• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oorlog in ons midde

Started by adele, March 16, 2022, 03:25:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele


In ons leefjare
storm angs ons tegemoet,
voortdurende oorlog in ons midde
as haat vulkanies uitbars.
Die groot duiwelsaanval
gaan ons vernietig;
in bombardement en rook
kelder ons elke dag weg.
Paaie kraak en mure verbrokkel,
bome ontwortel
en die natuur begin huil.
Engele snik ontsteld.

In sonde ontvang en gebore ...
satan gaan nog duisend jaar
voortwoed en in modder ploeter,
ons lewe skeeftrek
en ons mislei,
maar in die middel van haar
gebroke huis,
tussen skerwe hout en glas,
stof Irina die note af
en groet met 'Etude Op 25 no1'
te vlug na Frédéric Chopin se Pole.

Verderaan in 'n bomskuiling
gee vioolklank 'n stukkie hoop:
'What a moonlit night' neurie hul saam
terwyl bomme die lugruim verskeur.
En weer vernietig ook ons mekaar
woordwapens spoeg van ons tong
en blitse uit ons oë
oortref 'n vulkaan se woede.
Kniel neer, o mensdom, buig jul neer
want slegs God se genade
bring vir ons redding en lewe
en ongekende ewige vrede.

©adéle theron

adéle  :grommit: