• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

trooskleure

Started by adele, December 22, 2021, 09:24:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

agter 'n betrokke ooste
breek die dag in rooi,
geverf deur VaderHeer se eie hand,
daarmee saam skeur
die wolke in repe
en skilder die Hemelruim
in vuurvlamme,
geraam deur 'n horison en helderblou lug

wanneer lewe jou hart
in stukkies breek
en smartlik fynmaal,
jou elkedag-vreugde in repe skeur,
hang jou skilderdoek
voor VaderHeer se Hemelruim,
laat Hy sy trooskleure
met vrede meng en kwistig verf,
sy Liefde daarom raam
en teen jou hart se voordeur hang.

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Pragtig geskryf.  Ek sien die "skildery" in my geestesoog en dit bring ook vir my troos. 
Om te weet is om te verstaan.