• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

liefdeskruik

Started by adele, March 14, 2022, 08:36:31 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Mag sy vir jou vanaand
'n liefdeskruik gaan haal?
'n Eeue-oue kruik
met 'n kraak langs die
afgeplatte sykant-ronding,
opgetel by 'n onbekende inham
langs die Dooie See

'n Oliekruik gevul
met dowwe herinneringe
uit daardie eeue
waar harte sonder kommer
kon liefhê
en kon omgee,
hunkeringe op papirus kon verewig

Kan jy daardie kruik
vanaand breek,
die laaste druppels oosterse geur
oor haar hare
en skouers drup
en 'n Hooglied tot Gods eer sing
vir haar, deur engele, na jou gebring?

©adéle theron
adéle  :grommit: