Author Topic: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"  (Read 6263 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« on: November 05, 2021, 01:29:47 PM »
ulle....ekke deel mos altyd graag...
 Hier komit.... daai deng...... Ek mag seker nie deel nie, want julle weet mos die poppie-polisie. Maar dan noem ons mos maar hierdie die
 "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
 Dis belangrik dat ons nie iets noem van 'dieet' nie, dis n verskriklike vloekwoord, wat die vette mos laat klou soos bosluis aan bul se b.... bakoor,,,,, Nee.. ons noem dit eet-plan.
 
 So elke oggend van jou lewe eet jy dieselfde ontbyt,
 Eleke middag van jou lewe eet jy die middagete
 Elke aand van jou lewe eet jy die aand eetplan.
 
 Jy mag die dae omruil, maar nooit die etes nie. Dis baie belangrik, want dis mooi uitgewerk. En bitter belangrik om niks tussenin te eet nie.
 Baie belangrik om BAIE watertjies te drink, probeer n glas so halfuur voor en na etes ...
 Glo my, ek het al heelwat gekroek, en ek verloor centimeters hoor....
 MOENIE n gedeelte nou  EET, EN LATER DIE ANDER DEEL NIE. BAIE BELANGRIK OM TE SIT EN DIE ETE KLAAR TE EET.
 
 ONTBYT:
 1 tot 2 eiers elke oggend, met een hele pomelo of 100% pomelo sap.
 Jy mag sampioene of tamatie in jou eier meng
 Net sout en peper, moenie souse of botter, olie of aromat gebruik nie.
 Die eiers kan enige manier gaargemaak word. Gebruik spray n cook
 Jy mag jou koffietjie en teetjie drink, niks daarmee fout nie, hou dit net matig met suiker.
 
 VRUGTE: Waatlemoen, Aarbeie, pynappl, pomelo, pawpaw, kiwi, pruime, appels, nectarine, sweet melon, mango (ek vra vreeslik omverskoning vir die taal, was n slegte hoesie wat dit veroorsaak het)
 GROENTE: Groenbone, Broccoli, spinasie, kool, cauliflower, lemoen pampoentjie, soet rissies, baby marrow, brussel spruite, avos, komkommer, samioene, blaarslaai, tamaties, sprietuie, olywe, seldery
 BROOD: Gebruik daardie harde bruin broodjie met die sade in...en berg hom in n yskas, hy hou lekker lank.
 SUURLEMOENE: Koop n paar varses, druk uit of gooi skywe in vars water, dit help as mens sou honger word, maar jy behoort nie honger te word nie.
 SELDERY, komkommer en avo... Ek sny seldery mooi en komkommer, en draai in foelie toe en sit in my yskas, dit hou sommer lank. Ek kon nooit seldery inkry nie, nou sny ek dit in blokkies, gooi sout en peper en asyn, en dis lekker EN SPEEL N BAIE BELANGRIKE ROL
 EIERS: Die middag etes met eier, en spinasie raak soms erg, dan kan jy die spinasie met blaarslaai of tuna (in water) vervang.
 
 So nou begin ek by dag 1 tot 7. Onthou ek sit nou nie ontbyt in nie, dis mos klaar genoem:
 Begin dag1 altyd op n Maandag, dan werk dit lekker, ek duiwel pal af die pad af, rol oor n biltongtjie, stamp my toon teen n samoesatjie, sny my vinger met n krummelpap-dingetjie, verstuit my hand teen n braaibroodjie, maar gelukkig val ek nou nie weekliks of daagliks nie, net so nou en dan.
 
 DAG1:MIDDAG
 Vrugteslaai, soveel jy wil.
 AAND:
 Steak, sonder olie en souse, met tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer en enige 2 groentes gebraai of gebak. Die porsie maak nie erg saak nie.
 
 DAG2: MIDDAG
 Koue hoender, slaai en n pomelo
 AAND:
 1 tot 2 eiers, gekook, gebrei, omelet, drogere toast (hoesie, verskoning) en n pomelo
 
 DAG3: MIDDAG
 1 tot 2 eiers (sien soos ontbyt of geroer of omelet, met pomelo
 AAND:
 TWEE tjoppies of een groot stukkie varkvleisie, seldery, komkommer en tamaties
 
 DAG4: MIDDAG
 Vrugteslaai soveel jy wil he
 AAND:
 Steak, tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer, en 2 groentes
 
 DAG5: MIDDAG
 Eiers, spinasie en feta
 AAND:
 Vis, gebraai, gekook, gestoom... slaai, droge toast (slegte hoesie) en pomelo
 
 DAG6: MIDDAG
 1 tot 2 eiers en spinasie
 AAND:
 Groot steak, seldery, komkommer en tamaties
 
 DAG7: MIDDAG:
 Vrugteslaai soveel jy wil he
 AAND:
 Steak, tamatie, blaarslaai, seldery, komkommer en 2 groentes
 
 Onthou dis n eetplan, nie n dieet nie.
 En meet of weeg op Vrydae vir inspirasie....
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #1 on: November 05, 2021, 01:31:44 PM »
Daars hy nou.  Nogmaals dankie Antjie Patat.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #2 on: November 05, 2021, 01:37:29 PM »
Oja, en hulle seg...as jy nie groot steak eter is nie, mag jy maalvleisie insit, en frikkadel maak... onthou net, geen room, kase, dik souse, of soet speserye nie. net wat die plan se. Hou daarby, anders gaan dit nie werk nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #3 on: November 05, 2021, 01:43:21 PM »
Ek verstaan wat 'n eetplan beteken, maar as ons kom by kaas en room, dan is dit die rede hoekom ek elke jaar vir 8 maande op 'n keto dieet is.   :icon_biggrin:
Ek is baie soet wanneer ek dieet.  Niks gekullery nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #4 on: November 05, 2021, 03:49:49 PM »
verstaan hoekom ek soms so trip.... jammer...slegte hoesie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #5 on: November 05, 2021, 03:53:14 PM »

Trippe trappe trone!

Dit is juis hoekom ek so streng by 'n dieet hou, want ek glo ek pootjie myself as ek nie daarby hou nie.  Jy kan nog 'n ander 'n rat voor die oge draai, maar jy kan jouself nie "bulskyt" nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #6 on: November 08, 2021, 02:33:53 AM »
Dit is die dag van vandag.  Ek sal voor ete weeg en dan begin met hierdie dieet.  Sal kom vertel.
Volgende Maandag sal ek kom verslag doen oor die gewig. 
Antjie Patat, jy sal moet kom bystaan om raat te gee nooi. 
Ons het vandag gaan groente en vrugte koop vir die week. 
Ek sal moet baie water drink.  Hou niks van water nie, die visse maak daarin liefde!  :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #7 on: November 09, 2021, 05:01:21 AM »
Antjie Patat, ek wil bedel om te deel by die kombuishoekie by die gevreetboek maar nie seker of ek dit kan plaas sonder dat die poppie-polisie jou toesluit nie lol.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #8 on: November 09, 2021, 06:04:38 AM »
Meraaitjie, ek deel vreeslik graag mos, maar hierdie ene moet mens voor gulde uithaal om te kry, so ek dink die eienaars gaan my met n blou lug jaag... ek dink ons los hom dalk eers maar hier....

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #9 on: November 09, 2021, 06:12:46 AM »
Hiehiehie, ja nee ou Antjie. Dit soek ons definislis nie! Hy sal net hier bly staan  :notworthy: :headbang:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #10 on: November 09, 2021, 06:49:28 AM »
Al hierdie niksvrete maak my net honger.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #11 on: November 09, 2021, 07:13:46 AM »
Stem saam Naas. Ek het toe maar 'n bakkie sop gaan ontdooi. Koolsop, so as die aarde bewe... ek vra by voorbaat onverskoning  :angel4:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #12 on: November 09, 2021, 08:42:40 AM »
En hier is ek waaragtig alweer...skelmpies.... om my dawer-lag te laat bokspring oor die groen heuwels van Natal!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #13 on: November 09, 2021, 08:05:36 PM »
Ek het daai "resep" op die internet raakgeloop.  Woord vir woord.  So, ek dink onse Antjie is veilig Raaitjie. 


Julle, ek moet kom bieg.  Hierdie 007 resep werk nie vir my nie.  Ek het ingeklok op 91.4 kg (dit klink soos 'n frekwensie) en ek is te lief vir my vette en my rooi druiwe korrels, om dit op te gee.  Wag, ons "black out" is nou verby en Hannes wil terug skakel vanaf die kragopwekker.  Ek is nou weer terug.


Ja, hier is ek weer.  Ek is nou besig om uit te werk wat nou vir my sal werk.  Sodra ek klaarheid het sal ek kom deel. 
« Last Edit: November 09, 2021, 08:09:14 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #14 on: November 10, 2021, 12:00:30 AM »
Soos op FB gaan ek nou 'n F vir 'follow' sit PM. Eers gou vertel voor ek begin regmaak vir my steek-en-wag-dag diekant van die aardbol.  Ons kamp saam vriende die naweek en die man vertel vir Outop hoe die mense deesdae so lui is hulle vloek nou orals net sommer 'n "F". Outop moes toe mooi beduie maar dit beteken net hulle volg die plasing. Nooit te oud om te leer nie!