• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"

Started by PM, November 05, 2021, 01:29:47 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

ulle....ekke deel mos altyd graag...
Hier komit.... daai deng...... Ek mag seker nie deel nie, want julle weet mos die poppie-polisie. Maar dan noem ons mos maar hierdie die
"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
Dis belangrik dat ons nie iets noem van 'dieet' nie, dis n verskriklike vloekwoord, wat die vette mos laat klou soos bosluis aan bul se b.... bakoor,,,,, Nee.. ons noem dit eet-plan.

So elke oggend van jou lewe eet jy dieselfde ontbyt,
Eleke middag van jou lewe eet jy die middagete
Elke aand van jou lewe eet jy die aand eetplan.

Jy mag die dae omruil, maar nooit die etes nie. Dis baie belangrik, want dis mooi uitgewerk. En bitter belangrik om niks tussenin te eet nie.
Baie belangrik om BAIE watertjies te drink, probeer n glas so halfuur voor en na etes ...
Glo my, ek het al heelwat gekroek, en ek verloor centimeters hoor....
MOENIE n gedeelte nou  EET, EN LATER DIE ANDER DEEL NIE. BAIE BELANGRIK OM TE SIT EN DIE ETE KLAAR TE EET.

ONTBYT:
1 tot 2 eiers elke oggend, met een hele pomelo of 100% pomelo sap.
Jy mag sampioene of tamatie in jou eier meng
Net sout en peper, moenie souse of botter, olie of aromat gebruik nie.
Die eiers kan enige manier gaargemaak word. Gebruik spray n cook
Jy mag jou koffietjie en teetjie drink, niks daarmee fout nie, hou dit net matig met suiker.

VRUGTE: Waatlemoen, Aarbeie, pynappl, pomelo, pawpaw, kiwi, pruime, appels, nectarine, sweet melon, mango (ek vra vreeslik omverskoning vir die taal, was n slegte hoesie wat dit veroorsaak het)
GROENTE: Groenbone, Broccoli, spinasie, kool, cauliflower, lemoen pampoentjie, soet rissies, baby marrow, brussel spruite, avos, komkommer, samioene, blaarslaai, tamaties, sprietuie, olywe, seldery
BROOD: Gebruik daardie harde bruin broodjie met die sade in...en berg hom in n yskas, hy hou lekker lank.
SUURLEMOENE: Koop n paar varses, druk uit of gooi skywe in vars water, dit help as mens sou honger word, maar jy behoort nie honger te word nie.
SELDERY, komkommer en avo... Ek sny seldery mooi en komkommer, en draai in foelie toe en sit in my yskas, dit hou sommer lank. Ek kon nooit seldery inkry nie, nou sny ek dit in blokkies, gooi sout en peper en asyn, en dis lekker EN SPEEL N BAIE BELANGRIKE ROL
EIERS: Die middag etes met eier, en spinasie raak soms erg, dan kan jy die spinasie met blaarslaai of tuna (in water) vervang.

So nou begin ek by dag 1 tot 7. Onthou ek sit nou nie ontbyt in nie, dis mos klaar genoem:
Begin dag1 altyd op n Maandag, dan werk dit lekker, ek duiwel pal af die pad af, rol oor n biltongtjie, stamp my toon teen n samoesatjie, sny my vinger met n krummelpap-dingetjie, verstuit my hand teen n braaibroodjie, maar gelukkig val ek nou nie weekliks of daagliks nie, net so nou en dan.

DAG1:MIDDAG
Vrugteslaai, soveel jy wil.
AAND:
Steak, sonder olie en souse, met tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer en enige 2 groentes gebraai of gebak. Die porsie maak nie erg saak nie.

DAG2: MIDDAG
Koue hoender, slaai en n pomelo
AAND:
1 tot 2 eiers, gekook, gebrei, omelet, drogere toast (hoesie, verskoning) en n pomelo

DAG3: MIDDAG
1 tot 2 eiers (sien soos ontbyt of geroer of omelet, met pomelo
AAND:
TWEE tjoppies of een groot stukkie varkvleisie, seldery, komkommer en tamaties

DAG4: MIDDAG
Vrugteslaai soveel jy wil he
AAND:
Steak, tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer, en 2 groentes

DAG5: MIDDAG
Eiers, spinasie en feta
AAND:
Vis, gebraai, gekook, gestoom... slaai, droge toast (slegte hoesie) en pomelo

DAG6: MIDDAG
1 tot 2 eiers en spinasie
AAND:
Groot steak, seldery, komkommer en tamaties

DAG7: MIDDAG:
Vrugteslaai soveel jy wil he
AAND:
Steak, tamatie, blaarslaai, seldery, komkommer en 2 groentes

Onthou dis n eetplan, nie n dieet nie.
En meet of weeg op Vrydae vir inspirasie....
Om te weet is om te verstaan.

PM

Daars hy nou.  Nogmaals dankie Antjie Patat.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Oja, en hulle seg...as jy nie groot steak eter is nie, mag jy maalvleisie insit, en frikkadel maak... onthou net, geen room, kase, dik souse, of soet speserye nie. net wat die plan se. Hou daarby, anders gaan dit nie werk nie

PM

Ek verstaan wat 'n eetplan beteken, maar as ons kom by kaas en room, dan is dit die rede hoekom ek elke jaar vir 8 maande op 'n keto dieet is.   :icon_biggrin:
Ek is baie soet wanneer ek dieet.  Niks gekullery nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

verstaan hoekom ek soms so trip.... jammer...slegte hoesie

PM


Trippe trappe trone!

Dit is juis hoekom ek so streng by 'n dieet hou, want ek glo ek pootjie myself as ek nie daarby hou nie.  Jy kan nog 'n ander 'n rat voor die oge draai, maar jy kan jouself nie "bulskyt" nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Dit is die dag van vandag.  Ek sal voor ete weeg en dan begin met hierdie dieet.  Sal kom vertel.
Volgende Maandag sal ek kom verslag doen oor die gewig. 
Antjie Patat, jy sal moet kom bystaan om raat te gee nooi. 
Ons het vandag gaan groente en vrugte koop vir die week. 
Ek sal moet baie water drink.  Hou niks van water nie, die visse maak daarin liefde!  :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Antjie Patat, ek wil bedel om te deel by die kombuishoekie by die gevreetboek maar nie seker of ek dit kan plaas sonder dat die poppie-polisie jou toesluit nie lol.

Antjie Patat

Meraaitjie, ek deel vreeslik graag mos, maar hierdie ene moet mens voor gulde uithaal om te kry, so ek dink die eienaars gaan my met n blou lug jaag... ek dink ons los hom dalk eers maar hier....

Meraai vannie Baai

Hiehiehie, ja nee ou Antjie. Dit soek ons definislis nie! Hy sal net hier bly staan  :notworthy: :headbang:

Naas

Al hierdie niksvrete maak my net honger.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Stem saam Naas. Ek het toe maar 'n bakkie sop gaan ontdooi. Koolsop, so as die aarde bewe... ek vra by voorbaat onverskoning  :angel4:

Antjie Patat

En hier is ek waaragtig alweer...skelmpies.... om my dawer-lag te laat bokspring oor die groen heuwels van Natal!

PM

#13
Ek het daai "resep" op die internet raakgeloop.  Woord vir woord.  So, ek dink onse Antjie is veilig Raaitjie. 


Julle, ek moet kom bieg.  Hierdie 007 resep werk nie vir my nie.  Ek het ingeklok op 91.4 kg (dit klink soos 'n frekwensie) en ek is te lief vir my vette en my rooi druiwe korrels, om dit op te gee.  Wag, ons "black out" is nou verby en Hannes wil terug skakel vanaf die kragopwekker.  Ek is nou weer terug.


Ja, hier is ek weer.  Ek is nou besig om uit te werk wat nou vir my sal werk.  Sodra ek klaarheid het sal ek kom deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Soos op FB gaan ek nou 'n F vir 'follow' sit PM. Eers gou vertel voor ek begin regmaak vir my steek-en-wag-dag diekant van die aardbol.  Ons kamp saam vriende die naweek en die man vertel vir Outop hoe die mense deesdae so lui is hulle vloek nou orals net sommer 'n "F". Outop moes toe mooi beduie maar dit beteken net hulle volg die plasing. Nooit te oud om te leer nie!