Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 22, 2021, 09:24:20 AM

Title: trooskleure
Post by: adele on December 22, 2021, 09:24:20 AM
agter ’n betrokke ooste
breek die dag in rooi,
geverf deur VaderHeer se eie hand,
daarmee saam skeur
die wolke in repe
en skilder die Hemelruim
in vuurvlamme,
geraam deur ’n horison en helderblou lug

wanneer lewe jou hart
in stukkies breek
en smartlik fynmaal,
jou elkedag-vreugde in repe skeur,
hang jou skilderdoek
voor VaderHeer se Hemelruim,
laat Hy sy trooskleure
met vrede meng en kwistig verf,
sy Liefde daarom raam
en teen jou hart se voordeur hang.

©adéle theron
Title: Re: trooskleure
Post by: PM on December 22, 2021, 10:21:59 AM
Pragtig geskryf.  Ek sien die "skildery" in my geestesoog en dit bring ook vir my troos.