Author Topic: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"  (Read 6347 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #15 on: November 10, 2021, 03:45:36 AM »
Ek ef jou Raaitjie.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #16 on: November 10, 2021, 07:29:25 AM »
En ek piepie nog steeds in my eige blaas oor die mense wat so in afkortings praat.
F ons raak lui.
Of dom. Die regering en hulle gemeente probeer mos ook slim wees en gaan soek Ingelse woorde in oxford op om slim te klink.
Dan kan hulle nie die woorde uitspreek nie en niemand, nie eers oxford verstaan hulle nie. Hulle oplossing... Kort die effen woord af.
Nou proma ons en owool veroorsaak verwarring omto.
Kom ek vertaal liewerste. O hel!!! Ek het ook vergeet waarvoor daai woorde staan. Glo my dit het sin gemaak toe ek dit geskryf het.
 :icon_scratch:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #17 on: November 10, 2021, 07:32:10 AM »
Hahahahaha lekker lag ek nou.
PM, wou net seg...jy kan maar die velletjie en vetjie van jou vleise eet. Hierdie dieet is eintlik nogal lekker.
Wat moeilik mag wees is dat aartappels, rys, pasta, brood en geel groente verbode is, en net sekere (maar daar is baie ander om van te kies) vrugte reg is. Ook ontbyt pappe en geprossesseerde kosse is ook uit. Die lewe gebeur en soms word ek bederf met n bord gekookte kos, of iets wat verneuk, en dan begin ek maar weer, of gaan aan...ons leef net eenkeer

En porsie grote is nie van belang nie, so jy kan maar skep. (vleise en slaaie en groentes).
Mens verloor baie sentimeters sommer gou gou.
Water is baie belangrik, en die seldery.
Vis-dag, koop ek n blikkie sardientjies, meestal.

Maar natuurlik, onthou, die karnivoor dieet is blykbaar fantasties en draai Tipe 2 diabetes om (reverse).

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #18 on: November 10, 2021, 07:34:01 AM »
Naas hahahahahaha
Waar waar woorde

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #19 on: November 10, 2021, 07:51:09 AM »
Ja-nee Naas, ek weet hoe lyk grieks as ek dit sien.   :icon_biggrin:
Antjie Patat, ek is verslaaf aan daai rooi druiwekorreltjies se sap en met die keto mag ek 'n "sappie" drink. :bootyshake:
Met keto is al hierdie items wat jy noem ook verbode.  Ek is baie lief vir slaai, eiers en biefstuk en hoender is njammies.  Ek mal oor seldery en kan dit sommer so eet. 
Ek is al voos vuisgeslaan met dieet, dit is net in my gene om vet te wees.  (Verskonings verskonings.) Ek het net so 10cm om te verloor.  Dit is mos nie baie nie? Is dit?
« Last Edit: November 10, 2021, 07:57:14 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #20 on: November 10, 2021, 09:16:22 AM »
Annatjie ek verloor myself elke keer as 'n dieet aankondig dat hulle enige diabetes kan omdraai. Wat hulle wel kan doen is om diabetes se agteruitgang te stop en die gebruik van medikasie te vervang met natuurlike produkte.
Diabetes word direk veroorsaak deur die pankreas wat agteruitgaan en sy funksie of vermoë om te funksioneer verloor met tyd saam.
Enige dokter wat twee jaar in mediese skool was sal jou kan vertel dat daat net twee goed in die liggaam is wat nie kan herstel van agteruitgang nie. Die een is 'n politikus se brein en die ander een is die pankreas.
As die pankreas se sakkies begin doodgaan kan dit nie vervang word nie daarom kan diabetes nie omgekeer word nie.
Die pankreas kan ook nie met oorplantings vervang word nie.
Een maal 'n skelm politikus altyd 'n skelm politikus.
Een maal 'n diabeet altyd 'n diabeet.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« Reply #21 on: November 10, 2021, 09:53:11 AM »
(((((((Naas))))))) Dit is al wat ek kan doen, opregte drukkies gee. Dankie vir die inligting. Ek weet omtrent niks van diabetes af nie  :icon_bigsmurf: