• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wie is wie op die forum?

Started by Bestuur, April 15, 2011, 11:54:50 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

 :hello2:  Dit kan ook werk. So lank ons proe!

PM

Proe uit elke bottel uit nê?   :icon_biggrin:  Ons sal nêrens afklim nie, net saam ry en proe.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Met 'n botteltjie (soortgelyk aan daai wat julle my gepresent het) onder die armpie, kan ek nogal afklim en bietjie berg verken. Net nie te veel klouter werk nie, dis kosbare voggies onder die een arm!

:angel12:

PM

Nee man, jy wil nou net kosbare drinktyd vermors.  :icon_biggrin:  Ons droom drome en sien gesigte.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Julle maak my lus vir 'n wyntjie!!! dit die middel van die week en ek skryf more 'n groot ene so ek kan nie eers 'n ou glasietjie drink nie!  :crybaby2:

ek dink ek staan die beste kans hier om nog in my tyd 'n ou boertjie met 'n wynplaas en 'n lughawe te ontmoet.  So stuur vir my die inligting wat julle al het! haha

dalk moet ek na die boere op boer soek 'n vrou gaan kyk
*The one and only AWESOME-EST


Trapsoetjie

Nou praat jy chichi! Jy beter net nie van ons hier vergeet as jy hom in die sak het nie.  :sign10:

O en die wyntjie...1) Jy het nie 'n tyd nodig om wyn te drink nie. 2) dit kan net help met die groot ene more, het jy nog nie gehoor van dit maak jou slim nie? 3) o en dis nie die middel van die week meer nie, dit was gister, more is hy al klaar op sy * o mag ek daai woord hier gebruik okay ons sê op sy rug, o dit klink seker ook nie goed nie...ag! wat! jy verstaan! (ek hoop)  :sign10:

:icon_biggrin: As jy nie verstaan nie, het jy heeltemaal te min gedrink en stel die dokter voor 'n glas vol vir jou.... :laughing7: :laughing7: :laughing7:

:angel12:

Chichi

nee ek verstaan nooit niks nie!! ek sal maar 'n botteltjie moet drink...  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

en dankie vir die raad trapsoetjie! ek sal nou dadelik daai botteltjie oopmaak, dan sal ek GREAT doen in more se vraestel!!
*The one and only AWESOME-EST


Trapsoetjie

Lekker lag ek nou, dis 'n plesier ou dier!  :icon_biggrin: Ek is nou daar om jou te help met die bottels...Waar is PM?  :love7:

:angel12:

PM

Ek het net gou 'n stukkie werk wat in die boek moet kom geredigeer.  Dit was die moeilikste stuk wat ek nog ooit moes doen!  Maar nou is ek hier ou dier, en jy is seker klaar weg?

Jy moet eers by die derde glasie kom voordag jy slim is, pasop vir die vierdie een, dit maak jou baie sterk, die sesde maak jou so vuil soos 'n vark, wim sal nie eers help nie, en die volgende een maak jou vergeet wat jy laas gesê het.
Jy sal net wakker word en wonder hoe het jy daar gekom en wat soek jy daar?
Voor jy vra, na die vierde een begin jy al vergeet waar jy laas besig was om te tel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.