hierdie jaar.  Hou my net weg van 'n gedrom van mense, ek hou net niks daarvan nie.
Toe ons die langnaweek in die wildtuin was moes ons 'n uur in die tou staan om by die hek in te kom.  Die restaurante was tot oorlopens toe vol en by die kiosk het die ouens tot in Pretoria in 'n ry gestaan.  (Dit word 'n hiperbool genoem, nee nie die ry mense nie, die oordrywing.)   :icon_biggrin:   Nie weer nie!

Wat is lekkerder as wynproe op 'n naweek, maar dan moet jy in die Kaap wees.


Om te weet is om te verstaan.

Chichi

as ek kon sou ek elke naweek weg gewees het, my male gaan wel elke naweek weg..

Ek is bie lief vir kamp in die bosveld! maar ek vrek oor die see en in fancy plekkies ook bly. nie noodwendig in fancy plekkies by die see nie, dit baie lekker om daar te kamp ook!  Sjoe die wildtuin is 'n lekker plekkie om te wees!

ons is lief om bietjie buiteland in te vaar met groot 4x4 voertuie en daar ook 'n lekke lang roadtrip te he!

maar ek werk hard tans so tussen deur die swot so dit gebeur maar selde deesdae.... behalwe as ons gaan duik!!
*The one and only AWESOME-EST


Naas

As ek vakansie het gaan ek so ver as my geld dit toelaat. Gewoonlik my sitkamer.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Nee man Naasie, dan moet jy praat ou, jy weet ek beplan my hele lewe weg. Is al weer beset tot die middel November. Ek reel maklik vir jou saam met ons kuiertjies. Tussen see en berge is waar julle my sal vind die volgende maande. Hoop net ek kan dan tot ruste kom. (?)

Ek het lang vakansie aan die einde van die jaar. Dan maak ons stoor toe. Maar ek beplan omtrent vir elke oomblik wat moontlik is 'n wegbreek, see toe of berge toe of sommer enige plek wat my sal neem.

Ek hou van kamp, ek is mal oor primitief. Hier is net so plek en dis waar ons dan ook een naweek in November gaan. Prys baie goed. Dis bo-op, tussen berge, Eish mensig dis so mooi daar ek sal sommer wegloop van alles en myself daar gaan wegsteek.  :love7: O en jy mag vir brakkie saam vat, solank hy vriendlik is. Ongelukkig is groot meneer nie vriendlik nie so hy moet tuis bly, maar Minouchka gaan altyd saam.  :love7:

Chikie ek moet sê ek sal vreeslik graag wil duik soos julle, maar ek kan nie. Het nog nooit geleer hoe nie. Kan seker gaan leer. Ek het wel een groot probleem ek hou nie van koud kry nie en ek kry gewoonlik koud.  :icon_scratch: Dit lyk vir my altyd so mooi daar onder die see. Daai pragtige visse en korale, julle is bevooreg. Geniet dit.

:angel12: 

adele

ag heeeerlik! ek hoor daar is gisteraand gekuier inni kaap,   :hello:   voel amper jaloers.   :love7: 

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Wie kuier sonder ons Adéle.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

adele

my meisiekind was vir drie dae inni Kaap en Trappies het haar gaan haal om haar alleenheid biki te breek. dankie! Trappies, Naas, vir julle liefde, sy het dit so geniet.

  :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Hoe kosbaar is vriendskap  :love7:

PM

Jy sal hierdie woorde weer raaklees, "sulke vriende skop 'n ou nie elke dag agter elke bos uit nie"  Adéle.  
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek was van plan om haar gistraand weer te gaan haal. Gelukkig het ek niks gese nie want toe gebeur die lewe en ek moet ander draaie gooi. My skoonbroer het 'n ander heup gekry wat toe besluit om te onsteek.
Storie van my lewe. Ek is 'n meester daarin om my eie teleurstellings te beplan. Dink ek moet dit as onderwerp vir my doktorstesis gebruik.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

dis die lewe, Naas, maar as ons alles perfek kry, sal ons nooit iets waardeer nie. daarom laat glip ons Vader moeilike dae deur vir ons.
sterkte vir julle familie, dit klink na erge probleme vir hom.
adéle  :grommit:

PM

Sterkte, die jaar is amper verby, dan sal dit seker weer beter gaan.  Hoop ook maar net so!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

 :icon_cheers: Hallo julle, ek wou haar ook gaan optel. Ek en sy het bietjie gister gesels en sy het gepraat van vroeg in kruip, want sy moes baie vroeg op vanoggend. Dit was regtig lekker om haar te mog ontmoet.   :love7:

Sy mag nou net nie weer hier kuier sonder om 'n naweek saam met ons te spandeer nie. Ons kan haar bietjie wys hoe dit die kant van die land lyk. Sien sy hou ook van my rooikoeldrank - so 'n koeldrankproe sal op die lys van wat hier gebeur wees.  :hello2:

:angel12:

PM

Sy is beslis in die regte hande.  Sowat van gasvryheid en liefde is deesdae skaars.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.